<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 2   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Wiskunde in die wêreld rondom ons

Opvoeders afdeling

Memorandum

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

Integrasie van Temas:

  • Inklusiwiteit: Elke leerder in ‘n klas verdien om voor ‘n uitdaging geplaas te word. Spesiale kreatiwiteit werk moet nie slegs aan skrander leerders opgedra word nie. Geleenthede vir uitbreiding, eksperimentering en ontdekking moet aan almal in die klas gebied word. Dit sal leerders aanmoedig om nuwe metodes uit te probeer, om by eweknieë te leer en om risiko’s te neem. Hou klein groepbesprekings oor die werklikheid daarvan om werkopdragte te doen wat ons forseer om te dink.
  • Praktiese ervaring met halwes en kwarte word gedoen.
  • Getalbegrip word uitgebrei verder as 200 en telpatrone word beklemtoon.
  • Leerders word versigtig gelei om die afronding van getalle tot die naaste veelvoud te begryp.
  • Samestellings van 17, 18 en 20 word bekend gestel.
  • Getalwaardes en plekwaardes word met diagramme aangeleer.
  • Die vermenigvuldigingstafels van 10 en 5 word opgebou.
  • Leerders kan hulle eie patrone ontwerp en speletjies word ingesluit om getalfeite te konsolideer.
  • Leerders ontwerp diere met vorms deur hulle verbeelding te gebruik.

Leerders afdeling

Inhoud

AKTIWITEIT: Veelvoude van vyf en tien [LU 1.9, LU 2.3, LU 3.1]

Veelvoude van tien

  • Voltooi:
  • Voltooi:
LU 1.9
  • Voltooi:
  • Voltooi.
LU 1.9
  • Gebruik vorms om 'n patroon te ontwerp om elk van die rame te versier.
  • Teken 'n prent van 'n voertuig in elke raam.
  • Kleur jou vorms in.

LU 2.3 LU 3.1
  • Teken voertuie soos motors, vragmotors, lorries, motorfietse, bestelwaens, vliegtuie, ens., maar gebruik net verskillende groottes van vorms soos sirkels, driehoeke, vierkante, reghoeke, ovale, ruite (diamante), ens. om die voertuie te teken.
  • Bespreek die voertuie wat jy geteken het en die vorms wat jy gebruik het met 'n maat.
  • Kleur jou prente in.
LU 3.1

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer;

Leeruitkomste 2: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder eie patrone skep;

Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in 'n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.

Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in die skoolomgewing en in prente herken, identifiseer en benoem.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 2. OpenStax CNX. Oct 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11127/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask