<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • BEREI JOU VOOR OM VIR EEN MINUUT LANK VIR JOU KLASMAATS TE VERTEL VAN SO ‘N PRET-DING WAAROP OF WAARMEE JY AL GERY HET, OF WAT JY EN JOU MAATS “ONTWERP” HET.
LU 2.5

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1 LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
1.2 vir spesifieke inligting luister en gepas reageer.
LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit word bewys as die leerder:
2.4 ’n verskeidenheid basiese interaksievaardighede toon deur aktief aan groepbesprekings deel te neem;
2.5 mondelinge aanbiedings met redelike akkuraatheid en kreatiwiteit doen.
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer
Dit word bewys as die leerder:
3.4 hoofgedagtes identifiseer en ’n opsomming maak;
3.5 verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan bydra;
3.6 begrip van ’n teks en die doel daarvan toon deur die intrige tema., hoofkarakter ens. te bespreek.
LU 6 Taalstruktuur en –gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit word bewys as die leerder:
6.1 werk met woorde:6.1.2 basiese spelreëls gebruik om woorde te spel;
6.1.5 ’n woordeboek gebruik om woordeskat na te vors;
6.1.9 antonieme en sinonieme gepas binne konteks vind en gebruik;
6.2 werk met sinne: 6.2.7 die aktief en passief verstaan en gebruik;
6.2.10 leestekens doeltreffend gebruik;
6.4 ’n bewustheid van en gebruik van styl ontwikkel.

Memorandum

Aktiwiteit 1

TEKS A: Reksprong, Absail en nou is daar Zorb

  • MOENIE DIE MODULE AAN DIE LEERDERS UITDEEL VOORDAT U DIE EERSTE ASSESSERINGSTAAK GEDOEN HET NIE – DIT IS DIE EERSTE TAAK IN DIE MODULE.
  • Sorg dat elke leerder ’n vel papier/werkboek voor hom/haar het om op te kan skryf.
  • Lees die artikel vir die leerders voor met die volgende opdrag:

U gaan ná die leesstuk 15 stellings maak waarop hulle WAAR of ONWAAR moet antwoord – skriftelik – en waarvoor hulle geassesseer gaan word.

  • Lees die stuk stadig en duidelik deur, moenie herhaal nie, ook nie die stellings wat u gaan maak waarop hulle moet antwoord nie.

Antwoord slegs WAAR of ONWAAR op die volgende stellings. (Maak seker dat jy reg nommer.)

1.1 Zorb is ’n verkorting van Zorbonaut, die eintlike naam van dié nuwe speelding. [O]

1.2 Nie alle mense dink daar is geld in sulke soort “speelgoed” soos die Zorb nie. [W]

1.3 Die spoed waarteen jy binne-in ’n Zorb stap, bepaal hoe vinnig dit gaan beweeg. [O]

1.4 Zorb is ’n groot bal met ’n bykans ewe groot tweede bal wat los binne-in rondval. [O]

1.5 Die rit in ’n Zorb kan maar redelik stamperig wees en die ryer val behoorlik rond. [O]

1.6 ’n Zorb is so groot en roteer so min dat ’n ryer nie sommer naar word binne-in nie. [W]

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask