<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Leerders afdeling

Inhoud

  • Lees die storie van ...

Themba en thandi se familie - deel l

Themba is ‘n seun.

Thandi is sy sussie.

Hulle woon in ‘n huis saam met

Mamma, Pappa, Ouma Rosie

en hul sussies en boeties.

Die huis is nie groot nie.

Langs die huis is ‘n tuin.

Dit is Ouma Rosie se netjiese groentetuin.

Ouma Rosie versorg die groentetuintjie.

Die kool, uie, wortels en mielies staan in reguit rye

soos soldate wat op aandag staan.

(word vervolg…)

  • Teken...
Themba Thandi Mamma en Pappa Ouma Rosie
kool uie wortels mielies
LU 3.2.1 LU 3.3.3 LU 4.8
  • Voltooi twee woorde wat begin met...
  • Teken die prentjies langsaan.
LU 3.4.7
  • Kyk waar hierdie hoofletter begin.
  • Oefen eers met jou vinger en skryf dan die letter, woord en sin versigtig oor.
  • Versier die patroon.
LU 4.1
  • Lees verder...

Themba en thandi - deel 2

Pappa en Mamma moet vroeg opstaan.

Hulle moet betyds by hulle werkplek wees.

Ouma Rosie kry vir Themba en Thandi gereed vir skool.

Die groter kinders maak hulle eie

koffie en smeer vir hulle brood.

Die kleintjies moet wag totdat

Ouma hulle ontbyt gereed het.

Al die kinders is baie lief vir Ouma Rosie.

Ouma Rosie is ook baie lief vir al die kinders en sy versorg hulle mooi.

(word vervolg…)

  • Voltooi die sinne:

1. Pappa moet vroeg ………………………………………………………………

2. Ouma Rosie kry die kinders gereed vir ………………………………………...

3. Hulle maak …………………………… en smeer die …………………………

4. Ouma Rosie maak die kleintjies se …………………………………………….

5. Al die kinders is baie lief vir …………………………………………………...

6. Ouma Rosie ……………………………………………………….. hulle mooi.

LU 3.3.3 LU 4.6.2 LU 6.2.1
  • Voltooi die woorde en teken die prente:
  • Gebruik a, e, i, o, u of y.
m t r g
p t r s
w t v l
m k p p
w p m g
r m p s
r k w l
v s r k
r g v t
LU 3.4.7
  • Versier die patroon.
LU 4.1
  • Nuwe woorde. Klap die lettergrepe.
haastig boeksakke
haas tig
terwyl agterna
skarrel
  • Waar pas hulle in?

1. Die kinders is …………………………………………………………………..

2. Hulle pak hulle boeke in hul …………………………………………………...

3. Hy drink sy koffie, …………………………………….Thandi haar brood eet.

4. Sy ……………………………………………………………… agter hom aan.

5. Hy hardloop ……………………………………………………………………

  • .Soek nog woorde met een of twee of drie lettergrepe hierbo en skryf hulle hier.
LU 3.4.3

Assessering

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:

3.2.1 ‘n storie alleen of saam met die onderwyser lees, en:

Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde in langer tekste herken en skep:

3.3.3 klank-en ander woordherkennings- en begripsvaardighede gebruik,soos kontekstuele leidrade en die maak van voorspellings ten einde ‘n teks te verstaan;

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:

3.4.3 die eerste klank en laaste deel van die lettergreep herken;

3.4.7 enkelklanke hersien.

Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en woorde begin spel sodat ander dit kan lees en verstaan:

4.6.2 algemene woorde korrek spel;

Leeruitkomste 6 TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK : Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard 6.2: Dit is duidelik wanneer die leerder met woorde werk;

6.2.1 bekende woorde korrek spel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 2. OpenStax CNX. Oct 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11132/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask