<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensvaardighede

Graad 2

Besoek uit die ruimte

Module 4

Suid-afrika se simbole

Hier is ons vlag.

  • Watter kleur is ons vlag
  • Hier is ons volkslied.

Nkosi sikelel’ iAfrikaNkosi sikelel ‘ iAfrikaMaluphakanyisw’ uphondo IwayoYiswa imithandazo yethuNkosi sikelela, thina lusapho lwayo.Morena boloka setjhaba sa hesoO fedise dintwa le matchwenyeho,O se boloke, O se boloke setjhaba sa hesoSetjhaba sa South Afrika – South AfrikaUit die blou van onse hemel,Uit die diepte van ons see,Oor ons ewige gebergtes,Waar die kranse antwoord gee,Sounds the call to come together,And united we shall stand ,Let us live and strive for freedom,In South Africa our land.

  • In ons volkslied kombineer ons vier van ons tale, naamlik Xhosa, Sesotho, Afrikaans en Engels. Kyk hoe goed julle dit kan sing.

Die kinders let op dat Zero ‘n vreemde soort halssnoer dra. Dit is van besonderse rooi steentjies gemaak. Hulle het nog nooit vantevore so-iets gesien nie. Zero was baie trots daarop, want volgens hom was daar nie nog so ‘n halssnoer op aarde nie. Dit was uniek. Die rooi gesteente word net op Mars gevind.

Ons het ook unieke plante en diere in Suid-Afrika. Ons gebruik hulle as ons simbole om ons daaraan te herinner dat ons land besonders is. Suid-Afrika is byvoorbeeld die enigste land waar die protea inheems is. Die Reuse Koningsprotea is die nasionale blom van Suid-Afrika. Ons het ook ‘n nasionale boom, die Geelhout ; ‘n nasionale voël, die Blou Kraanvoël ; ‘n nasionale dier, die Springbok ; en selfs ‘n nasionale vis, die Galjoen .

  • Kleur die prentjies in of probeer om ‘n groter weergawe van elkeen te teken en verfraai jou klaskamer daarmee.
  • Kies een van ons nasionale simbole en kom vertel vir die klas daarvan.
  • Skeur stukkies papier uit ‘n ou koerant of tydskrif en plak dit op die vis. Kyk of jy dit so kan plak dat dit lyk asof die vis se lyf vol skubbe is.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
SOSIALE ONTWIKKELINGDie leerder kan begrip toon van en ‘n verbintenis tot konstitusionele regte en verantwoordelikhede en toon sensitiwiteit vir verskillende kulture en godsdienste.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 bespreek kinders se regte en verantwoordelikhede en neem deel aan ’n klasstemming;2.2 nasionale simbole kan identifiseer en die volkslied kan sing;2.4 waardes en morele oortuigings uit ‘n verskeidenheid Suid-Afrikaanse kulture kan identifiseer.
LU 4
LIGGAAMLIKE ONTWIKKELING EN BEWEGINGDie leerder kan begrip toon vir en deelneem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.3 ekspressiewe bewegings of patrone ritmies kan uitvoer deur verskeie stimuli te gebruik.
tegnologieLU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder kan tegnologiese prosesse en vaardighede eties en met verantwoordelikheid toepas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.3 ( ontwerp ) – gepaste materiaal of stowwe om produkte te maak te kan kies en maniere voorstel hoe dit gebruik kan word om ‘n probleem, behoefte of geleentheid te bevredig;1.4 ( maak ) – hoe die produkte gemaak gaan word.

Memorandum

Die kinders sal ook die vlag, die leuse en ons nasionale embleme aan Zero verduidelik. Bespreek elke afdeling volledig en laat die kinders toe om hulle gedagtes vryelik uit te druk en ook vrae te vra. Hang ‘n landsvlag voor in die klas.

Kleure van die vlag:

Blou, rooi, groen, swart, wit,geel

Die betekenisse wat mees algemeen gegee word is: rooi – bloedvergieting; blou – oop hemel; groen – land; swart – swart mense; wit – wit mense; geel – ons natuurlike hulpbronne – goud.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede graad 2. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11104/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask