<< Chapter < Page Chapter >> Page >

EVALUERING

Opdrag 14 a:

LU/AS 1.14

Skets die voltooide model/produk in kleur en isometries. Gebruik die 30° ruitenet.

Opdrag 14 b:

LU/AS 1.14

Maak ‘n ortografiese tekening (3 aansigte) van jou voltooide produk. Dui ook die korrekte afmetings (hoogte, lengte, breedte, radius, deursnee van deksel) aan.

Oorhoofse aansig

Vooraansig

Sy-aansig

Opdrag 15:

Opvoederassessering van produk

LU/AS 1.12
4 3 2 1
1. Is die stokkies stewig vasgeplak?
2. Is die stokkies op ‘n kreatiewe wyse vasgeplak?
3. Is die skarnier doeltreffend?
4. Is die versiering op die buitekant kreatief?
5. Is die binnekant netjies met kledingstof versier?
6. Is die voltooide kissie stewig en stabiel?
7. Is die verf- en verniswerk deeglik gedoen?
8. Is die sluitmeganisme netjies en effektief?
9. Is die produk betyds voltooi?
10. Wat is die leerder se algemene gesindheid?
Oorheersende kode:
4 3 2 1
NAVORSING/ONDERSOEK
Opdrag 1 A
Opdrag 1 B en C
Opdrag 8
Opdrag 12
Oorheersende kode 
ONTWERP
Opdrag 5
Opdrag 9
Oorheersende kode 
VERVAARDIGING/ MAAK
Opdrag 4
Opdrag 4B
Oorheersende kode 
EVALUERING
Opdrag 14A
Opdrag 14B
Opdrag 15
Oorheersende kode 

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Tegnologiese Prosesse en VaardighedeDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ondersoek:
1.4 tydens ondersoeke ‘n strategie beplan vir die versameling van data en inligting wat die volgende insluit:1.4.3 gebruik soektegnieke;1.4.4 verkry toepaslike data vir spesifieke doeleindes;1.4.5 maak sinvolle opsommings;
ontwerp:
1.5 ‘n kort en duidelike stelling of ontwerpopdrag skryf of kommunikeer vir die ontwikkeling van ‘n produk of stelsel met betrekking tot ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid;
1.6 ‘n lys van produk- en ontwerpspesifikasies en –beperkings opstel vir ‘n oplossing vir ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid, gebaseer op sommige van die kernontwerpantwoorde:doel: funksie, wat die produk sal doen;voorkoms: kleur, vorm;
1.7 minstens twee alternatiewe oplossings genereer en die idees annoteer;
1.8 moontlike oplossings kies, sinvolle redes vir keuse gee en ‘n gekose idee deur middel van grafika of modelleringstegnieke ontwikkel;
maak:
1.9 ‘n plan ontwikkel vir die maak van ‘n produk, met besonderhede oor al die volgende:1.9.1 hulpbronne en hulpmiddels wat nodig is (bv. lyste materiaal, gereedskap, mense, koste);1.9.2 sketse wat die nodige afmetings of hoeveelhede toon;1.9.3 al die stappe wat nodig is vir die maak van die produk;
1.10 gepaste gereedskap en materiaal kies en gebruik om produkte deur middel van gepaste tegnieke te maak deur verskillende soorte materiaal akkuraat te meet, uit te merk, te knip/sny of te skei, te vorm of te vervorm, te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;
1.11 veilige werkspraktyk gebruik en toon ‘n bewustheid van doeltreffende maniere om materiaal en gereedskap te gebruik;
evalueer:
1.12 die produk of stelsel evalueer gebaseer op kriteria wat direk met die ontwerpopdrag en sommige van die spesifikasies en beperkings verband hou, en verbeteringe of wysigings voorstel;
kommunikeer:
1.14 idees (in ‘n projekportefeulje) aanbied deur middel van tweedimensionele of driedimensionele sketse, stroombaandiagramme of stelseldiagramme wat die meeste van die volgende kenmerke insluit:1.14.2 afmetings.
LU 2
TEGNOLOGIESE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas.
verwerking:2.2 kennis en begrip toon van hoe stowwe/materiaal verwerk kan word om eienskappe te verander of te verbeter (bv. sterkte, brandbestandheid, waterdigtheid, smaak, volume, tekstuur
LU 3
TEGNOLOGIE, DIE SAMELEWING EN DIE OMGEWINGDie leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap, tegnologie, die samelewing en die omgewing oor tyd heen te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
impak van tegnologie:
3.2 redes verskaf waarom tegnologiese produkte ‘n positiewe en ‘n negatiewe uitwerking op mense se lewensgehalte het.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11031/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask