<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Bron B wat nou volg, word geassesseer deur die klaslede. Die matriks volg.

BRON B: WAPENS

Opdrag:

  • Gebruik nou jou inligting en skryf jou gedagtes hier neer. Probeer om jou bevindinge duidelik te kommunikeer.

1. Waarom, dink jy, gebruik gewone mense wapens?

2. Behoort daar ’n beperking te wees op die a) aantal/hoeveelheid,

en b) soort wapens in ’n land se besit ? MOTIVEER jou antwoorde!

3. Waarom brei wapentegnologie so geweldig uit tydens ’n oorlog?

  • Onthou dat almal se belangstellings verskil, daarom behoort jy met jou klasmaats modules te ruil, sodat jy na hulle inligting ook kan kyk.
LU 1.4 LU 1.5

Aktiwiteit 4

Om nasionalisme as die vierde oorsaak van die Eerste Wêreldoorlog te beskryf

LU 2.2 LU 3.6

LEESSTUK 4

Jy weet reeds dat nasionalisme ’n vurige vaderlandsliefde is. Die voorbeeld wat hier volg oor die anneksasie van Bosnië en Herzegowina, het homself oor en oor herhaal in die geskiedenis, met ander kolonies en ander besettingsmagte.

Nasionalisme spoor ’n volk aan om te veg vir hul vryheid en die behoud van hul eie manier van lewe (kultuur) en hul eie taal.

In 1808 het die Jong Turke in opstand gekom teen hul Turkse Sultan, Abdoel Hamid. Abdoel Hamid was nie bereid om ’n konstitusionele regeringsvorm in te stel nie, hy wou ook nie die Westerse magte wat sy ryk verder onder hulself verdeel het, teenstaan nie. Die Jong Turke, opgevoede Turke van die jonger geslag, het Abdoel se broer as sultan uitgeroep. Die Oostenryk-Hongaarse ryk het hierdie tyd van wanorde in die Turkse regering aangegryp en die provin­sies, Bosnië en Herzegowina geannekseer. Die sowat miljoen Serwiërs moes hul planne vir ’n groot, onafhanklike staat waarin al die Suid-Slawe van die Balkan verenig sou kon word, laat vaar. Rusland was so pas deur Japan ver­slaan, Brittanje wou nie oorlog maak nie en Duitsland was ten gunste van die Oostenryk-Hongaarse anneksasie.

Die haat van die Serwiërs oor hul mislukte poging om ’n eie nasionale staat te stig en die griewe van die Russe teenoor Oostenryk-Hongarye, het uiteindelik tot die Eerste Wêreldoorlog gelei.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Geskiedkundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ‘n verskeidenheid van relevante historiese en argeologiese bronne kan identifiseer en selekteer in sy navorsingsproses [vind bronne];
1.2 bronne suksesvol evalueer t.o.v. die betroubaarheid, nuttigheid en die gesindheid van die skrywer [werk met bronne];
1.3 grafiese en statistiese bronne interpreteer [werk met bronne];
1.4 ‘n oorspronklike idee insluit in sy antwoorde [beantwoord die vraag];
1.5 kennis en begrip kommunikeer deur [dra die antwoord oor]:
  • die opbou van sy eie argumente en interpretasie gebaseer op die historiese bronne (wat uitgebreide skryfwerk, kunswerke, grafieke en dramas insluit);
  • informasie tegnologie waar beskikbaar en toepaslik te gebruik om sinvol te kommunikeer.
LU 2
Geskiedkundige Kennis en BegripDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 verbande tussen geskiedkundige gebeurtenisse en prosesse in verskillende kontekste in dieselfde tydperk begin trek [chronologie en tyd];
2.2 verstaan dat daar ‘n verskil in die belangrikheid van gebeurtenisse se oorsake en gevolge is [oorsaak en gevolg];
2.3 veranderinge in ‘n groter historiese en omgewingskonteks verduidelik [kontinuïteit en verandering];
LU 3
Geskiedkundige InterpretasieDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 geskiedkundige interpretasie ondersoek deur relevante vrae oor ‘n geskiedkundige bron se skrywer te stel [interpretasie van bronne];
3.2 die verskillende maniere waarop die gebeure in die verlede aangebied en geïnterpreteer is, kan identifiseer en beredeneer [interpretasie van bronne];
3.3 verduidelik waarom geskiedenis nie objektief of neutraal is nie [interpretasie van bronne];
3.4 verstaan dat identiteitsgevoel die manier waarop gebeurtenisse in die verlede geïnterpreteer word, kan beïnvloed [interpretasie van bronne];
3.5 belangrike kenmerke en gebruike van materiële oorblyfsels van die verlede in ‘n gegewe konteks beskryf [voorstelling van die verlede];
3.6 verduidelik waarom dit belangrik is om ons natuurlike en kulturele erfenis te bewaar (bv. voorwerpe, geboue en ander erfenisgebiede) [voorstelling van die verlede];
3.7 verduidelik hoe en waarom mense se herinneringe van die verlede mag verskil [voorstelling van die verlede].

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11043/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask