<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensvaardighede

Graad 3

Robinson crusoe

Module 2

Oorlewing

Siekwees is nie lekker nie!

Robinson het baie dinge gedoen om sy gesondheid op te pas. Hy het seker gemaak dat hy die regte kos het, asook water en skuiling. Hy kon homself teen wilde diere beskerm. Hy kon homself warm hou deur vuur te maak. Wat kan dan nog verkeerd gaan?

  • Probeer dink aan iets wat die lewe vir Robinson kon bederf.
  • Wat sou gebeur as hy griep kry? Die lang mediese woord daarvoor is in-flu-en-za. Dit word veroorsaak deur ‘n virus wat ‘n mens se liggaam binnedring.Die meeste van julle het al griep of verkoue gehad. Wat gebeur met jou liggaam as jy griep kry?
  • Bespreek die simptome en maak ‘n lysie daarvan. Let op die verskil tussen verkoue en griep.
  • Die lastige ding van griep is dat ons niks kan doen om dit gesond te maak nie. ‘n Mens moet wag tot die virus uit jou liggaam is. Die dokters gee darem vir ons medisyne sodat ons kop en liggaam nie so erg pyn nie. Ons moet ook wegbly van ander mense, sodat ons hulle nie aansteek nie.
  • Dis moeilik om te keer dat jy aansteek by iemand anders. ‘n Virus is so klein dat mens dit nie kan sien nie. Jy kan dus nie padgee as jy ‘n virus sien nie. Party mense neem ‘n inspuiting om te keer dat hulle griep kry. Die beste is om gesonde kossoorte te eet wat jou liggaam so sterk maak dat hy self teen die kieme kan veg.
  • Teken ‘n prentjie van iemand wat in ‘n siekbed lê.

Tegnologie

Ons het gesê Robinson Crusoe het kos, water en ‘n skuiling nodig gehad.

Watter soort skuiling sou hy kon bou?

  • Vind meer uit oor verskillende soorte huise. Wat het alle huise?
  • Maak ‘n lys van alles wat jy in ‘n huis nodig het, asook waarvan die huise gemaak is.
  • Sou Robinson vir hom sulke huise kon bou? Onthou, hy was op ‘n verlate eiland.
  • Beplan vir hom ‘n skuiling. Teken hoe dit sal lyk. Onthou om te sê waarvan elke deel gemaak is.
  • Maak ‘n model deur van jou ontwerp gebruik te maak.

Evalueer jou ontwerp:

  • Lyk jou model soos jou ontwerp?
  • Wat is die verskil?
  • Dink jy Robinson sou vir hom so ‘n skuiling kon bou?

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
TEGNOLOGIE
LU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder kan tegnologiese prosesse en vaardighede eties en met verantwoordelikheid toepas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ( ondersoek ) – die hoofdoel van verskillende produkte kan beskryf;1.3 ( ontwerp ) – gepaste materiaal of stowwe om produkte te maak te kan kies en maniere voorstel hoe dit gebruik kan word om ‘n probleem, behoefte of geleentheid te bevredig;1.4 ( maak ) – hoe die produkte gemaak gaan word kan beskryf;1.6 ( evalueer ) – die sterk en swak punte van eie produkte kan identifiseer.
AARDRYKSKUNDELU 2
AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder kan aardrykskundige en omgewingskennis en –begrip toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 kernkenmerke van verskillende plekke kan beskryf, insluitende mense se wisselwerking met die plekke (in dié geval, hulle huise).

Memorandum

In die volgende taak keer ons terug na Robinson. Hy is in staat om na sy basiese behoeftes om te sien terwyl hy in goeie gesondheid verkeer. Lei die gesprek na wat Robinson sou doen as hy siek word. ‘n Gewone verkoue sou vir hom ‘n terugslag wees as hy nie sy normale take kon uitvoer nie. Hoe kan dit verhoed word? Help die leerders om die belangrikste verskil tussen griep en ‘n verkoue te verstaan. Terwyl die leerders ‘n lysie maak van simptome, word die volgende feite toegelaat om deur te skemer.

  • Griep tas die hele liggaam aan sodat ook die spiere en gewrigte pyn. Selfs die hart kan aangetas word deur die griepvirus. Inenting teen griep is beskikbaar, maar dit help net vir ‘n jaar. Dieselfde virus val mense gewoonlik nie jaar na jaar aan nie, sodat daar elke jaar ‘n nuwe entstof nodig is. Dit bestry of verswak die griepvirus, maar genees dit nie.
  • ‘n Verkoue tas meestal net die boonste lugweë aan en ‘n mens het nie altyd koors soos met griep nie. Mens kan met griep sowel as verkoue ‘n seer keel, ‘n hoes en ‘n loopneus of toe neus. Die virus moet in albei gevalle eers uit die liggaam padgee voordat die pasiënt gesond sal word. Die virus word deur die lug van mens tot mens oorgedra.
  • Laat die leerders nou maniere voorstel om te verhoed dat hulle griep of verkoue kry. Dit moet insluit dat mens jou eie liggaam gesond hou sodat die immuniteitstelsel teen die kieme kan veg; ‘n mens moet wegbly van mense wat griep of verkoue het (hulle het die virus in hulle liggame); en mens moenie deur dieselfde strooitjie, uit dieselfde koppie, beker, glas, koeldrankblikkie, vrugtesapbottel, ens., drink as iemand anders nie.
  • ‘n Addisionele aktiwiteit kan uitgevoer word nadat die simptome en waarskynlike redes vir verkoue of griep bespreek is. Die leerders kan dan ‘n besoek aan die dokter rolspeel, waarin hulle kla oor die simptome wat sal aandui of hulle griep of net verkoue het. Die “dokters” moet dan sekere inligting oor die siekte gee, bv: “Ek kan vir jou medisyne gee om die hoofpyn weg te neem, maar dit maak jou nie regtig gesond nie.
  • Sluit by elke sessie ‘n paar oefeninge in om soepelheid te verseker, soos tone raak (laat veral aan die begin die knieë toe om te buig), kruisbeen sit, en die liggaam strek in verskillende vorms. Beklemtoon altyd rugsorg en die feit dat mens net moet doen wat jou liggaam kan. Moenie kyk wat iemand anders doen nie – luister net na jou eie liggaam. As iets seerkry, STOP! Eindig met ‘n speletjie (of “danstyd”) en afkoeltyd.
  • Leerders kan die laaste paar minute met toe oë lê of sit in ‘n volkome ontspanne posisie. Kies ‘n wenner of laat hulle een vir een opstaan en ‘n ry vorm of teruggaan klas toe. Dit dra ook by om weer dissipline te bewerkstellig na ‘n opwindende les!
  • Die leerders moet ‘n model van Robinson se skuiling beplan. Help hulle om ‘n bietjie navorsing te doen oor huise in die omgewing. Besoek ‘n huis wat in aanbou is (onthou om die nodige veiligheidsmaatreëls te tref!) en moedig hulle aan om mooi op te let hoe hulle eie huise gebou is en watter materiaal gebruik is. Soek boeke met inligting oor huise in ander kulture. Vestig hulle aandag daarop dat huise gebou word in ooreenstemming met die behoeftes van mense, veral met betrekking tot klimaat, bv. sentrale verhitting in lande waar dit baie koud word.
  • Vra wat ons in ‘n huis benodig. Laat hulle die lys voltooi, bv. dak, mure, vloer, vensters, badkamer, toilet, ens., en waarvan dit gemaak is.

Questions & Answers

how do you get the 2/50
Abba Reply
number of sport play by 50 student construct discrete data
Aminu Reply
width of the frangebany leaves on how to write a introduction
Theresa Reply
Solve the mean of variance
Veronica Reply
Step 1: Find the mean. To find the mean, add up all the scores, then divide them by the number of scores. ... Step 2: Find each score's deviation from the mean. ... Step 3: Square each deviation from the mean. ... Step 4: Find the sum of squares. ... Step 5: Divide the sum of squares by n – 1 or N.
kenneth
what is error
Yakuba Reply
Is mistake done to something
Vutshila
Hy
anas
hy
What is the life teble
anas
hy
Jibrin
statistics is the analyzing of data
Tajudeen Reply
what is statics?
Zelalem Reply
how do you calculate mean
Gloria Reply
diveving the sum if all values
Shaynaynay
let A1,A2 and A3 events be independent,show that (A1)^c, (A2)^c and (A3)^c are independent?
Fisaye Reply
what is statistics
Akhisani Reply
data collected all over the world
Shaynaynay
construct a less than and more than table
Imad Reply
The sample of 16 students is taken. The average age in the sample was 22 years with astandard deviation of 6 years. Construct a 95% confidence interval for the age of the population.
Aschalew Reply
Bhartdarshan' is an internet-based travel agency wherein customer can see videos of the cities they plant to visit. The number of hits daily is a normally distributed random variable with a mean of 10,000 and a standard deviation of 2,400 a. what is the probability of getting more than 12,000 hits? b. what is the probability of getting fewer than 9,000 hits?
Akshay Reply
Bhartdarshan'is an internet-based travel agency wherein customer can see videos of the cities they plan to visit. The number of hits daily is a normally distributed random variable with a mean of 10,000 and a standard deviation of 2,400. a. What is the probability of getting more than 12,000 hits
Akshay
1
Bright
Sorry i want to learn more about this question
Bright
Someone help
Bright
a= 0.20233 b=0.3384
Sufiyan
a
Shaynaynay
How do I interpret level of significance?
Mohd Reply
It depends on your business problem or in Machine Learning you could use ROC- AUC cruve to decide the threshold value
Shivam
how skewness and kurtosis are used in statistics
Owen Reply
yes what is it
Taneeya
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede graad 2. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11104/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask