<< Chapter < Page Chapter >> Page >

1991 Die Lockheed F-117A is die eerste sluipbomwerper wat in ‘n geveg gebruik word tydens die Golfoorlog.

3. SOEKLEES

Beantwoord nou die volgende vrae wat oor die tydlyn handel. Skryf slegs die antwoorde neer.

  1. Watter koning van Brittanje het hom in 843 v.C. doodgeval?
  2. Watter volk het vlieërs ontwerp?
  3. Wat het in 1783 vir die eerste keer gesweef?
  4. Wanneer is die eerste valskermsprong uitgevoer?
  5. Watter broers het in 1903 daarin geslaag om die eerste vliegtuig te laat

vlieg?

  1. Wie het in 1909 oor die Engelse Kanaal gevlieg?
  2. Wanneer is die eerste passasiersdiens ingestel?
  3. In watter jaar het die eerste Boeing gevlieg?
  4. Watter supersoniese straler het in 1969 gevlieg?
  5. Wanneer het die Airbus die eerste keer gevlieg?

Selfassessering onder leiding van die opvoeder.

10

Totaal:

LU 3.4.1

4. NAVIGASIE

Ken jy die woord navigasie ? Die betekenis van die woord is om te weet waar jy is , waarheen jy wil gaan en hoe jy daar gaan kom .

Hoe weet voëls waarheen hulle op pad is en hoe om daar te kom? Ons noem dit natuurlike navigasie . Volgens navorsers gebruik voëls die son en posisies van die sterre om rigting aan te dui.

Geen vliegtuig kan vlieg sonder navigasie nie. Elektroniese instrumente maak navigasie baie makliker en meer akkuraat.

Aktiwiteit

Een van die leerders word geblinddoek. Een van die klasmaats “navigeer” hom of haar nou in die klaskamer deur duidelike instruksies te gee hoe hy of sy moet loop.

bv. “Gee twee treë vorentoe.”

“Draai 90º links en gee 4 treë vorentoe.”

Die navigator se instruksies moet baie duidelik wees, sodat die leerder nie in iets vasloop nie.

Gee soveel leerders as wat moontlik is kans om te navigeer en “genavigeer” te word.

LU 2.2.1
  1. Instruksies

Julle gaan ‘n skattejag op die speelgrond hou. Verdeel in groepe vir hierdie aktiwiteit. Elke groep moet duidelike instruksies neerskryf hoe om by die “skat” te kom. (Laasgenoemde kan sommer lekkers wees.)

Hou die volgende in gedagte:

  • die geskrewe instruksies moet afstand in meter of treë gee;
  • die rigting waarin geloop word, moet aangedui wees, bv. links of regs;
  • kompasrigting moet ook gebruik word, bv. suid, noord, ens.;
  • landmerke, bv. “die bloekomboom”, kan ook gebruik word.

Die opvoeder moet ‘n sekere area aan elke groep toeken waar hulle hul skat kan versteek.

Ruil nou julle instruksies met ‘n ander groep s’n. Lekker soek!

LU 4.1.2
  1. Skryf nou die instruksies hoe jy van jou huis tot by die skool stap of ry. Onthou om die straatname ook te skryf! (Skryf elke instruksie op ‘n nuwe lyn.)
LU 4.6.4

Wat het jou klasmaats van jou vlug gedink?

Assessering

LU 2
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.1 vertaal:
2.1.1 vertel stories uit die huistaal oor in die addisionele taal;
2.2 voer interaksie in die addisionele taal:
2.2.1 gebruik taal vir ‘n wye verskeidenheid funksies: gee uitdrukking aan menings en gevoelens, maak keuses, gee raad en maak voorstelle (soos: Ek dink jy moet …)
2.2.2 neem deel aan rolspel in verskillende situasies wat verskillende soorte taalgebruik behels (soos formele en informele telefoongesprekke);
2.3 toon ontwikkeling in die vermoë om kenmerke van gesproke taal te gebruik om te kommunikeer: woord- en sinsaksent, intonasie, ritme.
LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.4 lees vir inligting:
3.4.1 volg feitelike tekste (soos ‘n beskrywing van die proses).
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.2 skryf een of twee paragrawe om ‘n proses te beskryf (soos hoe om ‘n motorband om te ruil);
4.1.3 gebruik inligting uit ‘n onderhoud en skryf ‘n verslag of gee ‘n beskrywing daarvan;
4.6 benader skryf as ‘n proses:
4.6.1 beplan ‘n skryfstuk volgens die doel, teikengroep en konteks;
4.6.4 gebruik kennis van grammatika en spelling om te redigeer.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.1 hersien grammatika wat in die vorige grade gedek is;
6.2 spel bekende woorde korrek:
6.2.4 algemene afkortings (soos: mnr., mev., me., mej., afkortings vir maande en dae);
6.3 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.3.2 alledaagse voorsetsels in vaste en vrye verbindings;
6.3.5 determineerders (soos: ‘n, die);
6.3.8 die gebruik van die teenwoordige-, verlede- en toekomendetydsvorm;

Memorandum

1.(b)

(i) As ek na Engeland toe gaan, sal ek per vliegtuig reis.

(ii) As ek na die bure toe gaan, sal ek stap.

(iii) As ek na 'n eiland toe gaan, sal ek per boot gaan.

(iv) As ek by familie in 'n ander provinsie wil gaan kuier, sal ek per motor/trein reis.

(v) As ek by 'n maat in 'n ander deel van die dorp of stad wil gaan kuier, sal ek per fiets/bus gaan.

(vi) As ek winkel toe gaan, sal ek per fiets/motor/bus/taxi gaan.

(vii) As ek woestyn toe gaan, sal ek per vierwielaangedrewe voertuig gaan.

(viii) As ek met vakansie gaan, sal ek per vliegtuig / motor / bus / skip / trein reis.

(c) vervoermiddels

3.

(a) Bladud

(b) Chinese

(c) skaap; hoenderhaan; eend

(d) 1779

(e) Die Wright broers

(f) Louis Blériot

(g) 1919

(h) 1933

(i) Concorde

(j) 1972

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask