<< Chapter < Page Chapter >> Page >
LU 1.3 LU 1.4

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.2 mondelinge tekste verstaan;
1.3 vir spesifieke inligting luister;
1.4 aandagtig luister tydens ‘n bespreking.
LU 2
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.4 sosiale en etiese kwessies debatteer;
2.7 ‘n kritiese bewustheid van eie taalgebruik toon.
LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die este­tiese, kulturele en emosio­nele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.2 sommige elemente van poësie verstaan;
3.4 vir inligting lees;
3.5 mediatekste krities ontleed;
3.6 leesstrategieë gebruik;
3.8 begrip van die gebruik van naslaanwerke toon.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 bekende woorde korrek spel;
6.2 eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer;
6.3 woordeskat uitbrei.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

1.1 Hy het iemand gered wat besig was om te verdrink.

1.2 ’n Drenkeling is iemand wat besig is om te verdrink ( wat in gevaar is om te verdrink).

1.3 ’n Reddingsboei is iets wat ’n mens na ’n drenkeling gooi sodat hy/sy daaraan kan vasklou om te voorkom dat hy/sy nie onder die water verdwyn en verdrink.

1.4 heldedaad heldhaftige

1.5 nee

1.6 Dit is ’n metafoor wat beteken dat Jimmy Read altyd onthou sal word. Elke stormnag dink mense aan sy heldedaad.

1.7 Dit beteken dat Jimmy Read se heldedaad die digter geïnspireer het om die gedig te skryf, en net so word almal wat heldhaftig optree (in watter omstandighede ookal) se dade betekenisvol en kan dit mense inspireer om uit aaklige omstandighede iets moois te skep. Dit kan ook iets oor die skryfproses sê: die skep van kuns uit chaos (vgl. Opperman). Dis dalk te gevorderd vir hierdie ouderdomsgroep. Meer basies: Vissermanne moet swoeg en sweet om vir ons voedsel (vis) te voorsien – hulle is dus besonderse mense (“helde”).

1.8 ’n Visserman vang vis uit ’n skuit / boot (op groot skaal), terwyl ’n hengelaar van die rotse of die strand visvang (op klein skaal).

1.9 Jimmy was waarskynlik nie ryk nie, want gewone vissermanne leef normaalweg van die hand in die tand.

1.10 tragiese

AKTIWITEIT 2

1. U lees die koerantberig duidelik voor aan die leerders nadat u hulle daarop voorberei het dat vrae en bespreking sal volg. Hulle moet dus daarop ingestel wees om baie sorgvuldig te luister. Sosiale en etiese kwessies kom hier aan die bod. Wys hulle op idomatiese taalgebruik (bv. “tronk-in en tronk-uit”).

Regte : Vissers vra nog ‘n kans
‘Vis is ons erfenis’
Moosa sê bron is só uitgeput dat alle vangste opgeskort kan word
LLEWELLYN PRINCEKAAPSTAD – “Die regering begryp nie wat vis vir ons beteken nie. Dit is nie net kos of ‘n passie nie, maar die kern van ons gemeenskap. Óns erfenis, wat oor honderde jare opgebou is, en nou wil hulle dit met ‘n oogwink van ons wegvat!”Só is gister gesê toe meer as 300 ontstoke Kaapse vissers, mans én vroue, in die saal van die Anglikaanse kerk Holy Trinity in Kalkbaai vergader het nadat hulle ingevolge nuwe maatreëls nie lynvisvangregte ontvang het nie. Hulle was veral ontevrede omdat hul reg om snoek te vang, in gevaar was.Die direktoraat mariene en kusbestuur het aan 450 bote in die Wes-Kaap lynvisvangregte toegeken nadat 742 aansoeke volgens amptenare van die direktoraat vir kommersiële lynvisvangregte ontvang is.Mnr. Andy Johnson, voorsitter van die Fisher’s Association, het gister namens die vissers gesê hulle is bereid om na die konstitusionele hof te gaan indien daar nie dringend aandag aan die kwessie gegee word nie.“Ons is gebreinspoel om te glo dat die kwotastelsel die enigste stelsel is om die mariene bronne te beskerm. Dis ‘n leuen, want ons het die grondwetlike reg om kos aan ons vroue en kinders te voorsien. Ons wéét wat in die see aangaan,” het hy gesê.Johnson het gesê die regering se mening dat visvang vir hulle ‘n voorreg is, is pure onsin en dat die huidige stelsel ‘n bewys is dat die regering meer omgee vir groot sakeondernemings as vir sy eie mense.Mnr João Simoẽs, wat al tien jaar ‘n visser in Kalkbaai is, het gesê hy word gedwing om sy kinders uit die skool te haal en gaan sy huis ook verloor indien hy nie binnekort na die see terugkeer nie.“Hoekom gee hulle nie vir ons persoonlik lisensies as hulle dit nie aan die booteienaars wil gee nie? My hele lewe is van die see afhanklik!” het hy uitge­roep. Mnr. Kenneth George het gesê vis was al die jare sy lewe. “Ek is moeg vir tronk-in en tronk-uit net omdat ek kos vir my kinders wil gee. Daar moet nóú iets gedoen word omdat die kinders nie sal wil wag om te eet nie,” het hy gesê.En van die vissers het geskreeu: “Aksie is nou nodig! Ons sál gaan visvang en wil sien wie ons gaan keer om ons basiese reg uit te oefen. Die tronke is te vol, hulle kan ons almal nie opsluit nie!”● Mnr. Valli Moosa het Dinsdag gesê hy verstaan die belangrikheid van vis vir die vissersgemeenskap en dat die onlangse toekenning van lisensies nie almal bevredig het nie, maar dat die visbronne só bedreig word dat lynvisvangste moontlik heeltemal opgeskort kan word. Die beperkte lynvisbronne moet beskerm word om te verseker dat dit nie heeltemal uitgeput raak nie. Die Departement voel dat snoek, kabeljou en geelstert beskerm moet word. Moosa het gesê sy departement sal met die vissers in verbinding bly.Die Burger, 24 Julie 2003 (Berig aangepas)

2. Eie leeswerk is hier die belangrikste. Leerders kan woordeboeke gebruik om woorde na te slaan, of vir u vra om woorde te verduidelik. Die aard van koeranttekste kan ook bespreek word: briewe aan die pers en berigte deur verslaggewers.

3. ’n Klasbespreking waarin sosiale en etiese kwessies bespreek word is (bv. armoede, werkloosheid, onderhandeling of die gebrek daaraan, wetsgehoorsaamheid, uitputting van natuurlike hulpbronne). Die leerders gebruik die riglyne om hul besprekings te struktureer. U tree as fasiliteerder op en rig ook die bespreking.

1. Leerders luister.

1.1 (a)

1.2 Daar was ongeveer vyftig vissers by die vergadering.

1.3 snoek

1.4 witsteenbras en kabeljou

1.5 Kommersiële vissers is mense wie se werk dit is om vis te vang, m.a.w. hulle doen dit om den brode. (U kan hierdie uitdrukking vir die leerders leer.)

2. Leerders lees en voer opdragte uit.

2.1 Hy bedoel dat hy die wet oortree as hy visvang om kos op die tafel te hê, en hy bedoel waarskynlik dat hy al meer as een keer in die tronk was as gevolg daarvan.

2.2 Daar is so min van hierdie soorte vis dat mense verbied sal word om dit te vang.

3. groepbespreking

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11059/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask