<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 5   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Getalbegrip, optelling en aftrekking

Aftrekking

Opvoeders afdeling

Memorandum

Eie opinie

TOETS TOTAAL: 20

1. (a) Verskil

(b) Optelling

(c) Aftrektal

2. (a) 105; 70;

(b) 480; 360;

4. 46 – 000 – 23 000 = 23 000

5. 1 450

6. 23 600 + 400 = 24 000

24 000 + 32 123 = 56 123

32 123 + 400 + 31 = 32 554

7.

8. R500 000 – R13 401

R486 599

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om probleme in konteks op te los [lu 1.6]

UITDAGING

Hierdie is ‘n taak vir jou portefeulje. Jou opvoeder sal dit met jou deurgaan en vir jou verduidelik presies wat van jou verwag word. Maak seker dat jy goed verstaan voordat jy begin. Onthou om netjies te werk.

  • Uitdaging!

Jy het ‘n kompetisie gewen en is ’n miljoen rand ryker! Jy mag egter net items / artikels uit jou plaaslike koerant daarmee koop. Knip dit wat jy sal koop uit, en plak dit in die blok hieronder (met die pryse). Dui aan hoeveel geld jy sal oorhou. Vra ’n maat om jou berekeninge te kontroleer.

ASSESSERING

1 2 3 4
Netheid en organisasie Werk is slordig en ongeorganiseerd Georganiseerd, maar moeilik leesbaar Netjies en georganiseerd, maklik leesbaar Netjiese, duidelik uiteengesette werk; duidelik leesbaar
Logiese redenering Baie min bewyse van logika Bietjie logika kom na vore Gebruik effektiewe wiskundige redenering Gebruik verfynde logika en redenasie
Korrektheid van berekenings Antwoord is verkeerd bereken (items uitgelaat) Enkele foute is begaan Voldoende begrip, maar aftrekfout begaan Antwoord korrek bereken

Toets

1. Skryf die korrekte antwoorde neer:

1.1 Die antwoord van ‘n minus-som word die ______________________ genoem

1.2 Die inverse van aftrekking is _______________________

1.3 In die som 5 676 – 231 = 5 445 word 5 676 die ______________ genoem (3)

2. Voltooi die volgende getallepatrone:

2.1 175 ; 140 ; 105; _______________________; 35

2.2 _______________________; _______________________; 240 ; 120 (2)

3. Voltooi die volgende vloeidiagram:

(2)

4. Bereken die verskil deur beide getalle af te rond tot die naaste 1 000:

4.1 45 679 – 23 499

__________________________________________________________________ (3)

5. Voltooi:

6 775 – 1 448 = 6 777 - ______________________________________________ (1)

6. Seko moes die volgende bereken: 56 123 – 23 569. Hy het so begin:

  • Voltooi die som.

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_______________________________________________________________ (3)

7. Nomsa het vergeet om haar som te voltooi. Doen dit vir haar:

(4)

8. Mnr. Muruvan het R500 000 gehad. Nadat hy ‘n huis kontant gekoop het, het hy R13 401 oorgehad. Wat het sy huis gekos?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_______________________________________________________________ (4)

TOTAAL: 20

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder probleme in konteks oplos, insluitend kontekste wat gebruik kan word om ‘n bewustheid van ander leerareas, asook van menseregte-, sosiale, ekonomiese en omgewingskwessies, te bevorder:

1.6.1 finansiële kontekste (insluitend koop en verkoop, wins en verlies, en eenvoudige begrotings).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10993/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask