<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Gewone breuke en desimale breuke

Gewone breuke

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Daar is 5 modules:

1. Getalbegrip, Optelling en Aftrekking

2. Vermenigvuldiging en Deling

3. Breuke en Desimale Breuke

4. Meting en Tyd

5. Meetkunde; Datahantering en Waarskynlikheid

4 Dit is belangrik dat opvoeders die modules in volgorde (soos hierbo genoem) sal doen, aangesien die leerders die vorige module se kennis en vaardighede benodig vir die daaropvolgende module.

3. GEWONE EN DESIMALE BREUKE (LU 1; 2 EN 5)

LEEREENHEID 1 FOKUS OP GEWONE BREUKE

  • Hierdie module is ‘n voortsetting van die werk wat in graad 5 gedoen is. Daar word uitgebrei op die optelling en aftrekking van breuke, en die berekening van ‘n breuk van ‘n sekere hoeveelheid word ook hersien.
  • Maak seker dat die leerders die korrekte terminologie bemeester het, asook die korrekte strategieë om bogenoemde korrek te bereken.
  • Kritieke Uitkoms 5 (Effektiewe kommunikasie deur visuele, simboliese, en/of taalvaardighede op verskillende maniere te gebruik) is hier van toepassing.
  • 3 weke behoort voldoende te wees om hierdie module te voltooi.
  • ** Aktiwiteit 17 is ‘n taak vir die portefeulje. Hoewel dit ‘n baie eenvoudige opdrag is, moet leerders in staat wees om dit netjies en akkuraat uit te voer. Leerders moet voor die tyd weet hoe opvoeders die taak gaan assesseer.

LEEREENHEID 2 FOKUS OP DESIMALE BREUKE

  • Hierdie module is ‘n uitbreiding op werk wat in graad 5 afgehandel is. Leerders moet nou in staat wees om desimale breuke korrek af te rond tot die naaste tiende, honderdste en duisendste. Beklemtoon weer die korrekte metode om op te tel en af te trek (vertikaal). Gee ook baie aandag aan die vermenigvuldiging en deling van desimale breuke.
  • Aangesien leerders laasgenoemde nogal moeiliker vind, kan 3 - 4 weke aan dié module spandeer word.
  • ** Aktiwiteit 19 is ‘n taak vir die portefeulje. Die opdrag is baie eenvoudig, maar leerders moet in staat wees om dit netjies en akkuraat uit te voer. Leerders moet voor die tyd weet hoe opvoeders die taak gaan assesseer.

1. Om ‘n reeks strategieë te gebruik om oplossings te kontroleer

2. Eie antwoord

3. 1.1 en 1.3 ; 1.2 en 1.4

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om ‘n reeks strategieë te gebruik om oplossings te kontroleer [lu 1.11]

Om die gelykwaardigheid en geldigheid van verskillende voorstellings te bepaal [lu 2.6.1, lu 2.6.3]

1. In Aktiwiteit 1.13 het julle seker gesien dat daar verskeie maniere is om die antwoord te bereken. Werk nou saam met ‘n maat deur die verskillende oplossings vir die volgende probleem:

1.1 Ek moet eers 1 5 size 12{ { {1} over {5} } } {} van 200 bepaal. Ek deel dus 200 deur 5:

5 200

1 5 size 12{ { {1} over {5} } } {} is R40. 4 5 size 12{ { {4} over {5} } } {} sal dus R40 x 4 wees.

Hy spaar R160.

1.2 Ek bepaal eers 1 5 size 12{ { {1} over {5} } } {} van R200. Dus: 200 ÷ 5 = 40

4 5 size 12{ { {4} over {5} } } {} = 1 – 1 5 size 12{ { {1} over {5} } } {} Ek trek dus R40 van R200 af, en my antwoord is R160.

1.3 Om te bereken hoeveel hy spaar, moet ek die volgende doen:

  1. ÷ 5) x 4

= 40 x 4

= R160

1.4 Ek bereken dit so:

200 – (200 ÷ 5)

= 200 – 40

= R160

2. Watter van die bogenoemde metodes is vir jou die maklikste?

3. Watter van die metodes is eintlik presies dieselfde?

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.11: ‘n verskeidenheid strategieë gebruik om oplossings te kontroleer en die redelikheid van oplossings te beoordeel.

Leeruitkomste 2: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.

Assesseringstandaard 2.6: deur besprekings en vergelyking die ekwivalensie van verskillende beskrywings van dieselfde verwantskap of reël wat soos volg voorgestel word, bepaal:

2.6.1 woordeliks;

2.6.3 met getalsinne.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask