<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
(a) Petrol - motor
Gas - stoof
Steenkool - stoomlokomotief
Hout - vuur om warmte te verskaf
Ru-olie - vliegtuigbrandstof word daaruit verkry
(b) Windaangedrewe toestelle - windplaas
Enjins wat deur middel van gebruikte kookolie beweeg
Sonverhittig vir warmte
(c) Voordele en nadele van kernbrandstowwe en fossielbrandstowwe.
(i) Fossielbrandstowwe
VOORDELE | NADELE |
Redelik beskikbaar. | Veroorsaak lugbesoedeling – gee rook en skadelike gasse af. |
Kan maklik omgesit word in energie. | Hou ‘n brandgevaar in. |
Betreklik goedkoop. | Ontginning ontsier die omgewing. |
(ii) Kernbrandstowwe
VOORDELE | NADELE |
Beskik oor groot hoeveelhede. | Gesondheidsgevare weens radioaktiewe bestraling. |
Min omgewingsbesoedeling. | Energie moet oor lang afstande vervoer word, aangesien water-verkoeling noodsaak dat sentrales naby die kus gebou moet word. |
‘n Klein hoeveelheid lewer baie energie. | Radioaktiewe afvalprodukte moet jare lank veilig geberg word totdat radioaktiwiteit verlore gaan. |
(a) Noem vyf alledaagse brandstowwe en een gebruik van elk:
_____________________________________________________________________

(b) Dit is baie noodsaaklik vir die mens om ander bronne van energie op aarde te vind. Stel ‘n paar nuwe energiebronne voor, bv. elektriese motors.
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
(c) Noem drie voordele en drie nadele van:
(i) Fossielbrandstowwe
VOORDELE | NADELE |
1. | 1. |
2. | 2. |
3. | 3. |
(ii) Kernbrandstowwe
VOORDELE | NADELE |
1. | 1. |
2. | 2. |
3. | 3. |
(d) Dink aan al die bronne van energie wat ons tot dusver bespreek het en maak dan ‘n lys van hoe jy energie sal bespaar, bv. skakel die klaskamer se lig af as die son skyn.
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
4. Vorms van energie
‘n Mens se liggaam gebruik nie die brandstof (voedsel) in die vorm wat ons dit eet nie. Dit word in eenvoudige stowwe opgebreek en in jou spiere gebêre in ‘n vorm waarin jou spiere dit kan gebruik. Daar is dan energie in hierdie stowwe in jou spiere gebêre. Energie wat in chemiese stowwe soos voedsel en brandstof opgeberg is, word chemiese energie genoem. Alle brandstowwe bevat dus chemiese energie.
Chemiese energie word vrygestel indien die een of ander reaksie plaasvind. As steenkool verbrand word, stel dit warmte vry wat weer gebruik kan word om stoom vir ‘n stoomlokomotief op te wek.
Warmte/hitte-energie word elke dag gebruik. Ons het dit nodig om kos gaar te maak, asook om warm te bly.
Warmte-energie laat die water in die lokomotief se ketel kook en stoom word gevorm.Die stoom dryf die lokomotief aan.
Nie net die son nie, maar ook brandstowwe en elektrisiteit, verskaf aan ons lig. Wanneer elektrisiteit deur die gloeidraad in ‘n gloeilamp beweeg, word die draad warm en gloei dit. Dit stel dan ligenergie vry, asook ‘n klein hoeveelheid warmte-energie. Sommige wurms, vuurvliegies en visse straal ook ligenergie uit.
Kinetiese energie word deur beweging moontlik gemaak. Bewegende water kan ‘n waterwiel laat draai, terwyl wind weer ‘n windpomp kan aandryf.
Energie wat in dinge gestoor word en wag om op een of ander manier vrygestel te word, word potensiële energie genoem. Die veer van ‘n windbuks wat gelaai is, beskik oor die vermoë om te skiet. Ons sê dus die gespande veer beskik oor potensiële energie.
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindings kommunikeer: veralgemeen ten opsigte van ‘n relevante aspek en beskryf hoe die data die veralgemening steun.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?