<< Chapter < Page Chapter >> Page >

“Ek het verpleegsters daar naby oor my dood hoor praat. My hele lyf was styf en my bene het koud gekry. Toe ek hulle beweeg, het een dit gesien en van die skrik het hulle uitgehardloop.

“Ek het geroep en daar was mense wat my kom help het en gesorg het dat ek behandeling kry,” het hy gister aan Die Burger vertel.

Hy was baie dankbaar dat hy darem sy tagtigste verjaardag vroeër vandees­maand kon vier. Sy seun het bevestig dat hy sy pa dié dag hospitaal toe geneem en vier dae later weer gaan haal het.

Die betrokke hospitaal het gister op versoek van Die Burger Melanie se lêer uitgehaal. Niks word van sy beroerte en behandeling vermeld nie. Die superintendent het gesê die lêer wys hy is die vorige jaar laas daar behandel.

Teks D

Slang se kind laat man groot skrik (Uit Die Burger )

Mnr. Petrus Seling het ’n skrikaanjaende ondervinding gehad toe hy eers op ’n boomslang getrap en die slang daarna om sy bene gekrul het. Hy het hom glo ____lam geskrik.

Volgens Seling was die slang langer as hyself.

Seling, wat slegs drie maande gelede na die riooluitvalwerke oorgeplaas is, vertel toe hy by die sifdeur van die kantoorgebou op die terrein uitstap, het hy ’n geluid gehoor en die volgende oomblik bo-op die boomslang getrap.

Soos blits het die slang om sy bene gekrul. Seling het die slang losgeskop, waarna dit deur die kantoor is en in die stoorkamer tussen die sakke gaan skuiling soek het.

Die polisie het ’n natuurbewaarder ontbied, wat saam met ’n helper die slang met twee stokke gevang en in die veld gaan vrylaat het.

  • Gaan weer deur die drie berigte en haal woorde uit wat tipies van koeranttaal is. Onderstreep die woorde. Kyk ook na die bou van die berigte – waar die meeste inligting voorkom, wat alles gesê word, hoe aangedui word dat daar onsekerheid/twyfel/vermoede bestaan.
  • Noudat jy hierdie klompie leesstukke onder die knie het, is dit tyd om self so iets aan te pak.
  • Skryf ’n KOERANTBERIG waarin jy vertel van ’n soortgelyke penarie. Dit kan iets wees waarvan jy weet of ’n denkbeeldige ervaring. Oefen op jou eie papier en skryf die finale poging hier onder.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1 LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
1.1 na uitdagende verbeeldings- en informatiewe mondelinge tekste luister en dit waardeer;
1.2 aandagtig luister vir spesifieke inligting en kerngedagtes en gepas reageer;
1.3 verstaan hoe bekende mondelinge tekste gestruktureer is en die kenmerkende eienskappe daarvan beskryf;
1.5 die spreker se redes vir die keuse van spesifieke woorde, frases en sinne identifiseer om die luisteraar te beïnvloed en die impak daarvan verduidelik;
1.6 verskillende taalvariëteite, soos verskillende aksente en dialekte, herken en aanvaar en die taal van verskillende groepe bespreek.
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die este­tiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit word bewys as die leerder:
3.1 ’n wye verskeidenheid tekssoorte spontaan en dikwels vir genot en inligting lees en per­soonlike reaksie op die tekssoorte bespreek;
3.2 lees hardop en stil vir verskillende doeleindes deur gepaste leesstrategieë te gebruik;
3.3 die doel, teikengroepe en konteks van tekste bespreek;
3.4 begrip van informatiewe tekste toon;
3.5 verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan bydra;
3.6 toon begrip van ’n teks, die doel daarvan en hoe dit met eie leefwêreld skakel deur die intrige, temas, waardes, karakters en ruimte/agtergrond te bespreek;
3.8 krities op tekste reageer.
LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit word bewys as die leerder:
4.1 ’n verskeidenheid verbeeldingstekste skryf;
4.2 ’n verskeidenheid feitelike skriftelike en multi­modale tekste lewer;
4.3 basiese vaardighede in spesifieke skryf-tegnieke gepas vir ’n tekssoort toon;
4.4 die skryfproses saam met ander en individueel gebruik om tekste te skep.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask