<< Chapter < Page Chapter >> Page >

1 . Wat is die onderwerp van hierdie berig? (Met ander woorde, waaroor handel dit?)

2 . Kyk na die drie opskrifte.

2.1 Wat beteken dit om iemand te bemagtig?

2.2 Waarom is “ Bemagtig” vetgedruk?

2.3 In die hoofopskrif word daar van beeldspraak (‘n metafoor) gebruik gemaak.

(a) Skryf een woord neer wat in die opskrif voorkom wat die belangrikste woord in die metafoor is.

(b) Verduidelik die metafoor in jou eie woorde.

2.4 ‘n Sekere deel van die derde opskrif word tussen aanhalings geskryf. Hoekom?

2.5 Waarom is daar ‘n aksentteken op die o in “só”?

3. Die eerste paragraaf (die inleiding) is ‘n belangrike deel van die teks. Dit is ook waarom dit in vetdruk geskryf word. Ons kan sien dat die register (m.a.w. die toonaard) hier lig en positief is. (Jul onderwyser sal julle ‘n bietjie meer oor register vertel.)

3.1 Soek die volgende woorde in die eerste paragraaf wat hierdie ligte, positiewe atmosfeer skep, en skryf hulle neer:

(a) twee byvoeglike naamwoorde:..................................... en .....................................

(b) een bywoord ................................................................

(c) een werkwoord ..........................................................

3.2 Kies die korrekte woord en onderstreep dit:

  • Die toonaard van hierdie stuk is optimisties / pessimisties .

3.3 Daar is hier en daar sinne wat in die direkte rede geskryf is. Die doel daarvan is om die mense as ‘t ware self met die leser te laat “praat” en dit so ‘n bietjie meer persoonlik te laat klink.

  • Skryf die volgende sinne oor in die indirekte rede:

(a) “Ek is nie bekommerd oor my vlot nie. Ek het ‘n werk nodig gehad,” het sy gesê.

(b) “Ons mossels kom nooit met sand of vars water in aanraking nie en ons verkoop net lewende mossels,” het Brown gesê.

3.4 Waarvoor staan die t in 1,2 t (in die eerste paragraaf)?

3.5 Waarvoor staan ha in die sin: “… die maatskappy gebruik tans net sowat 13 ha van die 50 ha water wat hy by Portnet huur” (paragraaf 10).

3.6 Soek een sin in die stuk wat die volgende beteken: “It is exciting to support and empower yourself.” Skryf dit neer.

3.7 Wat is die mossels se voedsel? (Net die woord is genoeg.)

3.8 Verduidelik in jou eie woorde wat die volgende is:

(a) ‘n vlot

(b) klante

LU 3.4 LU 3.5 LU 3.6 LU 6.2 LU 6.3

AKTIWITEIT 2

Om

  • te skryf om inligting oor te dra
  • mediatekste te ontwerp
LU 4.1 LU 4.5

1. Verbeel jou jy is ‘n eenvoudige visserman (of sy vrou). Skryf ‘n resep neer van ‘n dis wat jy vanaand vir aandete sal maak. (Dit moet een of ander seekosresep wees.)

2 . Ontwerp ‘n boekomslag vir ‘n boek met seekosresepte. Beide die titel en die skrywer se naam moet op die omslag verskyn en dit moet mooi geïllustreer wees sodat mense dit dadelik op die rak in die boekwinkel sal raaksien. As jy nie mooi kan teken nie, kan jy prente uit ou tydskrifte gebruik (bv. om ‘n collage te maak) vir die omslag.

  • Doen dit op ‘n skoon vel papier wat jy in jou portefeulje kan plaas.
LU 4.1 LU 4.5

Assessering

LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die este­tiese, kulturele en emosio­nele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.2 sommige elemente van poësie verstaan;
3.4 vir inligting lees;
3.5 mediatekste krities ontleed;
3.6 leesstrategieë gebruik;
3.8 begrip van die gebruik van naslaanwerke toon.
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitlike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doel­eindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 skryf om inligting oor te dra;
4.5 mediatekste ontwerp;
4.6 skryf as ‘n proses benader.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 bekende woorde korrek spel;
6.2 eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer;
6.3 woordeskat uitbrei.

Memorandum

AKTIWITEIT 3

1. Dit handel oor werklose mense (veral een vrou) wat hulself bemagtig het deur mossels te kweek en te bemark.

2.

2.1 Dit beteken om iemand sekere vaardighede te leer wat hy/sy kan gebruik om beter te lewe.

2.2 Dit is die belangrikste woord.

2.3 (a) deur

(b) Dit is asof die mense ’n deur oopgemaak het om uit een plek te stap na ’n ander beter plek; of die deur is oopgemaak sodat nuwe geleenthede kan binnekom.

2.4 Dit is die woorde wat die mense self gesê het.

2.5 Dit beklemtoon die woord – m.a.w. dit sê dat dit baie groot is.

3.

3.1 vrolike geel

3.2 flink

3.3 (a) Sy het gesê dat sy nie oor haar vlot bekommerd (was) nie, want sy het ’n werk nodig gehad. (enige korrekte sin)

(b) Brown het gesê dat hulle mossels nooit met sand of vars water in aanraking kom nie en dat hulle net lewende mossels verkoop. (enige korrekte sin)

3.4 ton

3.5 hektaar

3.6 “Dit is opwindend om jouself te onderhou en te bemagtig.”

3.7 plankton

3.8 Dis ’n houtkonstruksie wat op die water dryf.

3.9 mense wat by jou koop

AKTIWITEIT 4

1. eie resep

2. eie ontwerp

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11059/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask