<< Chapter < Page Chapter >> Page >

_____________________________________________________________________

Die getal wilde diere wat 'n sekere habitat oor 'n lang tydperk bewoon, is aanduidend van die dravermoë. Dit verskil van habitat tot habitat, afhangende van die diere wat daar woon en wat hulle eet.

Die geringste versteuring in hierdie delikate balans sal 'n kettingreaksie veroorsaak wat al die plante en diere beïnvloed.

Die ontwikkeling van 'n nuwe woongebied en die verbouing van gewasse kan 'n kettingreaksie veroorsaak wat groot skade aan die ekosisteem aanrig.

Noem nog twee steurings wat 'n wanbalans in 'n ekosisteem sal meebring:

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

2. INTERESSANT

Die aantal muise in 'n sekere streek is afhanklik van die aantal sade wat beskikbaar is om geëet te word. Die aantal muise bepaal weer hoeveel rooivalke in die gebied kan woon, aangesien hulle op die muise teer.

'n Sekere plant wat in die woude tussen Natal en Mosambiek groei, groei baie stadig gedurende die eerste paar jaar. Na 6 jaar word die plant dominant onder die res van die plantegroei. Afhangende van gunstige toestande, blom al die plante terselfdertyd (na 7 jaar). Genoeg sade word só versprei en die plante vrek. Dit bly 'n raaisel waarom die blomvorming (wat so selde geskied) deur die dood van die plante gevolg word.

So baie droë materiaal bly in die woud agter nadat al die plante gesterf het, dat dit 'n brandgevaar inhou. Terwyl die plante blom, vermeerder die swerms bye in die gebied. Mense besoek dan die woud om die byekorwe van heuning te stroop.

Die toename in bye lei tot 'n toename in voëls wat van bye leef. Soos die sade op die grond val, vermeerder die aantal rotte, wat weer veroorsaak dat meer klein valke en uile daarheen gelok word.

Sodra die sade ontkiem, verlaat die rotte die woud in groot getalle en vaar die suikerplantasies binne. Hulle rig soveel skade aan dat die mense genoodsaak word om hul katte daar los te laat om die rotte te vang.

Ons kan nie sê wat met die voëls, valke, uile en katte gebeur nie, maar dit bewys dat die gedrag van een organisme baie ander organismes kan beïnvloed. Die verhouding tussen organisme en omgewing is dus baie kompleks.

Waar of onwaar

(a) Sekere plante neem jare voordat hulle blom.

_____________________________________________________________________

(b) Voëls eet bye.

_____________________________________________________________________

(c) ‘n Verandering in die gedrag van ‘n organisme sal nie die ander organismes beïnvloed nie.

_____________________________________________________________________

Hoekom vaar die rotte die suikerplantasies binne?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

(d) Kyk na die gegewe stellings. Skryf net EEN neer wat onwaar is:

  • Die hoeveelheid kos beskikbaar in ‘n sekere streek bepaal hoeveel diere daar kan bestaan.
  • Droë sade, blare en takke kan brande veroorsaak as dit aan die brand gesteek word.
  • Gelyktydig beteken een-vir-een en nie alles tesame nie.
  • Valke en uile geniet dit om rotte te vang.

3. BIOSFEER

Ons omgewing voorsien ons van iets waarsonder ons nie kan leef nie, naamlik natuurlike hulpbronne en nie-lewende materie. Ons benodig natuurlike hulpbronne soos sonlig, vars lig en grond.

Vanuit die ruimte vertoon die aarde as 'n klein, blou sfeer. By nadere ondersoek kom dit aan die lig dat lewe op aarde beperk is tot 'n dun laag (ongeveer 80 km dik) van water, grond en lug. Dié laag, wat van die dieptes van die oseaan tot die atmosfeer strek, staan bekend as die biosfeer (lewensruimte).

DIE AARDE

Assessering

Leeruitkomste 2: Die leerders ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask