<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Gewone breuke en desimale breuke

Gewone breuke

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Daar is 5 modules:

1. Getalbegrip, Optelling en Aftrekking

2. Vermenigvuldiging en Deling

3. Breuke en Desimale Breuke

4. Meting en Tyd

5. Meetkunde; Datahantering en Waarskynlikheid

4 Dit is belangrik dat opvoeders die modules in volgorde (soos hierbo genoem) sal doen, aangesien die leerders die vorige module se kennis en vaardighede benodig vir die daaropvolgende module.

3. GEWONE EN DESIMALE BREUKE (LU 1; 2 EN 5)

LEEREENHEID 1 FOKUS OP GEWONE BREUKE

  • Hierdie module is ‘n voortsetting van die werk wat in graad 5 gedoen is. Daar word uitgebrei op die optelling en aftrekking van breuke, en die berekening van ‘n breuk van ‘n sekere hoeveelheid word ook hersien.
  • Maak seker dat die leerders die korrekte terminologie bemeester het, asook die korrekte strategieë om bogenoemde korrek te bereken.
  • Kritieke Uitkoms 5 (Effektiewe kommunikasie deur visuele, simboliese, en/of taalvaardighede op verskillende maniere te gebruik) is hier van toepassing.
  • 3 weke behoort voldoende te wees om hierdie module te voltooi.
  • ** Aktiwiteit 17 is ‘n taak vir die portefeulje. Hoewel dit ‘n baie eenvoudige opdrag is, moet leerders in staat wees om dit netjies en akkuraat uit te voer. Leerders moet voor die tyd weet hoe opvoeders die taak gaan assesseer.

LEEREENHEID 2 FOKUS OP DESIMALE BREUKE

  • Hierdie module is ‘n uitbreiding op werk wat in graad 5 afgehandel is. Leerders moet nou in staat wees om desimale breuke korrek af te rond tot die naaste tiende, honderdste en duisendste. Beklemtoon weer die korrekte metode om op te tel en af te trek (vertikaal). Gee ook baie aandag aan die vermenigvuldiging en deling van desimale breuke.
  • Aangesien leerders laasgenoemde nogal moeiliker vind, kan 3 - 4 weke aan dié module spandeer word.
  • ** Aktiwiteit 19 is ‘n taak vir die portefeulje. Die opdrag is baie eenvoudig, maar leerders moet in staat wees om dit netjies en akkuraat uit te voer. Leerders moet voor die tyd weet hoe opvoeders die taak gaan assesseer.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om data te kan opteken [lu 5.1, lu 5.2, lu 5.4]

Om grafieke te kan teken en data te kan interpreteer [lu 5.6]

** Hierdie is ‘n aktiwiteit vir jou portefeulje. Werk mooi netjies en kyk eers na die matriks vir die assessering voordat jy wegspring!

1. Vind tuis uit watter breuk van hul salaris jou ouers spandeer op:

1.1 kos:

1.2 behuising:

1.3 elektrisiteit en water:

1.4 telefoon:

1.5 motor(s):

  • ontspanning (uiteet; fliek; ens.)

2. Trek nou ‘n tabel en stel bogenoemde inligting netjies voor.

3. Trek nou ‘n sirkelgrafiek om bogenoemde inligting aan te dui.

ASSESSERING: SALARIS EN BREUKE

  1. = benodig aandag

2 = redelik goed3 = baie goed

4 = uitstekend

KRITERIA KODE
1 2 3 4
Volledigheid Feitlik geen opdrag is uitgevoer nie. Die helfte van die opdragte is uitgevoer. Een opdrag is nie uitgevoer nie. Al die opdragte is uitgevoer.
Tabel Dit is glad nie gedoen nie. Dit is gedoen, maar baie foute / onvolledig. Een of twee foute is begaan. Dit is netjies en korrek gedoen.
Grafiek Dit is glad nie gedoen nie. Dit is gedoen, maar baie foute / onvolledig. Een of twee foute is begaan. Dit is netjies en korrek gedoen.

Assessering

Leeruitkomste 5: Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak, en om toevallige variasies te interpreteer en te bepaal.

Assesseringstandaard 5.1: eenvoudige vrae oor eie skool- en gesinsomgewing stel, en geskikte databronne identifiseer om menseregte-, sosiale, politieke, kulturele, omgewings- en ekonomiese vraagstukke in daardie omgewing die hoof te bied;

Assesseringstandaard 5.2: eenvoudige dataversamelingsvelle (wat tellings vereis) en eenvoudige vraelyste (met ja/nee-tipe-antwoorde) gebruik om data te versamel (alleen en/of as lid van ‘n groep of span) ten einde vrae wat deur die onderwyser, die klas en die leerder gestel word, te beantwoord;

Assesseringstandaard 5.4: data organiseer en aanteken deur gebruik te maak van tellings en tabelle;

Assesseringstandaard 5.6: ‘n verskeidenheid van grafieke met die hand of tegnologies teken om data voor te stel en te interpreteer (gegroepeer of ongegroepeer).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask