<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Oefening.

6 Bestudeer soveel moontlik grafieke en kyk of almal waar en betroubare inligting weergee. As jy grafieke kry wat jou laat twyfel, bring hulle skool toe om met ander leerders te bespreek. ’n Versameling swak grafieke op die wiskunde-kennisgewing­bord sal ons almal waarsku om nie liggelowig te wees nie.

7 Beoordeel die volgende bewerings om te sien of die spreker jou dalk probeer om die bos lei. Neem aan dat die syfers wat genoem word, aanvaarbaar is. Skryf neer as jy dink jy benodig meer inligting voordat jy kan oordeel. Kyk ook of daar foute in die logika van die bewerings voorkom.

7.1 Nuwe Spoedskoon vernietig 85% bakterieë.

7.2 Omdat amper die helfte van alle motorongelukke oor naweke plaasvind, beteken dit dat mense wat oor die naweek bestuur, swakker bestuurders is as die res.

7.3 Verlede jaar het meer mense in vliegtuigongelukke gesterf as tien jaar gelede. Dus word lugvervoer gevaarliker.

7.4 In ’n reisbrosjure staan daar dat ’n sekere plek geskik is vir mense wat nie van warm weer hou nie omdat “die gemiddelde temperatuur 22 °C is”.

8 Hier volg ’n pragtige, beroemde grafiek. Dit lyk nie veel soos ons grafieke nie – dit is inderwaarheid meer ’n kaart as ’n grafiek. Dit stel egter inligting grafies voor, en dis wat van belang is.

  • John Snow was ’n mediese praktisyn in die sentrale deel van Londen in Engeland in die 1850’s. Daar breek toe ’n cholera-epidemie uit. (Cholera is ’n baie ernstige siekte wat dikwels deur besmette water oorgedra word.) Op ’n kaart van die omgewing het Snow die openbare waterkrane (waar die meeste mense hulle water gekry het) met kruisies gemerk. Die huise met cholera-gevalle het hy met kolletjies gemerk. Hy sien toe dat die cholera-gevalle naaste aan die Broadstraat waterkraan voorkom. Hy het die kraan se handvatsel laat verwyder, en sodoende die epidemie, waarin meer as 500 mense dood is, beëindig. Langs die woord Broad sien jy die kruisie vir die waterkraan. As jou oë oopgegaan het vir die waarde van grafieke, sal jy ’n mooi boek van Edward R. Tufte, The Visual Display of Quantitative Information sekerlik waardeer. Jy sal waarskynlik ’n simpatieke bibliotekaris of ’n universiteitsbiblioteek moet vra.

Bronne:

Mathematics Teacher , Desember 1987

How to Lie with Statistics , Darrell Huff, Penguin Books, 1976

Getal en Ruimte, 5/6 V–A1 , J H Dijkhuis et al. Educaboek (Nederland), 1985

Assessering

LU 5
DatahanteringDie leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak en om toevallige variasie te interpreteer en te bepaal.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.1 vrae stel oor menseregte-, sosiale, politieke, omgewings– en ekonomiese sake in Suid–Afrika;
5.2 geskikte metodes kies, staaf en gebruik vir die versameling van data(alleen en/of as lid van ‘n groep of span), insluitend vraelyste, onderhoude, eksperimente en bronne soos boeke, tydskrifte en die Internet, om vrae te beantwoord en gevolgtrekkings en voorspellings oor die omgewing te maak;
5.3 numeriese data op verskillende maniere organiseer ten einde ‘n opsomming te maak deur die volgende vas te stel:
5.3.1 bepalers van sentrale neiging;
5.3.2 bepalers van verspreiding;
5.4 ‘n verskeidenheid grafieke met die hand of met behulp van tegnologie teken om data voor te stel en te interpreteer, insluitend:
5.4.1 staafgrafieke en dubbele staafgrafieke;
5.4.2 histogramme met gegewe en eie intervalle;
5.4.3 sirkeldiagramme;
5.4.4 lyn– en gebroke lyngrafieke;
5.4.5 verspreidingsgrafieke;
5.5 data krities lees en interpreteer, met ‘n bewustheid dat fout- en manipulasiebronne kan bestaan, om gevolgtrekkings en voorspellings oor die volgende te maak:
5.5.1 sosiale, omgewing– en politieke sake (bv. misdaad, staatsbesteding, bewaring, MIV/VIGS);
5.5.2 eienskappe van teikengroepe (bv. ouderdom, geslag, ras, sosio–ekonomiese groep);
5.5.3 houdings of menings van mense t.o.v. sekere sake (bv. rook, toerisme, sport);
5.5.4 enige ander menseregte– en inklusiwiteitsake.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11055/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask