<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tell all my friends, I’m coming too

Coming for to carry me home

Wat is die boodskap van die lied?

STAP 2

Spirituals is ‘n voorbeeld waar daar oorvleueling in musiek plaasvind: elemente uit Westerse sowel as Afrika-musiek word gekombineer.

Hier volg ‘n aantal kenmerke van die spirituals. Luister weer na die opname en dui met ‘n A of W aan of die kenmerk in die tabel:

tipies is van Afrika-musiek (A) of Westerse musiek (W);

in hierdie spesifieke lied () teenwoordig is.

KENMERK WESTERS/AFRIKA TEEN-WOORDIG
‘n hele groep mense neem deel
gaan gepaard met dans, beweging, handeklap
roep-en-antwoord: die groep antwoord die leier
die groep herhaal dikwels dieselfde woorde (frase)
die leier sing dikwels lang teruggehoue frases
die groep sing dikwels korter gesinkopeerde frases
gaan gepaard met “moaning” en “groaning”
sterk ritmies met sinkopasie
melodieë afkomstig van gesange
ritmiese patrone word oor en oor herhaal
melodiese patrone word oor en oor herhaal
gebaseer op pentatoniese toonleer

STAP 3

Huiswerk en Navorsing

  • Vandag word die term ‘ gospel’ gebruik vir hierdie tipe liedere.

Dink aan nog gospel -liedjies.

Waaroor dink jy sal moderne sangers sing in hul liedjies?

Hoekom is daar ‘n verskil?

Maak’n lys van gospel-sangers.

Aktiwiteit 3:

Om “blues” (spesifiek morna) te ondersoek

[LU 2.3, 2.4]

Lees die volgende. Watter gevoel ervaar jy?

“When I’m feeling blue..........” / Blou-Maandag: Neerslagtigheid of bedruktheid

Agtergrondinligting

Soos werkliedere en spirituals, is die “blues” ook ‘n vermenging van Afrika- en Westerse musiek.

Net soos hierdie twee genres, vertel die lirieke van die “blues” ook die gevoel, vrees en hoop van sangers, maar op ‘n meer persoonlike manier, aangesien slegs een sanger sing!

Solosang is dus ’n kenmerk, in teenstelling met die groepsang in werkliedere en spirituals.

  • Lees eers die storie omtrent Cesaria Evora.
  • Luister dan na ‘n opname van Cesaria Evora.
  • Gee dan jou opinie omtrent hierdie musiek.

“Cesaria Evora kom van die Kaap Verdiese eilande af en staan bekend as die “kaalvoet diva”. Die rede hiervoor is dat sy gewoonlik tussen optredes kaalvoet op die verhoog verskyn ter ondersteuning van die minder bevoorregte vrouens en kinders van haar land. Haar liedere spruit uit haar land se geskiedenis van isolasie, slawehandel en emigrasie: meer as die helfte van die mense in die land het reeds na ander lande verhuis.

Die woorde van die liedere is in Portugees-Kreools en die styl word “morna” genoem – ‘n tipe “blues”, aangesien dit ook die swaarkry van die lewe in musiek uitbeeld.”

Ten Slotte: Versamel inligting omtrent hierdie drie style en plak dit in jou leerderjoernaal. Dit kan in die vorm wees van CD-omslae, lirieke of prente en algemene inligting.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
REFLEKSIE Die leerder is in staat om krities en kreatief op artistieke en kulturele prosesse, produkte en style van die verlede en die hede te reflekteer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
MUSIEK
2.3 m.b.v. beluistering die gebruik van herhaling in die samestelling van Afrika-musiek bespreek;
2.4 m.b.v. ‘n repertorium van geselekteerde liedere uit verskillende kulterele omgewings kan beskryf uit watter kulterele gebeurtenis die liedere spruit, en die boodskap van die lirieke en waarvoor die lied gebruik word, verduidelik;

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11006/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask