<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die Britte het veral in die agtiende eeu hulle soldate gebruik om openbare vermaak te verskaf. Daar is gereeld operas, balletopvoerings en musiekblyspele by die garnisoenteater op Riebeeckplein aangebied. Die eerste musiekakademie is reeds in 1826 in Kaapstad gestig. Musiekmeesters soos Pabst, Schrumpf en veral Letoming het daar vertonings gelewer van onder andere Mozart, Haydn en Viotti. In Europa het komponiste soos Joseph Haydn, Wolfgang Amadeus Mozart en Ludwig von Beethoven sterk op die voorgrond getree en wêreldberoemd geword.

d) Afrikaanse volksmusiek

Jy sal dalk mondelinge bronne moet gebruik om die regte antwoorde tussen die hakies te kan onderstreep:

  1. Boeremusiek het tydens (skuurpartytjies, skemerpartytjies, jagtogte) ontstaan.
  2. Die musiekinstrumente was veral die trekklavier, konsertina, kitaar en (banjo, klavier, tromme).
  3. Teen 1940 was die (toi-toi, “swing”, vastrap) hoog in die mode.
  4. Die tiekiedraai was ‘n (stadige, vinnige, walsende) dans waarin paartjies op ‘n spasie so groot soos ‘n “tiekie” in die rondte kon draai.

e) Moderne musiek

Gebruik weer mondelinge bronne en hou daarna ‘n klasgesprek oor die

volgende uitsprake:

‘n Mens sonder musiek is soos ‘n hoender soos vere!

Musiek bring mense bymekaar.

Verandering, ook ten opsigte van musiek, kan nie gestuit word nie.

Hoe klink die musiek van die nuwe geslag?

Kom kyk watter bydrae hierdie verskillende musiekstyle tot moderne musiek in Suid-Afrika gelewer het.

Kyk of jy die regte styl by die regte beskrywing kan pas:

Marabi 1. Dit is ‘n kenmerkende styl wat stedelike swart mense in die twintigerjare ontwikkel het. Dit is ‘n vermenging van swart en Westerse musiek. Die Kaapse bruin musikante het selfs Afrikaans-Amerikaanse musiek hierby ingesluit.
Kwêla 2. Afrika-manskoormusiek is ‘n mengsel van Zoeloe, Swazi, Westerse, Afrikaanse en Amerikaanse klanke. Miriam Makeba het dit beroemd gemaak.
Umbaqanga 3. Dit is die eerste Suid-Afrikaanse musiekstyl wat internasionaal erken is. Dit is stedelike musiekstyl wat veral deur groepe jong seuns met hulle fluite in die 1940’s gespeel is. Later is kitare en kontrabas bygevoeg. (Mango Groove)
Mbuke 4. Hierdie is ‘n mengsel van plaaslike musiek en Afrika-jazz. Dit is beïnvloed deur kwêla, ouer tradisionele en Amerikaanse “jive-musiek”. Dit word veral met elektriese kitare, trekklaviere, tromme en viole gespeel.

Kyk nou of jy elke beskrywing in kolom B by die kunstenaar/groep in kolom A kan pas:

A B
Ladysmith Black Mambazo 1. Sy groep sing ‘n mengsel van Zoeloe-liedjies, mbaqanga, “rock ‘n roll”, asook danse.
Johnny Clegg 2. Sing snitte op Paul Simon se Graceland-album, en het in 1985 ‘n Grammy-toekenning ontvang.
Mango Groove 3. Hierdie is Maleierkore. Hulle sing lewendige volksliedjies soos: “Daar kom die Alabama!”
Kaapse Klopse 4. Dit is ‘n internasionale groep met Claire Johnson as hoofsanger. Hulle interpretasie van die kwêlamusiek is wêreldberoemd.

Stel nou julle eie klas se “TOP 10” saam aan die hand van ‘n vraelys.

Rolspeel die ontwikkeling van musiek in Suid-Afrika. Julle moet soveel verskillende musiekinstrumente as moontlik gebruik. (Bandopnames is ook welkom!) Julle kan ook julle eie bandopnames maak!

Onthou: Julle sal mekaar se gevoelens en smake in ag moet neem en tot voordeel van die hele groep moet gebruik!

In hierdie blok is meer as 40 musiekinstrumente versteek . . . soek en omkring dit. Dit kan vorentoe, agteruit, op, af of skuins lees. Ken jul elkeen?

D O E D E L S A K L N O E D R O K K A
W K R L O O I V S A B J H R A K B C D
A A T R O M P I E A E N A K U O P F B
R S H S E R F Y N B H A R M O N I U M
S T R O M L I X T M T B P J K S C T O
F A G O T L M I P I A N O L A E C R N
L N E A N K U L K S P I N E T R O E D
U J N B O L P O V I O O L R S I L K F
I E O M T A U F V S A B A R T N O K L
T T B I W R X O Y I Z K A B C A D L U
F K M R B O E O G T H L R I J K L A I
M L O A L E N N O E P E R S T U V V T
H A R M O N I K A R I P W X Y Z A I J
B V T C K D V I O L A H S K A L M E I
E I U F F S A X O F O O N G H I J R E
K E B K L A V I C H O R D L O M P N Q
S R A T U M A N D O L I E N U X V Y E
Z A C M I R L I T O N N E L E L E K U
F L U I T J E L L O B G T R O M P E T
D G E H F I R E I V A L K L E U E L V

Blokfluit, dwarsfluit, fluit, fagot, harmonika, mondfluitjie, tuba, trompie, trom, simbaal, xilofoon, skalmei, trompet, akkordeon, basviool, banjo, harp, kitaar, klavichord, viola, siter, pouk, serfyn, viool, ukelele, doedelsak, saxofoon, trombone, trekklavier, kontrabas, vleuelklavier, tjello, spinet, pianola, piccolo, lier, luit, mirliton, marimba, mandolien, orrel, harmonium, klephoring, klavier, kastanjet

[LU 1.2]

Assessering

LEERUITKOMS 1: HISTORIESE ONDERSOEK – Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek

1.1 Bekom die bronne. Begin om ekstra vrae oor gebeure, artefakte, plekke, mense te vra wat in moeilikheidsgraad wissel

1.2 Gebruik die bronne. Kan bladsyverwysings gebruik

Weet watter bronne (boeke) oor spesifieke onderwerpe inligting verskaf vir ‘n taak/uitstalling

  • Kommunikeer inligting uit bronne (verslaggewing).

Kan inligting op ‘n diagram, kaart, skets verduidelik

Kan mondeling of skriftelik ‘n gebeurtenis uit die verlede verduidelik

Memorandum

a) Snaar-: viool, banjo, kitaar

b)

d) 1. skuurdanse 2. banjo

3. vastrap 4. vinnige

f) Marabi (1) Umbaqanga (4)

Kwêla (3) Mbuke (2)

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10987/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask