<< Chapter < Page Chapter >> Page >

OPDRAG 8:

[LU 1.2]

Kan jy dié basiese meetkundige figure herken?

OPDRAG 9:

Teken van figure

[LU 1.2]

Beantwoord die volgende vrae deur slegs die naam van die korrekte meetkundige figuur neer te skryf.

  1. Watter figure het elk vier regte hoeke?
  2. Watter figuur se vier sye is ewe lank?
  3. Watter figuur het twee pare gelyke sye?
  4. Watter figure se teenoorstaande sye loop parallel?
  5. Watter figuur het drie skerphoeke?
  6. Watter figuur het geen hoeke nie?
  7. Bereken die OMTREK van elke figuur in mm.

(i)

(ii)

(iii)

(iv) (Wenk: Gebruik ‘n stukkie wol)

h. Gebruik jou potlood en ‘n vierkantige ruitnet (p. 15) en teken:

  1. ‘n vierkant met ‘n omtrek van 160 mm;
  2. ‘n vierkant waarvan die sye 50 mm elk is;
  3. ‘n reghoek waarvan die lengte 50 mm en breedte 30 mm is;
  4. ‘n driehoek met een sy van 40 mm en twee sye van 30 mm elk;
  5. ‘n sirkel (sonder die ruitnet).

(WENK : Hier mag jy enige hulpmiddel inspan of dalk kan jy ‘n PASSER hiervoor gebruik.)

Agtergrond:

Wat is ‘ n passer?

Die volgende dele van ‘n sirkel is belangrik, nl. die middelpunt , die radius

en die middellyn . As jy weet wat die lengte van die radius of middellyn van ‘n sirkel is,

is dit maklik om ‘n sirkel met ‘n passer te trek.

OPDRAG 10:

Teken ‘n sirkel met ‘n passer

[LU 1.8]

a. ‘n Sirkel met ‘n middellyn van 100 mm

b. ‘n Sirkel met ‘n radius van 30 mm

Onthou:

‘n Passer is nie ‘n speelding nie en dit kan gevaarlik wees as jy dit nie versigtig hanteer nie.

OPDRAG 11:

Teken met behulp van ‘n liniaal en potlood die boonste ontwerp op die onderste geruite papier oor.

[LU 1.7]

OPDRAG 12:

Verhouding

[LU 1.8]

Probeer die skets van Opdrag 11 op die onderstaande skoon bladsy oorteken. Gebruik ‘n passer en liniaal as hulpmiddel.

LW: Alle tekenwerk word met ‘n potlood gedoen.

Assessering

LU 1

Tegnologiese Prosesse en Vaardighede

Die leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur toepaslike inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

Ondersoek :

1.1 uitvind oor die agtergrondkonteks (bv. mense, omgewing, aard van behoefte) wanneer ‘n probleem, behoefte of geleentheid gegee word en die voordele en nadele wat ‘n tegnologiese oplossing vir mense sou kon inhou, noem;

1.2 uitvind oor bestaande produkte wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is, en sommige ontwerpsaspekte (bv. vir wie dit is, waarvoor dit is, hoe dit lyk, waarvan dit gemaak is) identifiseer;

1.3 waar gepas ‘n wetenskaplike ondersoek uitvoer oor begrippe wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is deur wetenskapprosesvaardighede te gebruik:1.3.1 beplan die ondersoek;

  • voer die ondersoek uit;

1.3.3 verwerk en interpreteer data;

1.3.4 evalueer en kommunikeer bevindinge;

Ontwerp

1.4 met bystand ‘n kort en duidelike stelling skryf of kommunikeer (ontwerpopdrag) met betrekking tot ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid en ‘n mate van begrip vir die tegnologiese doel van die oplossing toon;

1.5 minstens twee alternatiewe oplossings vir die probleem, behoefte of geleentheid voorstel wat met die ontwerpopdrag en met gegewe spesifikasies en beperkings (bv. mense, doel, omgewing) skakel, en dit aanteken;

1.6 een van hierdie oplossings kies, redes gee vir die keuse en die idee verder ontwikkel;

Maak

1.7 die stappe beskryf in ‘n plan om iets te maak, insluitend tekeninge of sketse van hoofdele;

1.8 gepaste gereedskap en materiaal gebruik om produkte te maak deur die gekose materiaal af te meet, uit te merk, te sny of te skei, te vorm of te vervorm, aan mekaar te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;

1.9 netjies en veilig werk met die minimum vermorsing van materiaal;

Evalueer

1.10 met bystand die produk evalueer volgens die ontwerpopdrag en gegewe spesifikasies en besperkings (bv. mense, doel, omgewing), en verbeteringe en wysigings voorstel, indien nodig;

1.11 die aksieplan wat gevolg is, evalueer en verbeteringe en wysigings voorstel, indien nodig;

Kommunikeer

  • tweedimensionele sketse maak met byskrifte en, indien gepas, kleur gebruik om dit doeltreffender te maak.

Memorandum

Opdrag 1

liniaal

a – j : Antwoorde word bepaal deur die lengtes van die lynstukke deur die illustreerder verskaf.

Agtergrond

  • ‘n liniaalgetrekte lyn sonder kurwes
  • ‘n reguit lyn wat parallel saam met die horison loop
  • ‘n reguit lyn wat loodreg op ‘n horisontale lyn loop
  • ‘n reguit lyn wat skuins loop
  • ‘n lyn wat in die vorm van ‘n kurwe loop

Opdrag 2

(a) d; f; h

(b) 5

(c) e; j; b

(d) eie diskresie

(e) ‘n Geboë lyn. Met ‘n stukkie tou/wol wat jy op die kurwe plaas en dan met ‘n liniaal meet.

Opdrag 3

elke leerder kan sy eie voorwerp teken

a 1Opdrag 4

d 4

70 mm

b 25 e

3 c

Agtergrond

‘n lyn wat ewewydig met ‘n ander lyn loop en dit nooit kruis nie

Opdrag 5

Agtergrond

  • hoek
  • regtehoek

Opdrag 6

(a) skerp

(b) regte

(c) stomp

(d) skerp

(e) regte

(f) stomp

g) skerp

Opdrag 7

(a) eie diskresie, solank dit ‘n 90 o -hoek is

(b) eie diskresie,>as 0 o en<as 90 o

(c) eie diskresie,>as 90 o en<as 180 o

Opdrag 8

(a) vierkant

(b) reghoek

(c) driehoek

(d) sirkel

Opdrag 9

(a) vierkant en reghoek

(b) vierkant

(c) reghoek

(d) vierkant en reghoek

(e) driehoek

(f) sirkel

(g) (a) 33 mm x 4 = 132 mm (± 130 mm)

(b) 2 x 48 mm + 2 x 21 mm

= 96 mm + 42 mm

= 138 mm (± 140 mm)

(c) 42 mm + 42 mm + 48 mm = 172 mm

(d) 120 mm

(h) 1. ‘n vierkant elke sy 40 mm

2. ‘n vierkant elke sy 50 mm

3. ‘n reghoek met die lengte 50 mm en breedte 30 mm

4.

40 mm40 mm

30 mm

5. Enige sirkel is aanvaarbaar

Agtergrond

‘n werktuig met twee bene om sirkels mee te teken

Opdrag 10

1.

middellyn moet 100 mm wees dus afstand op passer 50 mm

2.

30 mm afstand op passer

Opdrag 11

Resultaat word bepaal n.a.v. skets

Opdrag 12

Evalueer hoe noukeurig leerder dit gedoen het n.a.v. die volgende vrae:

  • Is die grootte van die tekening bepaal?
  • Is die dele as ‘n groep geteken?
  • Is die korrekte meetinstrumente gebruik?
  • Is die sirkels en boë in verhouding geteken?
  • Is die detail voltooi?
  • Is die onnodige lyne uitgevee?

Opdrag 13

Onderwyser kan die punt bepaal deur die leerder te meet t.o.v. sy eie indrukke oor sy/haar werk.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10978/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask