<< Chapter < Page Chapter >> Page >
LU 1.10

“ skiet die muntstuk op ”

1 5
20
22
38
50
  • Vul die ontbrekende getalle op die blok in.

- Tel tot by 20 en terug tot by 0.

- Tel tot by 30 en terug tot by 0.

- Tel tot by 40 en terug tot by 0.

- Tel tot by 50 en terug tot by 0.

  • Kies ‘n maat. Maak beurte om die muntstuk op te skiet. Kyk op watter getal dit op die blok te lande kom.
  • Voltooi hierdie patrone. Die getalleblok sal jou help.

LU 1.1 LU 1.3 LU 2.2

Ons speel …….

LU 1.10 LU 2.2

Groot pret!

  • Mike het 8 lopies in ‘n krieketwedstryd behaal.
  • Henry het twee keer soveel behaal. Hoeveel lopies het Henry behaal?

Henry het __________________________________________ lopies behaal.

Skryf die getalsin: 8 + ___________________________________________

  • Ons span het 10 punte in rugby behaal.
  • Die blouspan het 7 minder behaal. Hoeveel punte het die blouspan behaal?

Hulle het ____________________________________________ punte behaal.

Skryf die getalsin: ______________________________________________________

  • Sally het Maandag 5 potte tennis gespeel, Dinsdag 5 en Woensdag 5. Hoeveel potte het sy altesaam gespeel?

Sy het ___________________________________________ potte tennis gespeel.

Skryf die getalsin: ______________________________________________________

  • Ann se netbalspan het 16 doele behaal. Pat se span het maar net die helfte soveel behaal.

Pat se span het _____________________________________________ doele behaal.

  • Die “A”-sokkerspan het die “B”-span met 1 doel geklop. As die “A”-span 19 doele behaal het, hoeveel doele het die “B”-span behaal?

Die “B”-span het ___________________________________________ doele behaal.

Skryf die getalsin: ______________________________________________________

LU 1.9

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder tot minstens 100 alledaagse voorwerpe akkuraat tel;

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder getalsimbole ken en lees van 1 tot minstens 200 en skryf getalname van 1 tot minstens 100;

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer;

Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende tegnieke gebruik:

1.10.1 opbou en afbreek van getalle;

1.10.2 verdubbeling en halvering;

1.10.3 gebruik van konkrete apparaat (bv. tellers);

1.10.4 getallelyne;

Leeruitkomste 2: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.

Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige getalreekse kopieer en uitbrei tot minstens 200.

Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder driedimensionele voorwerpe skat, meet, vergelyk en orden volgens nie-standaardmate.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 2. OpenStax CNX. Oct 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11127/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask