<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  1. Stella het ‘n nuwe boek. Sy lees. ( waarin )
  2. Eric speel met sy klein boetie. Sy boetie verjaar vandag. ( wat )
  3. Die selfoon is modern. My pa bel met die selfoon. ( waarmee )
  4. Die sloot is diep. Ons spring oor die sloot. ( waaroor )
  5. Ek onthou vir Leon. Sy suster het die prys gewen. ( wie se )
  6. Robert speel rugby. Eddie hou van sokker. ( maar )
  7. Danielle is vandag afwesig. Sy is siek. ( want )
  8. Charl het krulhare. Charl het blou oë. ( en )
  9. Meneer Pieterse het ‘n trui aan. Dit is koud vandag. ( omdat )
  10. Die hele klas wag in die bus. Die bestuurder praat met die onderwyseres. ( terwyl )

AKTIWITEIT 9

OM AFKORTINGS TE GEBRUIK EN KENNIS TE MAAK MET AKRONIEME

[LU 6.1.12]

OM OOR AKRONIEME TE PRAAT [LU 6.6.1]

a) Lees die volgende sin:

In 1500 het kapt . Petro de Ataide in die baai anker gegooi.

kapt. is die afkorting vir kaptein.

'n Afkorting is 'n korter vorm van 'n woord, maar ons kan nie afkortings

maak soos ons wil nie. Die meeste woorde het geen afkorting nie.

Jy sal die volgende afkortings dikwels teëkom en wanneer jy dit in skryfwerk gebruik, moet jy probeer om dit korrek te skryf: Kyk ook voor en in die middel van ‘n woordeboek vir nog meer afkortings. Soek ‘n paar uit om in jou persoonlike woordelys te skryf.

Afr. - Afrikaans hfst. - hoofstuk

a.g.v. - as gevolg van i.p.v. - in plaas van

asb. - asseblief i.v.m. - in verband met

bg. - bogenoemde kg - kilogram

bl. - bladsy km - kilometer

Bpk. - Beperk l - liter

b.v.p. - been voor paaltjie lg. - laasgenoemde

dept. - departement me. - mevrou / mejuffrou

d.i. - dit is mej. - mejuffrou

dr. - dokter/doktor mev. - mevrou

ds. - dominee mnr. - meneer

d.w.s. - dit wil sê n.v.t. - nie van toepassing

EBW - Ekonomiese Bestuurswetenskap no. / nr. - nommer

Eng. - Engels / Engeland Pk. - poskantoor

ens. - ensovoorts SA - Suid-Afrika

TV - televisie

Gee die afkorting van die vetgedrukte woord(e) in elke sin.

  1. Kom help my asseblief .
  2. Ons was bly toe meneer Herandien ons geprys het.
  3. Ons kan bogenoemde afkortings in die woordeboek vind.
  4. Conrad pos die brief by die poskantoor .
  5. Pappa is te besig om televisie te kyk.
  6. Juffrou wil my spreek in verband met my swak toetspunte.
  7. Ons skoolhoof is doktor Aucamp.
  8. Die skeidsregter het die kolwer been voor paaltjie uitgegee.
  9. Afrikaans is ‘n baie jong en moderne taal.
  10. Charlene is baie gewild, dit wil sê almal hou van haar.

b) Akronieme

Wat is ‘n akroniem? Volgens die HAT (Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal) is ‘n akroniem ‘n letterwoord. Dit is ‘n woord wat gevorm word uit letters wat eintlik ‘n afkorting is. Ons gebruik die afkorting dan as ‘n woord.

Voorbeelde:

Interpol: Internasionale Kriminele Polisiekommissie

NAVO: Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie

OPUL: Organisasie van Petroleumuitvoerlande

SANLAM: Suid-Afrikaanse Nasionale Lewensassuransiemaatskappy

SASOL: Suid-Afrikaanse Steenkool-, Olie- en Gaskorporasie

UNISA: Universiteit van Suid-Afrika

SATOER: S uid- A frikaanse Toer istekorporasie

Kan julle nog meer voorbeelde vind? Skryf dit neer.

Assessering

LU 1

LUISTER

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 04, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10969/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask