<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: aardrykskunde

Graad 9

Kaartwerk

Module 14

Kaartlees en -analise

1. Kaartlees en -analise

Topografiese kaarte is van die bruikbaarste en noukeurigste kaarte beskikbaar a.g.v. die baie detail wat dit bevat en die noukeurigheid waarmee die kleinste besonderhede aangetoon word.

Topografiese kaarte en ortofotokaarte is die geograaf se gereedskap (BRON) en die leser moet die kaarttaal verstaan. Verduidelikings van eienskappe word dan wetenskaplik gedoen.

Deur die volgende aktiwiteite sal die leerder alle kaartleestegnieke en -vaardighede bemeester, maar ook ‘n beter kennis van Bloemfontein ontwikkel.

AKTIWITEIT 1

Gebruik jou atlas en beantwoord die volgende vrae:

  • Vind die ligging van Bloemfontein deur van die indeks agter in die atlas gebruik te maak.
  • In watter provinsie van die RSA is Bloemfontein geleë?
  • Dui die rigting vanaf Bloemfontein na Durban aan.
  • Meet, deur gebruik te maak van die lynskaal op jou atlaskaart, die afstand in km tussen Edenburg (suid van Bloemfontein) en Bloemfontein.
  • As ‘n bus Edenburg om 10:00 verlaat en sonder om te stop reis teen ‘n gemiddelde spoed van 120 km/h, hoe laat sal die bus in Bloemfontein arriveer?
  • Lees die meegaande teks deur en beantwoord dan die vrae oor Bloemfontein se verlede.

Gee redes vir die:

  • Ontstaan
  • Ontwikkeling van Bloemfontein as stad
Die ontwikkeling van Bloemfontein
Meer as ‘n honderd jaar gelede, het trekkers vanuit die Kaap hulle gevestig in die Bloemfontein- omgewing, wat vinnig tot ‘n handelsentrum ontwikkel het. In 1846 is die ligging van die huidige stad deur Majoor Warden gekies as die geskikste plek om ‘n fort en woongebied te laat bou. Vanaf hierdie begin, ten spyte van teenslae weens onrus en oorloë wat sy ontwikkeling gestrem het, het die klein dorpie ontwikkel tot ‘n aantreklike stad.Bloemfontein is die geografiese middelpunt van Suid-Afrika se spoor-, pad- en lugdienste. Die ontwikkeling van die Vrystaatse goudvelde, minder as 160 km daarvandaan, bring ekstra welvaart na die stad, wat vinnig besig is om ‘n belangrike industriële sentrum te word.Die stad is in ‘n skilderagtige omgewing geleë in die hart van die Vrystaatse plato, omring deur koppies en heuwels wat hoog bo die vlaktes verrys. Aan die noordekant is Naval Hill vanwaar ‘n pragtige uitsig oor Bloemfontein verkry kan word.
LU 1.7

AKTIWITEIT 2

1. ‘n Sellulêre diensverskaffer wil ‘n kommunikasietoring vir sy sellulêre diens oprig. Hierdie ligging moet op die hoogste punt in die gebied wees. Gee die hoogte in meter van die hoogste punt aangedui op die kaart. Gee ook die spesifieke punt se koördinate.

2. Gee ‘n rede waarom die sterrewag (Observatory Theatre) op Naval Hill (29°05'45" S, . 26°14'20" O) gebou is en nie in ‘n meer sentrale deel van die stad nie.

3. Bereken die magnetiese peiling vanaf driehoeksbaken ρ50 (29°03'45" S, 26°10'50" O) na ρ174 (29°05'25" S, . 26°11'30" O). Toon alle berekeninge.

4. Hoe lank sal dit ‘n reisiger neem om vanaf die N1-padkruising (29°07'45" S, 26°10' O) na die ander N1-padkruising (29°05'30" S, 26°10' 20" O) te beweeg as hy teen ‘n gemiddelde spoed van 120 km/h reis?

5. Bereken die oppervlakte in vierkante meter van die spoorwegeindpuntgebou (vierkantige swart gebou) by 29°06'50" S, 26°14' 50" O. Toon alle berekeninge.

6. Wat is die ware peiling vanaf ρ174 (29°05'25" S, 26°11'30" O) na Spitskop se hoogtepunt (29°05'40" S, 26°09'20" O)?

AKTIWITEIT 3

Gebruik slegs die ortofoto en beantwoord die volgende vrae:

  1. Is die ortofoto ‘n vertikale- of ‘n skuinslugfoto?
  1. Watter deel van Bloemfontein word op die ortofoto gewys? Dui die presiese ligging met ligte potloodlyne op die 1 : 50 000 topografiese kaartvel aan.
  2. Wat is die werklike afstand in km vanaf die N1-padkruising naby Tempe (by Dam van Trane) na die ander N1-padkruising naby Rayton in die noordooste?
  1. In watter rigting het jy beweeg vanaf die Tempe padkruising na die padkruising naby Rayton?
  1. Watter tipe aktiwiteit sal daar by Tempe aangetref word? Kyk veral na die verskeie lang geboue wat in rye daar voorkom.
  1. In watter rigting val dié geboue se skaduwees?
  1. Watter tyd van die dag is die foto dus geneem?

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en –prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.3 gevolgtrekkings oor inligting uit bronne soos foto’s, kaarte, atlasse, grafieke en statistiek ontleed en maak [werk met bronne];
1.5 inligting in die veld waarneem en dit opteken [werk met bronne];
1.7 verslag doen oor kennis wat tydens die ondersoek verkry is deur ‘n redenasie en interpretasie gegrond op inligtingsbronne te formuleer; gebruik kaarte, diagramme en grafika; gebruik, waar moontlik, rekenaars in die aanbieding [dra die antwoord oor].

Memorandum

AKTIWITEIT 1:

  1. 29 0 08’ S, 26 0 15’O
  2. Vrystaat
  3. OSO
  4. ± 70 km
  5. Tyd = Af stan d Spoed size 12{ { { ital "Af" bold "stan"d} over { ital "Spoed"} } } {}

= 70 km 120 km / h size 12{ { {"70" ital "km"} over {"120" ital "km"/h} } } {}

= 0,583 × 60

= 34,98 minute

  • 10:00 + 34,88 = 10:34,98
  • Ontstaan van Bloemfontein
  1. Trekkers uit die Kaap het hulle daar gevestig.
  2. In 1846 het Majoor Warden dit gekies as ‘n geskikte plek om ‘n fort en woongebied te laat bou.

Ontwikkeling van Bloemfontein

  • In die begin ontwikkel dit gou tot ‘n handelsentrum.
  • Oorloë en opstand het nie sy groei gekeer nie.
  • Geografiese middelpunt van spoor-, pad- en lugvervoer.
  • Goudvelde 160 km daarvandaan help die groei aan.
  • Vandag ‘n belangrike industriële sentrum.
  • Skilderagtige omgewing maak dat toerisme floreer.

AKTIWITEIT 2:

1. Hoogtepunt 1499

Koördinate: 29 0 05’ 50” S 26 0 13’ 20’ O

  1. Hoër, plat area waarvandaan ‘n goeie uitsig is.

Stad se ligte en besoedeling het hier ‘n kleiner invloed.

3. Ware Noord / Peiling : 164 0

Magnetiese Deklinasie : 2001 – 2003 = 2 jaar

2 × 6’ weswaarts (+)

20 0 35’ + 12’

= 20 0 35’ wes van Ware Noord

Magnetiese peiling = 640 + 20 0 35’

= 184 0 35’

4. Kaartafstand = 8,5 cm × 0,5 = 4,25 km

Tyd = Af stan d Spoed size 12{ { { ital "Af" bold "stan"d} over { ital "Spoed"} } } {}

= 4, 25 km 120 km / h size 12{ { {4,"25" ital "km"} over {"120" ital "km"/h} } } {}

= 0,35 × 60

= 2,1 minute

  1. L × B

(0,9 × 500) × (0,5 × 500)

450 × 250

= 112 500m 2

6. Ware peiling = 266 0

AKTIWITEIT 3

  1. al
  2. Leerders doen op kaart
  3. Werklike afstand = 26,6 cm op ‘n 1:10 000 kaart

26,6 × 0,1

= 2,66 km

  1. Noordoos
  2. Weermagopleidingsentrum

Baie soldate wat in barakke woon.

6.a) Suidoos

b) Smiddae

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11054/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask