<< Chapter < Page Chapter >> Page >

y = 5,094 m + 342 mm + 0,087 m + 9 mm

= 5 094 mm + 342 mm + 87 mm + 9 mm

5 094

342

87

+ 9

5 532

= 5 532 mm

y = 5,532 m

Ek herlei ook alles eers na die kleinste eenheid wanneer ek moet aftrek, bv.

k = 9,075 ton – 4 328 kg

= 9 075 kg – 4 328 kg

9 075

− 4 328

4 747

= 4 747 kg

k = 4,747 t

5. Bereken die volgende:

5.1: c = 4,7 km + 876 m + 2,794 km + 65 m

5.2: e = 7,632 kg – 1 278 g

5.3: f = 2,03 kℓ + 432 liter + 0,869 kℓ + 38 liter

5.4: h = 19 liter – 2 347 mℓ

Aktiwiteit 3:

Om probleme op te los wat die kies van berekening met en herlei van standaardeenhede insluit [LU 4.6]

Kies ‘n maat en probeer om die volgende probleme op te los. Julle mag NIE ‘n sakrekenaar gebruik nie! Vra jul opvoerder vir die nodige folio.

1. Die volgende items moet vol petrol gemaak word:

  • die skoolbus 85,6 liter
  • ‘n motorfiets 14,65 liter
  • ‘n leë kannetjie 893 mℓ
  • ‘n bakkie 64,4 liter
  • Hoeveel liter petrol sal altesaam gebruik word?
  • Skryf jou antwoord as kℓ.

2. ‘n Gesin se massa is soos volg:

  • Baba (pasgebore) 2 667 g
  • Sus 19,8 kg
  • Ma 63,9 kg

2.1 Wat is die gesin se gesamentlike massa in kg?

2.2 Skryf jou antwoord in ton.

3. Die Gr. 5’s doen lapverf op stukke materiaal met die volgende lengtes:

  • 585 mm
  • 1,024 m
  • 362 mm

3.1 Op hoeveel mm materiaal is altesaam geverf?

3.2 Gee jou antwoord as meter.

4. As ’n olifant gemiddeld 7 ton en ‘n seekoei gemiddeld 1 500 kg weeg, wat is die verskil in hul massa? Gee jou antwoord eers in kg en dan in ton.

5. In ‘n vaatjie is daar ongeveer 9,5 liter water. As ek ‘n 775 mℓ bottel daaruit volmaak, hoeveel ml water bly in die vaatjie oor? Skryf jou antwoord ook as liter.

6. Daar is 16,84 materiaal op ‘n rol. As Ma 739 cm daarvan afknip, hoeveel meter materiaal bly op die rol oor?

Skryf jou antwoord as mm.

7. Kontroleer jul antwoorde met ‘n sakrekenaar.

8. Vergelyk nou jul antwoorde met dié van die res van die klas en hou ‘n klasbespreking oor die beste manier om bogenoemde probleme op te los.

9. Gee nou jul oplossings vir jul opvoeder om te assesseer.

Assessering

LU 4
MetingDie leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 analoog-, digitale en 24-uur-tyd tot minstens die naaste minuut en sekonde lees, sê en skryf;
4.2 probleme oplos wat berekeninge met en herleiding tussen geskikte tydeenhede behels, insluitend dekades, eeue en millennia;
4.3 instrumente gebruik wat tyd meet tot op geskikte vlakke van noukeurigheid, insluitend polshorlosies en stophorlosies;
4.4 maniere in verskillende kulture beskryf en illustreer om tyd deur die geskiedenis heen te meet en voor te stel;
4.5 SI-eenhede gebruik om voorwerpe en vorms te skat, te meet, aan te teken, te vergelyk en te orden met geskikte akkuraatheid vir:
  • massa m.b.v. gram (g) en kilogram (kg);
  • kapasiteit m.b.v. millimeter (mm), sentimeter (cm), meter (m) en kilometer (km);
  • lengte m.b.v. millimeter (mm), sentimeter (cm), meter (m) en kilometer (km);
4.6 probleme oplos wat die kies van, berekening met en herleiding tussen geskikte S.I.-eenhede (sien hierbo) behels, terwyl geskikte kontekste vir Tegnologie en Natuurwetenskappe geïntegreer word;
4.7 gepaste meetinstrumente gebruik (met ‘n begrip vir die beperkings daarvan) tot op geskikte vlakke van noukeurigheid, insluitend:
  • badkamerskale, kombuisskale en balanse om massa te meet;
  • maatbekers om volume te meet;
  • liniale, meterstokke, maatbande en klikwiele om lengte te meet.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

1. 1.1: ml

1.2: ℓ

1.3: ml

1.4: kl

2. 2.1: 5

2.2: 5

2.3: 15

2.4: 200

2.5: 250

2.6 – 2.10 eie antwoorde

3. 3.1: 1 000

1 ℓ

3.2: 750

0,750

HET JY GEWEET?

17 000 000

AKTIWITEIT 2

2.1

ml 980 1 423 6
liter 0,004 0,016 0,369

2.2

liter 2 261
kl 0,018 1,479 3,012

3.

3.1: 4,342 ℓ

3.2: 2,575 ℓ

3.3: 6,125 ℓ

3.4: 5,110 ℓ

4. 4.1 16,7 kl

4.2: 13,035 kl

  • :18,850 kl
  • :4.4 17,608 kl

5.

5.1: 8,435 km

5.2: 6 354 g

5.3: 3 369 ℓ

8 435 m; 3,369 kl

]5.4 16 653 ml

6,354 kg; 16,653 ℓ

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10993/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask