<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 5

'n vroeë afrika-gemeenskap: mense van s.a.

Module 9

Inheemse wonings

Die vroegste mense van Suid-Afrika was ook van die vroegste mense van Afrika. In die volgende modules gaan ons hul wonings, voedsel en musiek bestudeer.

Suid-Afrika se ryke verskeidenheid mense bly in verskillende soorte wonings. Hulle blyplekke het ook aansienlik verander van die eenvoudige grothuise van die steentydperk tot vandag. Tegnologiese vooruitgang het ongelooflike veranderinge meegebring.

Eers gaan ons inheemse huise bestudeer, en in 'n volgende module Kaapse huise, pioniershuise, huise met ‘n Britse boustyl en sekere hedendaagse huise!

AKTIWITEIT

OM BRONNE OOR INHEEMSE HUISE TE GEBRUIK EN DAN VERSLAG DAAROOR TE DOEN

[LU 1.2; 1.3]

a) Hier is ‘n heerlike algemene kennis-oefening waarin jy slegs die ontbrekende antwoorde oor die eerste wonings van die San en Khoina moet verskaf.

Die San was nomadiese (a)_________. Hulle het in grotte of boomtakskuilings

gebly (b)_______hulle te beskerm teen (c)_________, son en reën en (d) ___

snags in te slaap. (e)________ Khoina het met hulle (f)_______ getrek

en het daarom (g) ____ matjieshutte gebly. Die matte (h)____

lig en kon oprol (i)______ hulle weer getrek het. (j) ______ jong boomtakke is vir (k) _______ rame gebruik met die (l) _______ of grasmatte bo-oor. As (m)_______ gereën het, het die (n)______ geswel sodat dit nie (o)______ inreën nie. Baie van (p)_______ tipe huise is nog (q) _______ Namakwaland te sien.

b) Ondersoek meegaande bronne in groepsverband en beantwoord dan die volgende vrae.

Hoe het die mans en vroue se take verskil?

Watter ooreenkomste en verskille merk jy op?

Wie is hulle?

Waar het hulle geleef?

Wanneer het hulle geleef?

Hoe het hulle geleef?

Die San was baie lief vir kampvuurstories. Stel nou julle eie stories saam oor waarom daar kolle op die maan is.

c) Ondersoek meegaande skets oor die KHOINA se hutte, en doen dan in jul groepe verslag daaroor:

Hoe is die Khoina-hutte gebou? Waarvan is die vloere gemaak? Waarvan is die vloere in julle huise gemaak?

Waarom is die hutte rondom die hoofman se hut gebou?

Waarop het hulle snags geslaap? Waarop slaap jy snags?

Waarvandaan het hulle water gekom? Hoe word julle skole en huise van water voorsien?

Hoekom het die Khoina meer besittings gehad as die San?

Gestel ‘n Khoina-man sou blind wees. Op watter maniere sou sy leefwyse moes aanpas op die kort- en langtermyn?

d) Die Ngunivolkere het veral ronde klei- of kliphutte gebou – meestal met rietdakke. Die tradisionele Zoeloe- en Tswanahutte het uit koepelvormige raamwerke van jong boompies bestaan met keëlvorminge grasdakke.

Zoeloe-stat

Tswana-stat

Probeer voorbeelde van ander inheemse blyplekke bekom. Plak, of teken dit in jou werkboek.

[LU 1.2; 1.3]

e) Verbeel jou jy is ‘n spioen wat namens jou hoofman moet besluit waar om julle nuwe kraal aan te lê.

Teken jou ideale ligging van die nuwe kraal op die kaart. Skryf dan ‘n kort spioenasie-verslag (ongeveer vyf sinne) om hom te oortuig waar hy dit moet aanlê. Verskaf redes ten opsigte van die veld, water en grond om jou keuse te regverdig!

Assessering

LEERUITKOMS 1: HISTORIESE ONDERSOEK – Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek

1.1 Bekom die bronne. Begin om ekstra vrae oor gebeure, artefakte, plekke, mense te vra wat in moeilikheidsgraad wissel

1.2 Gebruik die bronne. Kan bladsyverwysings gebruik

Weet watter bronne (boeke) oor spesifieke onderwerpe inligting verskaf vir ‘n taak/uitstalling

  • Kommunikeer inligting uit bronne (verslaggewing).

Kan inligting op ‘n diagram, kaart, skets verduidelik

Kan mondeling of skriftelik ‘n gebeurtenis uit die verlede verduidelik

Memorandum

Aktiwiteit

(a)

a) jagters b) om c) wind

d) om e) Die f) vee

g) in h) was i) wanneer

j) Buigsame k) die l) riet

m) dit n) raam o) kon

p) hierdie q) in

b) Die KHOINA was eers ‘n herdersras aan die kus van Oos-Afrika. Later het hulle suidwaarts getrek vir water en weiding. Sedert die 10de eeu woon hulle suid van die Oranjerivier. Die mans het gejag vir vleis, terwyl die kinders veetroppe opgepas het. Die vroue was verantwoordelik vir die versameling van veldkos en die maak van erdepotte vir die stoor van water en melk.

Die SAN was van die eerste bewoners van Suider-Afrika. Die mans was verantwoordelik vir jag en die maak van pyle. Vrouens het plantkosse versamel, was verantwoordelik vir die huishouding, het kos voorberei, die kinders versorg en het ook skuilings gebou.

c) Die Khoina-kraal is in die vorm van ‘n sirkel (byekorf) gebou, met ‘n heining van doringtakke en pale rondom vir veiligheid. Die ingange van die hutte het almal na die binnekant van die kraal gewys. Vee het snags in die middel van die kraal geslaap. Die vloere van die hutte was met beesmis en bloed gesmeer en hulle het op biesiematte op die vloer geslaap.

Questions & Answers

what is mutation
Janga Reply
what is a cell
Sifune Reply
how is urine form
Sifune
what is antagonism?
mahase Reply
classification of plants, gymnosperm features.
Linsy Reply
what is the features of gymnosperm
Linsy
how many types of solid did we have
Samuel Reply
what is an ionic bond
Samuel
What is Atoms
Daprince Reply
what is fallopian tube
Merolyn
what is bladder
Merolyn
what's bulbourethral gland
Eduek Reply
urine is formed in the nephron of the renal medulla in the kidney. It starts from filtration, then selective reabsorption and finally secretion
onuoha Reply
State the evolution relation and relevance between endoplasmic reticulum and cytoskeleton as it relates to cell.
Jeremiah
what is heart
Konadu Reply
how is urine formed in human
Konadu
how is urine formed in human
Rahma
what is the diference between a cavity and a canal
Pelagie Reply
what is the causative agent of malaria
Diamond
malaria is caused by an insect called mosquito.
Naomi
Malaria is cause by female anopheles mosquito
Isaac
Malaria is caused by plasmodium Female anopheles mosquitoe is d carrier
Olalekan
a canal is more needed in a root but a cavity is a bad effect
Commander
what are pathogens
Don Reply
In biology, a pathogen (Greek: πάθος pathos "suffering", "passion" and -γενής -genēs "producer of") in the oldest and broadest sense, is anything that can produce disease. A pathogen may also be referred to as an infectious agent, or simply a germ. The term pathogen came into use in the 1880s.[1][2
Zainab
A virus
Commander
Definition of respiration
Muhsin Reply
respiration is the process in which we breath in oxygen and breath out carbon dioxide
Achor
how are lungs work
Commander
where does digestion begins
Achiri Reply
in the mouth
EZEKIEL
what are the functions of follicle stimulating harmones?
Rashima Reply
stimulates the follicle to release the mature ovum into the oviduct
Davonte
what are the functions of Endocrine and pituitary gland
Chinaza
endocrine secrete hormone and regulate body process
Achor
while pituitary gland is an example of endocrine system and it's found in the Brain
Achor
what's biology?
Egbodo Reply
Biology is the study of living organisms, divided into many specialized field that cover their morphology, physiology,anatomy, behaviour,origin and distribution.
Lisah
biology is the study of life.
Alfreda
Biology is the study of how living organisms live and survive in a specific environment
Sifune
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10987/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask