<< Chapter < Page Chapter >> Page >

 Die teenoorgestelde is dan weer waar van die land waarheen die mense migreer. Hulle baat by die soort mens wat hulle bykry.

 Is dit dalk die rede waarom die VSA se bevolking so ondernemend is?

 Weet julle hoe jong Suid-Afrikaners wat in die buiteland gaan werk beoordeel word? Vra aan vriende, familie en bure hoe hulle kennisse oorsee vaar.

2. Oorloë en onrus in die Groot Mere-gebied: hoe konflik en oorlog die bevolking van die state van Sentraal-Afrika raak

Van omstandighede wat bevolkings ontwrig en ontwikkeling belemmer, is oorlog seker die belangrikste.

In die laaste vier dekades het Afrika sowat agt miljoen van sy inwoners in gewelddadige konfliksituasies – dertig plaaslike oorloë – verloor. Sedert die begin van die negentigerjare van die vorige eeu is meer as vier miljoen mense dood, 24 miljoen is in hul eie lande ontwortel en 18 miljoen het oor hul landsgrense heen gevlug.

Die lande wat die ergste getref is, is dié in die Groot Mere-gebied.

  • Oktober 1993: ‘n Oorlog in Burundi begin waarin tot so veel as 300 000 mense in die volgende tien jaar sou sterf. Teen 2002 het 840 000 burgers van Burundi as vlugtelinge in buurlande gewoon, die meeste in Tanzanië. Die Tanzaniërs, in wie se land reeds ‘n skaarste aan hulpbronne was, was nie baie gelukkig met die situasie nie.
  • 1994: Oorlog breek in Rwanda uit tussen die Tutsies en die Hutus (dieselfde twee etniese groepe wat in die buurland Burundi ook teen mekaar geveg het). Uiteindelik het sowat 500 000 mense in Rwanda die lewe gelaat voordat vrede naastenby herstel is.
  • 1998: Soldate uit Rwanda, Burundi en Uganda val die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) binne. In die oorlog wat volg, laat 3,3 miljoen mense in die volgende vyf jaar die lewe.

Aktiwiteit 2:

Om navorsing te doen oor hoe konflik en oorlog bevolkings in sentraal-afrika raak

[lu 1.5]

  • Doen navorsing en voltooi:

a) Die volgende mere in Sentraal-Afrika sorg vir die benaming die Groot Mere:

b) Die state in hierdie gebied is:

Oorlog en konflik in Sentraal-Afrika het meer gevolge as net lewensverlies.

  • As ‘n oorlog of burgeroorlog woed, kan mediese en droogtehulp nie doeltreffend verleen word waar nodig nie. Die gevolg is dat hongersnood volg en siektes ook baie sterftes tot gevolg het, aansienlik meer as in vredestyd!
  • Derduisende kinders word wees gelaat.
  • Kinders word dikwels as soldate gebruik.
  • Menseregteskendings is ‘n alledaagsheid.
  • Miljoene mense bevind hulle jare lank in vlugtelingkampe.
  • Ekonomieë van lande kwyn, want fondse word vir oorlogvoering in plaas van ontwikkeling aangewend.
  • Infrastruktuur word vernietig.
  • Landbou-ontwikkeling kom tot stilstand.
  • Die gevolg van hierdie oorloë wat dalk die grootste toekomsgevaar vir die betrokke lande inhou, is dat ‘n baie groot deel van die jeug sonder ‘n skoolopvoeding, werk of toekomsverwagting gelaat word. Dit is ‘n kruitvat!

Aktiwiteit 3:

Om met insig die gevolge van oorlog op ‘n bevolking te beskryf

[lu 3.4]

  • Ná ‘n oorlog moet gered word wat nog gered kan word!

a) Gebruik die inligting hierbo, dink oor die saak, voeg jou eie insigte ook by, en beskryf die bevolking van ‘n land aan die einde van ‘n gewapende konflik van twintig jaar.

b) As jy die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies is, wat sal jy doen om hierdie soort oorlog (en die gevolge daarvan) in Afrika te verminder?

c) Jy is die minister van bevolkingsontwikkeling en opvoeding van ‘n land aan die einde van ‘n twintigjaarlange oorlog. Watter maatreëls sal jy instel om die skade van die oorlog op die bevolking so goed as moontlik te versag?

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.2 inligting relevant vir die ondersoek uit eenvoudige grafieke, kaarte en statistiese bronne organiseer en interpreteer [werk met bronne];
1.5 inligting gebruik om antwoorde, alternatiewe en moontlike oplossings voor te stel [die vraag beantwoord];
1.6 verslag doen oor die ondersoek deur bewyse uit die bronne te gebruik, insluitend kaarte, diagramme en grafika, en waar moontlik rekenaars in die aanbieding gebruik [die antwoord oordra].
LU 3VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 uitdagings vir samelewings en nedersettings identifiseer, met ‘n fokus op bevolkingsgroei en -verandering [identifiseer die vraagstuk];
3.2 die faktore identifiseer wat tot bevolkingsgroei en –verandering bydra [faktore wat die vraagstuk affekteer];
3.3 prosesse identifiseer wat bevolkingsgroei en –verandering op verskillende plekke affekteer [faktore wat die vraagstuk affekteer];
3.4 maniere voorstel om op vraagstukke met betrekking tot bevolkingsgroei en –verandering in ‘n spesifieke konteks te reageer [maak keuses].

Memorandum

Aktiwiteit 1:

a) b

b) c

c) b

d) a

e) b

f) a

g) c

h) a

i) b

Aktiwiteit 2:

a) Groot Mere: Victoria

Albert

Edward

Kivu

Tanganjika

Malawi

b) Lande in die gebied: Kenia

Tanzanië

Uganda

Burundi

DRK

Aktiwiteit 3:

a) ontwrigte gesinne: broodwinner weg, weeskinders

kinders wat as soldate diens gedoen het, kan nie “normaal” wees nie

mense nie gereed vir die toekoms nie: min vaardighede of opvoeding

b) stuur vredesmag na die gebied

probeer ‘n langtermyn politieke oplossing beding

gee ontwikkelingshulp: ontwikkel hulpbronne sodat mense/lande nie gedwing word om te roof en te plunder om te oorleef nie

c) sien goed om na die weeskinders

gee kindersoldate ‘n “heropvoeding”

ontwikkel allerhande vaardighede by die mense

doen alles in jou vermoë om werk te skep

verskaf geskikte behuising (waarin oueropvoeding kan plaasvind)

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11020/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask