<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Hier kom die wapse!

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Die avonture van die Wapse is nou verbonde aan die ondervindings van elke leerder in Graad 1, seuns sowel as dogters. Hulle word blootgestel aan ander omgewings - stedelik, platteland, en word bewus van hoe anders mense lewe, bv. in die bos, sonder krane en elektrisiteit.

Opvoeders moet onthou dat daar leerders in hul klas mag wees wat nie Graad R bygewoon het nie en dus sekere vaardighede, strategieë en konsepte van Graad R nie ontwikkel of aangeleer het nie. Die opvoeder het dus nodig om te verseker dat hierdie in Graad 1 aangeleer en ontwikkel word. (Sien Graad R-modules)

Luister en spraak is die belangrike fondamente waarop geletterdheid gebou word. Die mate waarvolgens leerders die praat van hul huistaal bemeester het, sal verskil en die opvoeder moet hiervan bewus wees.

Taalontwikkeling is ‘n proses wat geleidelik ontwikkel en elke leerder het die simpatieke ondersteuning van die opvoeder ter alle tye nodig.

In Graad 1 luister en lees die leerders stories en word hulle betrek by die leer van klanke en die skryf van die taal. Die klasomgewing moet ‘n plek wees wat die leerders sal aanmoedig om alle aspekte van die taal te leer.

Tydskedule

Alle leerders behoort al agt modules te voltooi, plus-minus twee per kwartaal. Hulle moet toegelaat word om teen hulle eie spoed te werk.

Die Wapse word bekendgestel. Hulle is anders maar daar is tog ooreenkomstes. Hulle bly in die bos en die diere is hulle vriende.

Liggaamsdele word bespreek en leerders kan die ouditiewe persepsie, ruimtelike oriëntering en ordeningsvaardighede van die leerders assesseer.

Leerders lees en illustreer sinne, gedigte en rympies. Hulle leer die volgende letters en patrone aan.

: ,
: ,

INTEGRASIE VAN TEMAS

‘n Gesonde omgewing

  • Die Wapse bly in die bos en het nie elektrisiteit en groot huise nie. Hulle is van die natuur afhanklik en eet vrugte, bessies, vis, ens. Gevolglik pas hulle die natuur (hul omgewing) op. Ons moet hulle voorbeeld volg.

Sosiale geregtigheid

  • Alhoewel die Wapse nie aardse rykdomme besit nie, is hulle gelukkig, tevrede, vriendelik en hulpvaardig. Het mense rykdom nodig om gelukkig te wees? Bespreek. Wees sensitief teenoor mense van ander kulture en wat ander lewens lei.

Menseregte

  • Almal het die reg tot voedsel en huise/skuilings. Ouers moet hul kinders versorg.

Hierdie module bevat voorlees- en skryfaktiwiteite waarmee die opvoeder die leerders kan evalueer om vas te stel watter leerders gereed is vir formele lees, skryf en die aanleer van klanke, en watter leerders meer oefening benodig om ouditiewe, visuele en motoriese vaardighede te ontwikkel. Die volgende aktiwiteite word as verdere riglyne gegee:

  • Leerders kan ‘n collage maak met die handelsname van bekende produkte (koeldranke, lekkers, ontbytgraan, ensovoorts).
  • Die opvoeder kan leerders se aandag vestig op tekens in die omgewing, byvoorbeeld “STOP”, wat hulle kan lees.
  • Dit is altyd raadsaam om die name van voorwerpe in die klas op flitskaarte by die betrokke voorwerp op te plak, byvoorbeeld tafel, stoel, kas en venster.
  • Aangesien sigwoorde soos lees, skryf en teken dikwels in die modules sal voorkom, kan die opvoeder dit vir die leerders as leeswoorde aanleer.
  • Liedjies, rympies en verwante speletjies is ook baie goeie luister- en praataktiwiteite. Die opvoeder behoort moeite te doen om vir die leerders ‘n ryke verskeidenheid hiervan aan te leer.
  • Lees die storie op die volgende bladsy vir die leerders voor. Verdeel hulle in groepe. Elke groep moet ‘n groepleier hê wat seker maak dat almal ‘n beurt kry. Elke groep moet drie probleme identifiseer wat Willie sal ondervind as hy in hulle huis moet kom kuier. (Hy is byvoorbeeld te klein en sal nie self op die bed kan klim nie. Hy sal nie deure kan oopmaak nie en sal nie met ‘n groot mes en vurk kan eet nie.) Daarna moet hulle ook oplossings voorstel en die beste drie kies. Een leerder in elke groep moet terugvoer gee.
  • Vra vir die leerders vrae oor die inhoud van die storie. Evalueer verskillende leerders met elke storie om sodoende die hele klas oor ‘n tydperk te toets. Stel die karakters met die prente bekend – hierdie prente kan in die klas vertoon word en deur die leerders ingekleur word. Gebruik dit ook om vir die leerders die karakters se name aan te leer.
  • Hierdie bladsye toets visuele diskriminasie. Leerders moet die stukkies van die legkaart wat bymekaar pas, verbind. Op die volgende bladsy moet hulle die stukkie by die woordjies pas. Dit help terselfdertyd vir die leerders om die woorde aan te leer.
  • Leerders moet die sinne uitknip en langs die regte naam plak.
  • Leerders kan hierdie sinne in ‘n speletjie gebruik om nuwe sinne te bou. Hulle kan eers die volsinne gebruik en lees en dit daarna in twee knip soos aangedui om ‘n nuwe sin met ‘n ander karakter te bou.
  • Die opvoeder moet die leerders verkieslik buitentoe neem sodat hulle iewers op hulle eie kan lê of sit en luister watter geluide hulle alles kan identifiseer. Indien dit moeilik is, kan leerders in die klas ook net hulle oë toemaak en na die geluide in die klas en buite oplet. Laat leerders vir ongeveer 2 minute met hulle oë toe sit. Daarna moet hulle na die prent van Willie Waps kyk en die dinge teken wat hy in die bos kan hoor.
  • Bladsye is bedoel om die leerders se ruimtelike oriëntasie te toets. Voorts bepaal dit of hulle bewus is daarvan dat ‘n geheel (hulle liggame) soms uit verskillende dele bestaan. Leerders moet die verskillende dele van Willie in die blokke teken soos aangedui. Daarna moet hulle hul eie prente uitknip en die volledige prent op ‘n papier plak. Hiervolgens kan die opvoeder sien of leerders die verskillende liggaamsdele in verhouding tot mekaar kan teken. (Die voete byvoorbeeld kleiner as die bene.)
  • Gesels vooraf met hulle oor hulle eie liggaamsdele.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Teken en plak vir Willie.
  • Plak Willie hier.
LU 5.2

LU 3.4

Assessering

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder letters en woorde herken en betekenis uit geskrewe teks skep;

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te dink en te redeneer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask