<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 4

Kaartwerk

Grootskaalkaarte

Module 7

Grootskaalkaarte

1.die wêreld

‘n Ronde kaart van die aarde word ‘n aardbol genoem.

Het jy al probeer om ‘n stukkende bal oop te sny en plat te druk? Net so moeilik is dit om ‘n ronde aarde op ‘n plat kaart uit te beeld. Daarom dui die meeste wêreldkaarte die aarde as “plat” aan.

2.afrika (my kontinent)

  • Die kontinent waarop jy woon se naam is ..................................................................
  • Afrika is die tweede grootste kontinent in die wêreld. Afrika bestaan uit 49 lande. ‘n Land is ‘n stuk aarde binne ‘n vaste grens. Die grenslyn skei een land van ‘n ander.

Aktiwiteit 1

Om die wêreldkaart te lees [lu 1.5]

Bestudeer die wêreldkaart op die vorige bladsy en beantwoord die vrae.

1. Hoeveel kontinente (vastelande) is daar? ....................................................

2. Watter kontinent is die grootste? ..................................................................

3. Watter kontinent is die kleinste? ...................................................................

4. Watter oseaan is tussen Afrika en Suid-Amerika? .......................................

5. Watter oseaan is tussen Suid-Amerika en Australië? ..................................

Aktiwiteit 2

Kaartwerk: afrika [lu 1.5]

Kleur nou al die lande op die Afrika-kontinent wat met ‘n “N” begin, bruin in.

1. Kleur jou land (Suid-Afrika) rooi in.

2. Skryf die name neer van die lande wat teenaan Suid-Afrika lê.

Sulke lande wat teenaan ‘n ander land lê, word ‘n buurland genoem .

3. suid-afrika (my land)

  • Suid-Afrika lê aan die suidpunt van die kontinent Afrika. Ons land, soos alle ander lande, word deur ‘n regering bestuur wat ook die wette van die land maak.
  • Kyk nou mooi na die volgende kaart van Suid-Afrika.

Binne ‘n land se grense is daar nog ander grense wat die land weer in provinsies opdeel.

  • Hoeveel provinsies het Suid-Afrika? ..............................
  • Grense word deur mense daar gestel en daarom kan dit verander word. Tot 1994 het Suid-Afrika slegs vier provinsies gehad.

Aktiwiteit 3

Kaartwerk [lu 1.5]

Kyk goed na die sleutel van die kaart van Suid-Afrika en beantwoord die volgende vrae:

1. Watter groot bergreeks vind ons in Kwazulu-Natal?

2. Noem drie grondstowwe wat in die Noord-Kaap gemyn word.

3. Watter provinsie is die verste Noord geleë?

4. Watter rivier mond op die noordelike grens van die Noord-Kaap in die

Atlantiese oseaan uit?

5. In watter oseaan sal jy swem as jy by Durban vakansie hou?

6. Watter provinsie is die kleinste?

7. In watter provinsie bevind jy jou as jy in Port Elizabeth vakansie hou?

8. Waar / Onwaar? Die steenkool wat in Mpumalanga gemyn word, kan met

skepe na ander land uitgevoer word.

Aktiwiteit 4

Om inligting uit bronne te gebruik om vrae oor mense en plekke te beantwoord [lu 1.5]

Julle opvoeder gaan ‘n muurkaart van die wêreld in die klaskamer ophang. Luister elke dag na die wêreldnuus en lees koerante. Bring berigte wat betrekking het op Aardrykskunde klas toe en laat jou opvoeder met ‘n kopspeld op die muurkaart aandui op watter kontinent die gebeure plaasgevind het. Bepreek dit en vorm en gee jou eie opinie.

Kom ons hou met hierdie opdrag vol tot die einde van die jaar!

Assessering

Leeruitkoms 1: aardrykskundige ondersoek

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

1.5 belangrike staatkundige grense en belangrike menslike en fisiese kenmerke op grootskaalkaarte identifiseer.

Memorandum

Grootskaalkaarte

Afrika

  1. 7
  2. Asië
  3. Europa

4. Atlanties

Stille

2. Namibië, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek

9

  1. Drakensberge
  2. Koper, diamante, yster
  3. Limpopo
  4. Oranje
  5. Indiese
  6. Gauteng
  7. Oos-Kaap

8. O – geen hawe

Questions & Answers

a perfect square v²+2v+_
Dearan Reply
kkk nice
Abdirahman Reply
algebra 2 Inequalities:If equation 2 = 0 it is an open set?
Kim Reply
or infinite solutions?
Kim
y=10×
Embra Reply
if |A| not equal to 0 and order of A is n prove that adj (adj A = |A|
Nancy Reply
rolling four fair dice and getting an even number an all four dice
ramon Reply
Kristine 2*2*2=8
Bridget Reply
Differences Between Laspeyres and Paasche Indices
Emedobi Reply
No. 7x -4y is simplified from 4x + (3y + 3x) -7y
Mary Reply
is it 3×y ?
Joan Reply
J, combine like terms 7x-4y
Bridget Reply
im not good at math so would this help me
Rachael Reply
how did I we'll learn this
Noor Reply
f(x)= 2|x+5| find f(-6)
Prince Reply
f(n)= 2n + 1
Samantha Reply
Need to simplify the expresin. 3/7 (x+y)-1/7 (x-1)=
Crystal Reply
. After 3 months on a diet, Lisa had lost 12% of her original weight. She lost 21 pounds. What was Lisa's original weight?
Chris Reply
preparation of nanomaterial
Victor Reply
Yes, Nanotechnology has a very fast field of applications and their is always something new to do with it...
Himanshu Reply
can nanotechnology change the direction of the face of the world
Prasenjit Reply
At high concentrations (>0.01 M), the relation between absorptivity coefficient and absorbance is no longer linear. This is due to the electrostatic interactions between the quantum dots in close proximity. If the concentration of the solution is high, another effect that is seen is the scattering of light from the large number of quantum dots. This assumption only works at low concentrations of the analyte. Presence of stray light.
Ali Reply
the Beer law works very well for dilute solutions but fails for very high concentrations. why?
bamidele Reply
how did you get the value of 2000N.What calculations are needed to arrive at it
Smarajit Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
QuizOver.com Reply

Get the best Algebra and trigonometry course in your pocket!





Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11083/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask