<< Chapter < Page Chapter >> Page >

3 Teen 1981, nog 50 jaar later, was die groep ter sprake duidelik al ‘n “ou” bevolking. Plaas ‘n liniaal dwars oor die drie piramides op bl. 12 sodat net die groepe 65 jaar en ouer sigbaar is. Julle sal duidelik sien hoeveel groter is hierdie groep as 50 en 100 jaar vroeër. Dit is ook duidelik dat die geboortes (vrugbaarheid) nóg meer afgeneem het, want tussen 1931 en 1981 het geboortebeperking ‘n alledaagse instelling geword.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.2 inligting relevant vir die ondersoek uit eenvoudige grafieke, kaarte en statistiese bronne organiseer en interpreteer [werk met bronne];
1.5 inligting gebruik om antwoorde, alternatiewe en moontlike oplossings voor te stel [die vraag beantwoord];
1.6 verslag doen oor die ondersoek deur bewyse uit die bronne te gebruik, insluitend kaarte, diagramme en grafika, en waar moontlik rekenaars in die aanbieding gebruik [die antwoord oordra].
LU 3VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 uitdagings vir samelewings en nedersettings identifiseer, met ‘n fokus op bevolkingsgroei en -verandering [identifiseer die vraagstuk];
3.2 die faktore identifiseer wat tot bevolkingsgroei en –verandering bydra [faktore wat die vraagstuk affekteer];
3.3 prosesse identifiseer wat bevolkingsgroei en –verandering op verskillende plekke affekteer [faktore wat die vraagstuk affekteer];
3.4 maniere voorstel om op vraagstukke met betrekking tot bevolkingsgroei en –verandering in ‘n spesifieke konteks te reageer [maak keuses].

Memorandum

Aktiwiteit 1:

a) warmwoestyne

b) yswoestyne

c) Die Amasone maak die binneland toeganklik; nou vestig die mense hulle langs die rivier en sy vernaamste sytakke.

d) Dit is weens die teenwoordigheid van die Nyl (in die omliggende woestyngebied).

e) Australië is verstedelik, want die meeste mense woon in stede en dorpe.

Die kaart dui so ‘n verspreiding aan.

In Australië woon tussen 85% en 90% van die bevolking in stede of groterige dorpe.

Aktiwiteit 2:

a) As minder geboortes as sterftes voorkom, kan dit ‘n afname beteken, maar ook as daar meer mense emigreer as wat die geboortes aanvul.

b) Indië se piramide sal die meeste verskil.

(a) Die belangrikheid van die piramides as sodanig is omdat ‘n piramide ‘n grafiese voorstelling is wat baie inligting met min woorde verskaf.

(b) Deur elke keer na die verandering in die piramides te verwys, hoop die skrywers om inligting oor bevolkingstrukture op ‘n maklike manier aan die leerders oor te dra.

Dit moet ook nooit van leerders verwag word om ‘n piramide 100% akkuraat te kan teken nie; dit is die algemene indruk wat korrek moet wees.

Aktiwiteit 4:

Die doel met hierdie aktiwiteit is om by die leerders tuis te bring dat ‘n drastiese toename soos verdubbeling in ‘n kort tyd ernstige gevolge vir enige regering inhou – plaaslik, provinsiaal of nasionaal! Na die oefenig sal die leerder ook besef dat die probleme in die dorp en die stad eintlik maar eenders is – die probleme (uitdagings) is dieselfde, die omvang daarvan verskil net.

Watervoorsiening

Elektrisiteitsvoorsiening Die lewering van dienste, iets waarvoor lank vooruit beplan

Riolering moet word, sal in baie gevalle ”ineenstort”.

Aanlê van strate

Die verskaffing van behuising sal ook tekort skiet.

Werkverskaffing sal ‘n baie groot probleem wees.

Skole moet gebou word (nie primêr die funksie van die plaaslike regering nie).

Misdaad sal toeneem, en dies meer.

Aktiwiteit 5:

1. toeneem

2. sterftesyfer

3. hoog

4. kleiner

5. groei

6. lewensverwagting

a) Dit is ‘n syfer wat uitgewerk is toe ‘n groot groep vroue se voorkeure bymekaar getel en die gemiddeld uitgewerk is.

b) Twee kinders per gesin het tot gevolg dat die bevolking nie groei nie (staties bly), want die geboortes kanselleer net die twee ouers uit as hulle eendag te sterwe sou kom.

c) Wie gaan eendag die werk (baie soorte) doen? (Werkers van elders is nie die ideale oplossing nie!) Huise, skole, en dies meer gaan ongebruik staan en verval gaan intree.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11020/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask