<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Neem 'n stukkie skuurpapier en druk dit met jou vingers teen 'n stukkie hout. Skuur dit vinnig vir ± 20 sekondes. Kan jy voel dat jou vingers warm voel?

Maak nou ‘n lys van 'n paar ander voorbeelde waar hitte deur wrywing vrygestel word:

Hoe het die grotbewoners deur wrywing 'n vuurtjie aan die gang gekry?

Aktiwiteit 5:

Om die gebruik van energie vir meganiese doeleindes te kan bespreek

[lu 2.1]

  • Meganiese sisteme soos enjins kan nie sonder energie funksioneer nie. In die verlede is baie van die energie direk uit die natuur bekom.

Windpompe werk byvoorbeeld met wind.

Stoomtreine (1712 tot 1900's) is gebruik om mense en goedere te vervoer. Steenkool is verbrand om water te verhit en stoom vry te stel. Die stoom is gebruik om die stoomenjin te dryf wat die wiele laat draai het. Besoek gerus die museum in George waar ou stoomlokomotiewe ten toon gestel word.

Dink aan nog drie voorbeelde waar energie vir meganiese doeleindes aangewend word en beskryf elkeen kortliks.

Assessering

LU 1

WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1 ondersoeke beplan: ‘n lys opstel, met ondersteuning, van bekende situasies en materiale, en ondersoekende vrae opstel:

1.1.1 bydra tot ‘n klaslys van interessante aspekte van die situasie;

1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel: instruksies en prosedures uitvoer wat ‘n klein aantal stappe behels:

1.2.1 ‘n eenvoudige werkblad volg om toerusting op te stel en waarnemings te verkry;

1.2.2 waarnemings aanteken deur tekeninge en byskrifte te maak;

1.2.3 met die prosedure aanhou totdat die verskynsel plaasvind of oor ‘n langer tydperk waargeneem kan word (bv. plante groei na die lig wat van ‘n spieël af kom);

1.3 data evalueer en bevindings kommunikeer: verslag doen oor die groep se prosedure en die resultate wat verkry is:

1.3.1 waarnemingsdata aanbied wat met die fokusvraag verband hou.

LU 2

KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1 betekenisvolle inligting onthou: ten minste eie vlotste taal gebruik om voorwerpe, materiaal en organismes te noem en te beskryf.

2.1.3 sê of energie van een vorm na ‘n ander oorgeskakel kan word.

LU 3

WETENSKAP, DIE SAMELEWING EN DIE OMGEWING Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

3.1 wetenskap en tegnologie binne die konteks van geskiedenis en inheemse kennis verstaan: beskryf hoe plaaslike inheemse kulture wetenskaplike beginsels en tegnologiese produkte vir spesifieke doeleindes -gebruik het en steeds gebruik:

3.1.1 beskryf hoe eie kultuurgoep deur die geskiedenis heen velige maniere gevind het om drinkwater op te gaar en te gebruik.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

Die vergrootglas konsentreer die sonligenergie op een punt; die hitte is dus gekonsentreer en die papier begin brand.

Dele van die bottel, veral die bodem funksioneer soos ‘n vergrootglas en kan ‘n brand laat ontstaan.

AKTIWITEIT 3

Aanvanklik is slegs hout gebruik. Baie hout is nodig, want hout brand nie lank nie. Oop vure is gebruik en baie hitte het verlore gegaan. Later is die vure in houers gemaak. Toe is steenkool gebruik. Steenkool brand langer as hout. Paraffien is in nog kleiner hoeveelhede nodig. Leerders kan uitbrei en dinge noem wat nie in vorige paragrawe genoem is nie.

AKTIWITEIT 4

Die hande word warm.

Enige voorbeelde: voertuigbande op teer; ruimtetuig wat in die atmosfeer van die aarde inbeweeg; enjin wat sonder olie loop; vislyn wat vinnig oor die vinger gly; boor in hout of yster; rook vorm weens die hitte; vuurhoutjie op die swaelstrook van die dosie (vroeër jare teen die skoensool); sigaretaansteker.

‘n Dun hout is vinnig met die hande heen en weer gedraai terwyl die punt in ‘n holte van ‘n ander groter stuk hout gedruk is. Die holte het gemaak dat die wrywingsoppervlak vergroot het. Die dunner hout het uiteindelik aan die brand geslaan.

AKTWITEIT 5

Petrol-/dieselenjins: die energie in die brandstof ontplof en stel energie vry; die druk wat so ontstaan, laat die suier beweeg en die enjin draai.

Elektriese apparaat, bv. ‘n deurklokkie. Die stroom laat kragte ontstaan wat die hamertjie heen en weer laat beweeg.

Water wat ‘n waterwiel laat draai wat ‘n meule laat werk.

‘n Fietsryer wat energie oordra deur die pedale te trap sodat die wiele draai.

‘n Mens wat ‘n handmeule draai om bv. vleis te maal.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10980/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask