<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Bespreek jul plan van aksie en voer dit dan uit. Kies vir julle elkeen ‘n kodenaam en skryf julle gesprek neer as julle wil.

LU 4.3.1

SPEL “D” OF “T”

Ons twyfel dikwels of ‘n woord op ‘n “d” of ‘n “t” eindig. Vul ‘n d of t aan die einde van die onderstaande woorde in. Jy hoef nie ‘n spioen te wees om te weet watter letter jy moet invul nie.

Wenk:

Sê die woord in sy meervoudsvorm. Sodoende kan jy agterkom op watter letter dit eindig.

kleingel__ resiesper__ woonbuur__

landkaar__ motorboo__ sportsoor__

seesan__ poniester__ jaghon__

skryfbor__

Ruil nou jou woord om met ‘n maat. Hoe het hy/sy gevaar?

LU 6.1.1

HOE OM GELD TE VERDIEN

Al is julle nog nie volwassenes wat reeds ‘n beroep beoefen nie, kan julle nou reeds begin om geld te verdien. Daar is verskeie maniere waarmee julle geldjies kan verdien. In die strokiesprent wat volg, is ‘n seun besig om planne te beraam om geld te verdien.

Kyk mooi na die strokiesprent wat volg.

Jy gaan later self die woorde vir die praatwolkies verskaf.

  1. Jou onderwyser sal nou vir jou groep ‘n sin gee waarvan die woorde opgeknip is. Rangskik die woorde saam met jou groep sodat dit ‘n sin vorm.
  2. Skryf julle sin groot op ongedrukte koerantpapier en rapporteer aan die klas. Julle moet nou saam as klas besluit in watter volgorde die sinne moet wees. Vul die sinne nou op die strokiesprent in.
  3. Kyk weer mooi na James se gesprek met sy ma. ‘n Mens gebruik sekere leestekens om aan te dui dat iemand praat. Hulle word aanhalingstekens genoem en word voor en na die woorde wat gesê word, aangebring.

Wanneer iemand praat, noem ons dit : Direkte rede .

Bv. “Watter soort werk wil jy graag doen, James?” vra sy ma.

Die laaste twee sinne van die strokiesprente is hieronder oorgeskryf in die direkte rede. Julle moet nou self die aanhalingstekens invul.

  1. Ek dink dis ‘n slim plan, James. Al die mense in ons straat moet bedags werk, sê sy ma.
  2. James antwoord: Ek het besluit om R5 per tuin en R3 per motor te vra.
LU 4.6.1

HOE OM SAKGELD TE VERDIEN

Gesels nou in julle groepe oor hoe julle sakgeld kan verdien. Julle hoef nie noodwendig uit die huis te gaan nie. Dink aan metodes in, om en naby die huis. Die groepleier van elke groep kan verslag doen aan die res van die klas.

Ontwerp nou ‘n strooibiljet waarop jy jou dienste kan adverteer. Kies een van die metodes wat julle nou bespreek het . ‘n Strooibiljet is ‘n blaadjie wat mense in julle posbusse gooi om iets te adverteer.

Jou strooibiljet moet 15 cm by 12 cm wees en al die nodige inligting bevat:

Die diens wat jy lewer.

Jou naam en telefoonnommer.

Hoeveel jou diens kos.

LU 4.4.1

VOORLEES

Luister baie goed na die volgende leesstuk wat julle onderwyser vir julle gaan voorlees. Hy/sy sal dit twee keer voorlees.

Beantwoord die vrae wat die onderwyser na aanleiding van die leesstuk vra. Skryf slegs W indien die stelling waar is en O indien dit onwaar is.

LU 1.1.1

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
LUISTER Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
1.1 verstaan stories (aan leerders vertel of gelees):
1.1.1 beantwoord letterlike vrae;
1.1.5 bespreek etiese, sosiale en kritieke kwessies, soos: Watter soort persoon is die held? Hoe tree hy/sy op? Is hy/sy realisties of gestereotipeer voorgestel? (wissel tussen huis- en addisionele taal, indien nodig);
1.5 respekteer ander leerders:
1.5.1 gee ander leerders ‘n kans om te praat;
1.5.2 luister na ander en moedig hul pogings aan om hul addisionele taal te praat;
LU 3
LEES EN KYK Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.6 lees vir genot en inligting:
3.6.1 lees baie fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak;
3.6.5 los woordraaisels op;
3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:
3.7.2 gebruik ‘n woordeboek.
LU 4
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.1 teken en skryf byskrifte by kaarte, diagramme, grafieke en tabelle;
4.1.4 druk mening skriftelik uit en gee redes daarvoor (soos hoekom een gedig beter as ‘n ander gedig is);
4.3 skryf kreatief:
4.3.1 toon ontwikkeling in die vermoë om verhale, toneelstukke en dialoë te skryf (soos deur sommige poëtiese tegnieke te gebruik om interessante titels te skep en deur dialoog by verhale in te sluit);
4.4 ontwerp mediatekste:
4.4.1 ontwerp ‘n plakkaat, ‘n eenvoudige advertensie en ‘n eenvoudige vraelys;
4.6 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en -gebruik:
4.6.1 pas kennis van taalstrukture toe (soos grammatika, spelling, punktuasie, grammatikale verskille tussen huis- en addisionele taal) om eie en ander se werk te redigeer.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.1 spel bekende woorde korrek:
6.1.1 algemeen gebruikte woorde (soos: vyftien, moeilik, wêreld, veertien);
6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.1 sommige vraagvorme.

Memorandum

DIE WÊRELD VAN ‘N SPIOEN

(a) W

(b) O

(c) W

(d) O

(e) W

(f) W

(g) O

(h) O

(i) W

(j) W

SPEL ‘D’ OF ‘T’.

  • kleingeld resiesperd woonbuurt
  • landkaart motorboot sportsoort
  • seesand poniestert jaghond
  • skryfbord

HOE GELD TE VERDIEN

James wil graag ‘n bietjie sakgeld verdien om ‘n skaatsplank te koop.

Watter soort werk wil jy graag doen, James?

Ek het daaraan gedink om motors te was en tuinwerk te doen, Ma.

Sy ma dink dis ‘n slim plan.

VOORLEES

(a) O

(b) W

(c) W

(d) O

(e) W

(f) W

(g) W

(h) O

(i) W

(j) W

Strokiesprent

James wil graag ‘n bietjie sakgeld verdien sodat hy Februariemaand vir hom ‘n skaatsplank kan koop. “Watter soort werk wil jy graag doen, James?” vra sy ma.

James antwoord: “Ek het daaraan gedink om motors te was en tuinwerk te doen, Ma.”

Sy ma dink dis ‘n slim plan, omdat al die mense in hul straat bedags moet werk.

James besluit om R5 per tuin en R3 per motor te vra.

Benodigdhede vir die module:

Ongedrukte koerantpapier of iets soortgelyks vir plakkate en groepwerk.

Leesstuk vir Luisterlees

Zayaan Valiant se ouers kan dit nie bekostig om vir haar elke maand sakgeld te betaal nie. Sy het besluit om aan die werk te spring en haar eie geld te verdien.

Eers het sy ‘n klomp ou koerante bymekaar gemaak. Daarna het sy die koerante in stapeltjies van 5 cm gepak. Hierdie stapels is in ‘n oplossing van water en seeppoeier geweek. Zayaan het hierdie nat papier in rolle opgerol en ‘n paar dae so gelos om heeltemal droog te word. Hierdie droë rolle is ‘n uitstekende plaasvervanger vir vuurmaakhout. Sy het die rolle in die buurt verkoop.

Natuurlik het die mense baie minder daarvoor betaal as vir hout en het die aanvraag al hoe groter geword. Zayaan kon nie voorbly met die maak van hierdie rolle nie en het haar maat gevra om haar te help met die maak en die verkoop daarvan.

Vrae

Die volgende stellings is Waar of Onwaar. Skryf slegs W of O

  1. Zayaan se ouers was baie ryk.
  2. Zayaan wou graag sakgeld verdien.
  3. Zayaan het ou koerante bymekaar gemaak.
  4. Sy het die koerante in skoon water geweek.
  5. Daarna het sy die nat papier opgerol.
  6. Die rolle moes goed droog word.
  7. Mens kan vuur maak met die droë rolle.
  8. Sy het die rolle in die buurt uitgedeel.
  9. Baie mense wou daarvan hê.
  10. Zayaan moes ‘n helper kry.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask