<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 7

Module 2

Die strokiesverhaal

Een van die eerste strokiesverhale in Afrikaans het in 1942 in Die Jongspan verskyn. Die kunstenaar was T.O. Honiball wat ook spotprente vir die Afrikaanse koerante geteken het.

Die reeks in Die Jongspan het in die dierewêreld afgespeel, en die twee hoofkarakters was Jakkals en Wolf. Al die diere in die reeks het soos mense opgetree: hulle het regop geloop, hulle het gepraat en hulle het klere gedra. Hulle dialoog, maniere en emosies was soos dié van mense.

Wanneer ‘n mens die strokiesverhaal lees, moet daar veral fyn opgelet word na wat daar gesê word, want die inhoud van die strokiesverhaal is gewoonlik satiries van aard. Dit beteken dat daar eintlik baie fyn gespot word. Met ander woorde, die mens as individu, en ook as groep, se swakhede, dwaashede en tekortkomings word bespotlik voorgestel. So ook kan daar met die politiek van die dag gespot word.

Wanneer die strokiesverhaal gelees word, moet die leser aan elke karakter ‘n stem gee. Hy moet die karakter se stem “hoor” in sy kop en nie sy eie stem nie. Die kunstenaar kan alleenlik die karakters se karaktereienskappe uitbeeld deur middel van gesigsuitdrukkings en liggaamshoudings. Die kunstenaar maak gewoonlik van humor gebruik in sy voorstellings van die onderskeie karakters, want die belangrikste eienskap van die strokiesverhaal is dat dit die leser moet vermaak.

Voordat die strokiesverhaal gelees word, moet die leser hom eers vergewis van die eienskappe van ‘n jakkals en ‘n wolf. Dit sal help om gestalte te gee aan die karakters van die verhaal.

Opdrag 1:

Om ‘n eie mening te gee oor die betekenis van woorde

[lu 5.1.4]

Skryf ‘n kort paragraaf oor die volgende:

  1. As iemand beskryf word as ‘n jakkals , hoe ‘n soort mens is hy?
  1. As ‘n mens beskryf word as ‘n wolf , hoe ‘n soort mens is hy?

Uittreksel uit jakkals en wolf deur t.o. honiball

Jakkals het planne om met Donsie te trou, maar dan moet hy in staat wees om haar te onderhou. Hy besluit om ‘n winkel oop te maak. Hy vra vir Wolf om te help met die projek. Wolf is baie ingenome en willig dadelik in om te help. Maar hy het nie geweet dat hy al die harde werk sal moet doen nie …. Lees nou verder:

Uit: Honiball, T.O. Jakkals en Wolf, T.O. Honiball, - Promosie, 1986

Opdrag 2:

Om ‘n samespraak te skryf en eie verbeelding te gebruik om dialoog te voltooi

[lu 2.1, 2.5, 3.1, 3.2, 4.1.2]

( a ) Herskryf die teks van hierdie uittreksel in dialoogvorm. M.a.w. skryf ‘n samespraak tussen Wolf en Jakkals. Maak ook gebruik van ‘n verteller.

Verteller: Daardie middag is oom Wolf so pootuit dat hy sommer lê en eet.

Wolf: “Die ete is ook maar treurig, maar dis al wat ons oor het – ‘n stuk droë brood vir elkeen.”

Verteller: Geen wonder Wolf is so moeg nie … Kyk dan net hoe ‘n tamaai stapel klippe het hy al bymekaar gemaak!

Wolf: “Dit is darem seker nou genoeg klippe om ‘n winkel mee te bou.”

Verteller: Skielik spring Jakkals op.

Jakkals: “Oom, daar is mos ‘n stoffie doerrrr in die pad. Wat kan dit wees?”

( b ) Gebruik jou verbeelding en skryf die storie verder. Doen dit in groepe van drie. Wanneer julle klaar is, voer elke groep hul poging voor die klas op.

Moenie skaam wees om toneel te speel nie.

Wat van kostuums en maskers?

Assessering

LU 2
PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 idees en gevoelens op ‘n ekspressiewe manier, met selfvertroue oordra:
  • rolspeel in ‘n storie;
2.5 mondelinge aanbiedings op ‘n kreatiewe wyse doen:
2.5.1 let op duidelike spraak;
2.5.2 korrekte pousering;
2.5.3 tempo en volumewisseling;
  • dramatiseer voorbeelde van ontronding en oorronding deur na streekstaal te verwys,
LU 3
LEES EN BESIGTIG Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 ‘n strokiesverhaal lees en die kenmerke herken;
3.2 stillees korrek en met begrip toepas;
3.5 verskillende tekssoorte en die hoofkenmerke daarvan identifiseer en die struktuur van die teks verduidelik.
LU 4
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 verskeie verbeeldingstekste skryf:
4.1.2 skryf ‘n storie (verhalende opstel);
4.1.2 skryf ‘n samespraak (dialoë).
LU 5
DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.1 taal vir dink en redeneer gebruik:
5.1.4 ontwikkel en gee uitdrukking aan ‘n duidelike eie mening.

Memorandum

(a) Jakkals:

  • ‘n Listige, skelm persoon.
  1. Wolf:
  • ‘n Gulsige persoon
  • Iemand wat nie vertrou kan word nie.
  • ’n Man wat nie deur vrouens vertrou kan word nie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask