<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Stap 1: Watter probleme dink julle gaan Jan van Riebeeck-hulle in dié nuwe land ondervind?

Stap 2: Bespreek al dié probleme en kies daarna die belangrikste probleem . Almal in julle groep móét saamstem. Skryf dit neer: Hoe sal ons . . .?

Stap 3: Aan hoeveel moontlike oplossings vir dié probleem kan julle dink?

Stap 4: Besluit saam wat die beste oplossing is.

Julle het vyf minute om te oefen voordat elke groep sy probleem en oplossing gaan opvoer. Die groepleier moet eers net kortliks sê wat die probleem is.

AKTIWITEIT 2:

OM TYD IN DIE VERLEDE TE VERSTAAN

[LU 3.3]

Hier volg nog voorbeelde van mense wat Suid-Afrika hul tuiste gemaak het. Kyk eers hoeveel jy kan opspoor en stel dan jou eie tydlyn daarvan saam.

Vandat die seevaarder, Diego Cao, in 1485 hier aangedoen het, bly die P__________e (1) hier.

Die eerste s______ ______e (2) het in 1658 uit Angola hier aangekom.

In 1652 het die N__________s (3) saam met Jan van Riebeeck hierheen gekom.

Die F_________e (4) Hugenote het in 1688 ter wille van hulle godsdiens na Suid-Afrika gekom.

In 1820 is die B_________e (5) Setlaars aan die Kaapse Oosgrens gevestig.

Sowat 400 D_________e (6) soldate het ná die Nederlandse bewind hulle in Suid-Afrika kom vestig.

In 1860 het 11 G_________e (7) matrose van ‘n skip in Port-Elizabeth se hawe gedros en toe hier agtergebly.

Heelwat I____________e (8) soldate, wat tydens die Tweede Wêreldoorlog aangehou is, het ook hier agtergebly.

Verskaf ook jou eie twee voorbeelde.

VROEë MENSE UIT DIE VERRE OOSTE

Die eerste groep mense uit Asië was die Kaapse Maleiers. Hulle was meestal afstammelinge uit Oos-Indië. Hulle het tydens die Nederlandse bewind na die Kaap gekom. Die meeste van hulle was Moslems. Hulle was bedrewe brood- en koekbakkers, bouers, timmermanne, kokke, wasvrouens en vissermanne. Party van hulle het ook groente gekweek en dit dan op straat of by die mark verkoop.

Die grootste groep Indiërs in Suid-Afrika het hulle in die destydse Natal (vandag Kwazulu/Natal) gevestig.

HIER IS DIE INDIëRS SE VERHAAL . . .

“Die eerste blanke boere in Natal het met katoen geboer. Die Milner-broers het in 1847 saadriete van Mauritius af gebring en daar is begin om suikerriet in Natal te kweek. Die eerste suikerplantasies is aangelê. Al hoe meer klein meulens wat deur beeste aangedryf is, is aangelê. Groot plantasies en masjinerie het gevolg. Dit het gou duidelik geword dat goedkoop, maar betroubare arbeiders nodig was om van die suikerboerdery in Natal ‘n sukses te maak.

Die Zoeloe-mans het nie werklik belanggestel om arbeiders te word nie. Hulle het genoeg van hulle eie besit om ‘n bestaan te maak. Die mans het in elke geval geglo dat landbou ‘n vrou se werk was. In 1860 is Indiër-arbeiders op kontrak na Suid-Afrika gebring. Teen 1910 het meer as 150 000 al met dié skema hierheen gekom. Hulle is onder andere gratis vervoer, het nege ure per dag gewerk, ‘n loon van 10 sjielings per maand ontvang en kon vry wees na vyf jaar. Sommige Indiërs het ook as gewone immigrante hierheen gekom, veral om winkels en besighede te open.

Daar was baie armoede en ellende in Indië en daarom het min Indiërs na vyf jaar teruggegaan. Die meeste het in Suid-Afrika agtergebly en werk bekom. Heelwat Indiërs het hulle eie besighede begin – handelaars, fabriekeienaars, vissermanne en groenteboere. Hulle het groot sukses behaal.”

AKTIWITEIT 3:

OM DIE VERLEDE VAN DIE MENSE UIT ASIË TE REKONSTRUEER

[LU 3.3]

Ontwerp nou jou eie blokkiesraaisel met vrae (3 af, 3 dwars) waarin jy die belangrikste inligting oor die Indiërs saamvat. Ruil dit onder mekaar uit sodat jy jou maat s’n kan invul!

Assessering

LEERUITKOMS 3: HISTORIESE INTERPRETASIE – DIE LEERDER IS IN STAAT OM ASPEKTE VAN GESKIEDENIS TE INTERPRETEER

3.1 Wees bewus van meer as een siening van die verlede.

Verstaan dat verskillende sienings oor dieselfde saak reg of verkeerd kan wees

3.2 Onderskei tussen feite en menings.

Kan inligting vanaf kaarte, diagramme en grafieke bekom.

  • Rekonstrueer verlede. Kan ‘n eenvoudige rekonstruksie van gebeurtenisse maak en verstaan hoe die mense daaroor voel.

Memorandum

AKTIWITEIT 2

  • (1) Portugese
  • (2) Slawe
  • (3) Nederlanders
  • (4) Franse
  • (5) Britse
  • (6) Duitse
  • (7) Griekse
  • (8) Italiaanse

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10987/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask