<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Stem

  • Gaap op ‘n AH -klank en voel hoe jou verhemelte oplig.
  • Herhaal vier keer.
  • Gaap op elkeen van die volgende vokale: OO AH EE.
  • Herhaal vier keer met elke vokaal.
  • Intoneer versigtig en maak die vokale baie lank: “Waar gaan ons?” en “Wat voel so vreemd?”
  • Herhaal elke sin vier keer en maak seker dat jou toon ryk is op elke word.
  • Hou jou lippe toe en maak vinnige m -klanke – asof jy lag.
  • Herhaal agt keer.
  • Sê die m -klank, asof jy iets mooi gesien het.
  • Herhaal agt keer – harder elke keer as jy dit sê.
  • Intoneer die volgende sin sagkuns, en hou die m- en n- klanke: “My ma neem naalde en maak mooi naaldwerk.”

Artikulasie

  • Sê die volgende vier keer.
  • Begin stadig en vermeerder jou spoed.
  • Praat saggies maar vorm elke konsonant duidelik:

Al vuriger vlammend in steig’rende vaart, kou-kou

die perde hul stange, plukvoel aan die stywe teuels,

buk laag en proes dat spierwit vlokke skuim

Phaeton en ander gedigte , deur Eitemal

o efening 3: lofdigkuns

  • Jou opvoeder sal die klas opdeel in groepe van 4 - 6 leerders per groep.
  • Berei ‘n lofgedig voor om op te voer.
  • Jy hoef nie die gedig uit jou kop te leer nie, maar dit sal in jou guns tel as jy wel die gedig leer.
  • Vir die doel van hierdie oefening kan julle die gedigte wat ingesluit is voorberei, of ‘n ander gedig van julle keuse opvoer, of self ‘n lofgedig skryf.
  • Julle kan beweging, kostuums, rekwisiete, samespraak, ens. Gebruik.

Eerste imbongi wat opgetree het op 10 Mei 1994 – S’thembile Mlangeni (fragmente)

legendaries is hy – luislang met vele koppe

hy van die huis van Thambeka

van die huis van Nomathokazi

legendaries is hy – luislang met vele koppe

van die huis van Baliwe

van die huis van Notyatyu-u-u

hier staan hy dan nou voor ons

Rolihlala – getrokke tak van lank gelede

die sleepsel van jou blare lê tussen baie nasies

die sleepsel lê ook in Zambië

dit is daarom dan

dit is daarom dan dat Kaunda toe sy sleepsel sien

gehuil het

Die tweede imbongi wat opgetree het op 10 Mei 1994 – deur Zolani Mkiva (fragmente)

die naelstring ruk stukkend

die naelstring ruk stukkend

die naelstring ruk stukkend

ook die ankers van haat en onderdrukking ruk stukkend

die ankers van haat en wantroue ruk stukkend

die binnegoed van die herkouers

en die hope verrottende vullis word weggesleur

was julle harte, mense van Mhlabuhlangene

want die groot dag is hier

die leier van waarheid word deur tradisie geplaas

om ‘n verenigde volk te lei

ek praat van Mandela, die groot een,

wat weet hoe om ‘n gemeenskap heel te maak

hy wat sê: wat verby is, is verby

die proses het begin by koning Bambatha en sy voorvaders

koning Bambatha neem die leisels oor

en oorhandig dit aan Langalibalele Dube

Dube handig dit aan hoofman Luthuli

Albert Luthuli, hy wat noot stilgebly het nie

Luthuli oorhandig die leisels aan Oliver Reginald Tambo

Tambo – die slang wat diegene pik wat hom pla

vandag stap ons, saam met Mandela, ons beskore land binne

die magtige een wat baie oseane oorgesteek het

hulle sê jy toets die water met ‘n lang stok

maar Mandela toets dit met sy skeenbeen

hy nooi selfs die aasvoëls uit om hom te eet

‘n perd wat die nuwe Suid-Afrika stokalleen binnestap

vandag sê ons dat ons vry is

die balke van rassisme en die stutpaal van parasitisme is verby

die dae van baasskap is oor

apartheid is dood en begrawe

geen spook nie, geen zombi nie

ons het onderdrukking begrawe

geen spook is meer oor nie

uiteindelik is ons vry!

Nota: Verse aangehaal uit Met Woorde soos met Kerse deur Antjie Krog (Kwela Boeke 2002)

Wenke vir voordrag van poësie

  • Verstaan die gedig.
  • Skilder ‘n prentjie met die woorde.
  • Hoorbaarheid is van uiterste belang.
  • “Dis nie wat jy sê nie, maar hoe jy dit sê.”
  • Inkorporeer ‘n verskeidenheid van toonhoogtes.
  • Inkorporeer veranderinge in spoed en ritme.
  • Ontspan.
  • Artikuleer – d.m.v. jou lippe, tong en tande.
  • Inkorporeer aksent – die variasie van die volume binne ‘n woord van meer as een lettergreep, bv. ma klik, moei lik, on moon tlik, kon tak.
  • Inkorporeer klem – om frases vrylik te laat beweeg en om addisionele betekenis te gee.
  • Inkorporeer pouses – die lengte en die hoeveelheid pouses wat gebruik word bepaal die spoed van lewering – pouses verseker dat die woorde duidelik en herkenbaar is en dit verhoog die emosionele impak.
  • Inkorporeer infleksies – stygende en dalende infleksies.
  • Wees versigtig om nie stygende infleksies aan die einde van die reëls te maak nie.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 4
UITDRUKKING EN KOMMUNKASIE Die leerder is in staat om te analiseer en ‘n verskeidenheid vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
MUSIEK (4.3)
  • die doel, funksie en rol van verskillende instrumente wat in inheemse, tradisionele of Westerse vorms van musiek in Suid-Afrika gebruik word, kan ondersoek en verduidelik.
DRAMA (4.2)
  • ‘n voorbeeld van inheemse opvoerings soos lofdigte of volksverhale kan navors en aanbied.
DANS (4.1)
  • die doel en funksie van verskillende vorms van tradisionele, klassieke en inheemse danse beskikbaar in Suid-Afrika en wat nasionale erfenis reflekteer, kan ondersoek en aanbied;
VISUELE KUNS (4.4)
  • die oorsprong, doel en rol van tekens, nasionale of tradisionele simbole, standbeelde, gedenkplekke, liggaamsversiering, kunswerke, drag en argitektuur kan ondersoek en aanbied.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11026/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask