<< Chapter < Page Chapter >> Page >

rommelstrooiing ” , “ saakbeskadiging ” en “ geweld ”.

  • Verduidelik nou hierdie begrippe sonder om weer die bron se woorde te gebruik!

Rommelstrooiing is wanneer

/1/

‘n Voorbeeld van saakbeskadiging tydens ‘n optog is wanneer

/2/

Geweld kan uitbreek wanneer die polisie

/2/

/10/

LU 3 AS 3.1 LU 3 AS 3.6

KENNISGEWING 2 :

Jy het nou ‘n beskrywing van ‘n moderne konfliksituasie gelees. Vandag probeer mense veranderinge vreedsaam aanbring. Terwyl jy inligting oor die Franse Revolusie insamel, moet jy die SOORT bronne wat jy in die hande kry, beoordeel. Besoek die dorpsbiblioteek as jou skool nie een het nie. Onderwysers het gewoonlik ook ‘n versameling boeke. As jy nie vra nie, sal jy nie weet nie.

Stap 1 : Kyk na die inligtingsopgawe, die hoofopskrifte en die prente in die boek. Jy is nou op soek na ‘n aspek/deel wat jou interesseer ten opsigte van die konflik in die Franse Revolusie. Merk die vrae wat volg wat jou interesseer, skryf by (o), (p) en (q) jou eie idees neer.

(a) Waarom het die adel nie betyds die konflik sien kom nie?

(b) Waarom het die werkerstand so gesukkel om hulself te organiseer in ‘n effektiewe weerstandsbeweging?

(c) Sou beter kommunikasie (bv. telefone) ‘n verskil kon maak?

(d) Is die redes vir die opstand vandag nog geldig?

(e) Hoe vergelyk ons Menseregte (Sien Bron C) met die regte wat gewone mense toe in Frankryk gehad het?

(f) Watter rol het vroue in die Revolusie gespeel?

(g) Watter rol het kinders in die Revolusie gespeel?

(h) Waarom was daar so baie bloedvergieting? OF

(i) Het armoede die opstande veroorsaak?

(j) Watter aandeel het die geskrifte van die tyd gehad (propaganda) in die opsweping van die gepeupel?

(k) Watter invloed het die Franse Revolusie op ander wêrelddele, bv. Suid-Afrika gehad?

(l) Watter invloed het buurlande se reaksie oor die geweld tydens die revolusie op die Franse Revolusie gehad?

(m) Dink jy Napoleon Bonaparte was ‘n held?

(n) Dink jy die guilotine was ‘n geskikte toestel om vonnisse op ter dood veroordeeldes te voltrek?

(o)

(p)

(q)

Stap 2 :Bogenoemde vrae sal jou help om inligting vir jou projek te versamel. Maak notas van die inligting, teken jou bronne getrou aan en gebruik dit vir jou projek!

LU 1 AS 1.1 AS 1.2 AS 1.4 AS 1.5

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Geskiedkundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ‘n verskeidenheid van relevante historiese en argeologiese bronne kan identifiseer en selekteer in sy navorsingsproses [vind bronne];
1.2 bronne suksesvol evalueer t.o.v. die betroubaarheid, nuttigheid en die gesindheid van die skrywer [werk met bronne];
1.3 grafiese en statistiese bronne interpreteer [werk met bronne];
1.4 ‘n oorspronklike idee insluit in sy antwoorde [beantwoord die vraag];
1.5 kennis en begrip kommunikeer deur [dra die antwoord oor]:
  • die opbou van sy eie argumente en interpretasie gebaseer op die historiese bronne (wat uitgebreide skryfwerk, kunswerke, grafieke en dramas insluit);
  • informasie tegnologie waar beskikbaar en toepaslik te gebruik om sinvol te kommunikeer.
LU 3
Geskiedkundige InterpretasieDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 geskiedkundige interpretasie ondersoek deur relevante vrae oor ‘n geskiedkundige bron se skrywer te stel [interpretasie van bronne];
3.2 die verskillende maniere waarop die gebeure in die verlede aangebied en geïnterpreteer is, kan identifiseer en beredeneer [interpretasie van bronne];
3.3 verduidelik waarom geskiedenis nie objektief of neutraal is nie [interpretasie van bronne];
3.4 verstaan dat identiteitsgevoel die manier waarop gebeurtenisse in die verlede geïnterpreteer word, kan beïnvloed [interpretasie van bronne];
3.5 belangrike kenmerke en gebruike van materiële oorblyfsels van die verlede in ‘n gegewe konteks beskryf [voorstelling van die verlede];
3.6 verduidelik waarom dit belangrik is om ons natuurlike en kulturele erfenis te bewaar (bv. voorwerpe, geboue en ander erfenisgebiede) [voorstelling van die verlede];
3.7 verduidelik hoe en waarom mense se herinneringe van die verlede mag verskil [voorstelling van die verlede].

Memorandum

  • MEMO 1(a) Feit /1/ presiese getalle verstrek /2/ 1(b) opinie /1/
  • geen bewyse hiervoor in die bron nie /2/ 2(a) Enige, die motivering
  • bepaal die siening, bv. vooroordeel /1/ hulle sien net hul kant van die
  • saak /2/ 2(b) Enige sin wat vooroordeel bewys. /1/ Tot. /10/

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11043/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask