<< Chapter < Page Chapter >> Page >

b) Veronderstel jy is ‘n Zoeloe-spioen gedurende die Slag van Vegkop. Vind antwoorde op die onderstaande vrae en stel dan ‘n kort verslag saam oor die geveg.

  • Hoe het die Voortrekkers hulself voorberei een uur voor die aanvang van die geveg?
  • Die ligging van die laer het die Ndebele verplig om van drie kante teen die heuwel aan te val. Watter nadele het dit vir hulle ingehou?
  • Hoe is voorkom dat die waens teen die helling afgeloop het?
  • Watter wapens is gebruik?
  • Hoekom het die Voortrekkers van skiethokke gebruik gemaak?
  • Was daar ‘n wenner en ‘n verloorder in die geveg? Motiveer.

c) Jul klas verdeel in groepe en bespreek dan die volgende:

  • Watter drie reëls het in die laer by Vegkop gegeld?
  • Elke groep maak vyf voorstelle oor wat in die laer gedoen moes word gedurende die aanval . Jul onderwyser skryf elke groep se voorstelle op die bord. Elke groep kies die vyf beste voorstelle en rangskik hulle in volgorde van belangrikheid. Elke groep maak dan hul voorstelle bekend.
  • Hoe sou julle die ossewa beter toerus teen toekomstige aanvalle? Maak van plaaslike materiaal gebruik.

Intussen het Gerrit Maritz , Piet Uys en Piet Retief se geselskappe by Thaba Nchu aangekom. Retief is as hoofleier van die meer as 5 000 Voortrekkers gekies. ‘n Volksraad is gekies om wet en orde te handhaaf. ‘n Grondwet is opgestel om sake te orden en om aan die gemeenskap ‘n republikeinse karakter te verleen. Hulle het ook besluit om vir grondgebied te onderhandel en plase te vestig.

Meningsverskille oor die toekomstige roete wat gevolg moes word, het tot verdeeldheid onder die Voortrekkers gelei:

  • Potgieter wou ‘n groot boerestaat in die noordelike binneland tot stand bring. Daar sou hulle ver van Britse oorheersing wees. Hy het verkies om hom nie op die grondgebied wat van Makwana verruil is, te vestig nie. Hy wou ook nie na Natal toe trek nie, want hy het geglo dat die Engelse in die kusgebied sou belangstel.
  • Retief en sy volgelinge wou na Natal trek vanweë die vrugbare grond en die hawe van Port Natal.

Die Volksvergadering het toe besluit om oor die Drakensberge te trek Natal toe. Potgieter se groep het toe noordwaarts getrek.

d) Bestudeer die skets van die tog oor die Drakensberge Natal toe en beantwoord die vrae:

  • Wat het met die wawiele gebeur?
  • Wat is die mans en vroue besig om te doen?
  • Waarom word die bome afgekap?

Assessering

LEERUITKOMS 2: HISTORIESE BEGRIP (TYD) – Die leerder is in staat om geskiedkundige kennis en begrip te toon
2.1 Verstaan kronologie en tyd
2.2 Verskaf redes waarom ‘n historiese gebeurtenis plaasgevind het (oorsake, gevolge)
2.3 Onderskei tussen verskillende tydperke (ooreenkomste, verskille)
LEERUITKOMS 3: HISTORIESE INTERPRETASIE – Die leerder is in staat om aspekte van geskiedenis te interpreteer
3.1 Wees bewus van meer as een siening van die verlede
3.2 Onderskei tussen feite en menings
3.3 Rekonstrueer verlede

Memorandum

Aktiwiteit 1

(a) Sien redes vir die Trek

Mekaar gerespekteer

Blyplek voordat hul verder noordwaarts trek.

(b) Trek 50 waens in vierkantige laer (met skiethokke) en pak doringtakke tussen en onder in. Waens was met rieme en kettings aanmekaar vasgemaak. Stuur verkennings-patrollie uit. Kry gewere gereed. Vrouens en kinders bly in die middel en die vee buite.

Die Trekkers het ‘n beter uitsig gehad – so is verrassing beperk. Dit was vir die Ndebeles moeilik om teen ‘n opdraend aan te val.

Klippe is agter waens se wiele gepak, handbriek is opgetrek.

Trekkers: Sanna, Ndebele: Werpspies en klein skild

Beter uitsig, kan veilig uit alle hoeke gelyktydig skiet tydens oskop-aanvalsformasie.

Voortrekkers verslaan Ndebele, maar verloor baie vee. Ndebele verloor baie soldate.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11022/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask