<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Heupopwarming

  • Voorbereiding : staan regop – voete heupwydte van mekaar af – hande op jou heupe:
  • isoleer jou heupe.
  • moenie enige ander deel van jou liggaam beweeg nie.
  • hou bene en voete stil.
  • Druk jou regterheup uit na die kant.
  • Druk jou linkerheup uit na die kant.
  • Herhaal agt keer.
  • Roteer jou heupe van links na regs – volle sirkel (herhaal agt keer).
  • Roteer jou heupe van regs na links – volle sirkel (herhaal agt keer).

Beenopwarming

  • Stap op die plek in tyd met die musiek vir agt mate.
  • Stap vorentoe vir vier mate.
  • Stap agtertoe vir vier mate.
  • Herhaal agt keer.
  • Voeg beheerde armbewegings by soos uitgevoer in die armopwarming.
  • Herhaal agt keer.

Quadricepsopwarming

  • Bly op een plek en lig jou knieë om die beurt op en af.
  • Herhaal agt keer:
  • hou jou hande op jou heupe.
  • hou jou maag in.
  • hou jou liggaam regop.

Hampeesopwarming

  • Tree na die regterkant – kyk vorentoe – lig linkerbeen op agter jou – buig jou knie.
  • Tree na links – kyk vorentoe – lig jou regterbeen op agter jou – buig jou knie.
  • Herhaal agt keer.
  • Moenie vorentoe leun wanneer jy jou been agtertoe oplig nie.
  • Hou jou liggaam te alle tye reguit.

Boudopwarming (Gluteus Maximus):

  • Voorbereiding . Staan met jou voete heupwydte van mekaar af – arms langs sye.
  • Buig jou knieë – druk jou boude uit na agter en leen effens vorentoe – lig jou arms vorentoe op.
  • Maak jou bene reguit.
  • Herhaal agt keer.
  • Maak seker dat jou knieë in lyn is met jou tone wanneer jy jou bene buig.
  • Hou jou hakke op die vloer.
  • Moenie jou rug krom maak nie – hou jou rug reguit wanneer jy vorentoe leun.
  • Hou jou kop in lyn met jou ruggraat.

Spronge:

  • Voorbereiding: druk met jou hele voet, veral jou hakke, op die vloer.
  • Dit sal jou die krag gee om in die lug te spring.
  • Strek jou bene en voete.
  • Hou jou skouers oop en vierkantig.
  • Hou jou liggaam regop.
  • Gebruik elke spier in die sool van jou voet.
  • Werk van die hakke deur na die tone.
  • Wanneer jy land moet jou tone eerste die grond raak.
  • Sit stadig jou voet geleidelik neer totdat jou hak die grond raak.
  • Buig jou knieë wanneer jy land.
  • Spring vanaf twee voete.
  • Buig knieë voordat jy spring.
  • Maak knieë reguit soos jy opspring.
  • Kom af op altwee voete met gebuigde knieë.
  • Spring vorentoe, agtertoe, links, regs.
  • Spring op die maat van die musiek.
  • Spring van een voet na die ander.
  • Kombinasie:
  • spring vier keer op altwee voete
  • spring twee keer op die regtervoet
  • spring twee keer op die linkervoet
  • spring vorentoe op alternatiewe voete (vier keer)
  • spring agtertoe op al twee voete (vier keer)
  • herhaal kombinasie agt keer

Voetopwarming:

  • Voorbereiding: staan met voete heupwydte van mekaar af – liggaam regop –arms langs sye.
  • Lig jou hakke stadig en laat sak (herhaal agt keer).
  • Lig jou tone – hakke op die vloer – en laat sak (herhaal agt keer).
  • Kombineer toon- en hakoefeninge om die beurt agt keer.
  • Hou liggaam regop te alle tye.
  • Hou jou balans.
  • Hou jou kop op en kyk vorentoe – moenie afkyk nie, anders gaan jy vorentoe val!

Assessering

LEERUITKOMS 1: SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERING

Die leerder kan in elk van die kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • by die voorbereiding van die liggaam, met die leiding van die opvoeder opwarmings- en vaardigheidsontwikkelingsbewegings kan uitvoer, met die klem op die veilige gebruik van die liggaam, byvoorbeeld:
  • by buigings die knieë in lyn bokant die tone;
  • artikulering van die voete (toon-hakskeen-buiging) en kniebuiging by landing na ‘n sprong;
  • goeie houding deurgaans.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11088/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask