<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 4

Kritiese en kreatiewe refleksie

Module 11

Dans: opwarming

Opwarming

Aktiwiteit

Om op te warm en die liggaam voor te berei voordat die aktiwiteit uitgevoer kan word [lu 1.1]

  • Dit sal makliker en meer pret wees as jy die opwarming met musiek doen. Moenie musiek kies wat te vinnig is nie.
  • Voor jy enige van die aktiwiteite probeer, moet jy eers jou liggaam opwarm. Die opwarming verminder die risiko van seerkry en sal dit makliker maak om die danse te doen.

Asemhaling en spinale opwarming

  • Asem in deur die neus vir vier tellings en lig die arms geleidelik sywaarts op.
  • Strek jou ruggraat.
  • Asem uit deur jou mond vir vier tellings en laat sak jou arms geleidelik.
  • Herhaal asemhalingsoefening.
  • Staan met jou voete heupwydte van mekaar af – knieë effens gebuig – arms af langs jou sye.
  • Rol jou ruggraat af vir agt tellings – begin met die kop, skouers, borskas, heupe, totdat die liggaam dubbeld gevou is.
  • Rol die ruggraat terug vir agt tellings – begin met die laerug, borskas, skouers, kop totdat die rug weer reguit is.
  • Herhaal vier keer.
  • Staan regop – voete heupwydte van mekaar af – rol albei skouers terug – vier keer.
  • Rol altwee skouers vorentoe – vier keer.
  • Lig albei arms reguit op na die kante – skouerhoogte – buig die hande.
  • Hou arms reguit en druk na die kante – skuif die bolyf na regs – hou heupe en voete stil.
  • Druk na links.
  • Herhaal agt keer.
  • Plaas jou hande op die heupe – hou bolyf stil – draai heupe met sirkelbewegings - hou bene stil en voete op die vloer.
  • Herhaal agt keer.
  • Hou die hande op die heupe en loop op die plek vir agt tellings.
  • Lig die regterknie vier keer.
  • Lig die linkerknie vier keer.
  • Lig die regterknie twee keer.
  • Lig die linkerknie twee keer.
  • Lig die knieë afwisselend agt keer.

Die Plié (uitgespreek: plee-ay)

  • Maak bene oop.
  • Buig en maak die knieë reguit – hou liggaam regop – boude in lyn met jou rug.
  • Herhaal agt keer.
  • Bring jou voete bymekaar – voete wys na buite –

  • hakke teen mekaar.
  • Buig en maak knieë reguit.
  • Herhaal agt keer.

Voetopwarming

  • Staan regop – hande op heupe.
  • Punt en buig jou regtervoet agt keer.
  • Punt en buig jou linkervoet agt keer.

Assessering

LEERUITKOMS 1: SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERING Die leerder kan in elk van die kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • by die voorbereiding van die liggaam, met die leiding van die opvoeder opwarmings- en vaardigheidsontwikkelingsbewegings kan uitvoer, met die klem op die veilige gebruik van die liggaam, byvoorbeeld:
  • by buigings die knieë in lyn bokant die tone;
  • artikulering van die voete (toon-hakskeen-buiging) en kniebuiging by landing na ‘n sprong;
  • goeie houding deurgaans.

Questions & Answers

Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11088/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask