<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 9

Volhoubare groei en ontwikkeling

Module 10

Besparing en investering

Indien die besparings van indiwidue en produsente beskikbaar gestel word vir die uitbreiding van produksiekapasiteit of -vermoë word beoog om meer goedere en dienste te produseer. Dit lei ook daartoe dat meer mense in diens geneem word wat uiteindelik tot 'n verbetering in die lewensstandaard van die bevolking aanleiding gee. Die besparings word vir INVES­TERING in kapitaalgoedere (soos geboue, toerusting en masjinerie wat vir produksiedoelein­des gebruik word) aangewend.

Namate die volume van die besparings TOENEEM word die potensiaal vir groter investering uitgebrei, wat uiteindelik die vermoë van die ekonomie om te groei in terme van 'n toename in goedere en dienste, verhoog. Dit kan aanleiding gee tot 'n verbetering in die lewensstan­daard, meer werkgeleenthede en groter welvaart wat aanduidend is van verbeterde ekono­miese groei.

Indien die volume van besparings DAAL, verminder die potensiaal vir investering wat tot ge­volg het dat daar minder goedere en dienste beskikbaar sal wees vir behoeftebevrediging met ‘n gevolglike inkrimping van ekonomiese groeimoontlikhede. Sodanige gemeenskappe sal "armer" word, wat die moontlikhede van verdere besparings kan uitwis, met katastrofiese gevolge vir investering en ekonomiese groeimoontlikhede, asook 'n toename in armoede, werkloosheid, ens.

Uit bostaande is dit duidelik dat ekonomiese groei 'n proses is waardeur die vermoë van 'n land om goedere en dienste te produseer toeneem sodanig dat daar ook 'n toename in die reële vergoeding sal wees. (Reële vergoeding impliseer die vergoeding nadat veranderings in prysstygings verreken is). Die toename impliseer dat die fisiese vergoeding of welstand van die bevolking verbeter het, met 'n gevolglike verhoging in lewenstandaard en ook ver­hoogde ekonomiese groei.

Terwyl EKONOMIESE GROEI te make het met 'n toename in die produksiekapasiteit van die ekonomie (d.w.s die moontlikheid om meer goedere en dienste te lewer), behels EKONOMIE­SE ONTWIKKELING 'n toename in ekonomiese groei, gepaardgaande met 'n verbetering in lewenskwaliteit wat verband hou met verbeterde toegang tot onderwys, behuising en ander basiese infrastruktuur. Ekonomiese ontwikkeling is dus 'n meer omvattende begrip, wat ekonomiese groei insluit.

Aktiwiteit 1:

Ekonomiese groei en ontwikkeling

[lu 2.3]

SELF:

  • Stel die volgende in jou eie woorde:
  • BESPARING is
  • INVESTERING is
  • EKONOMIESE GROEI word verkry wanneer
  • EKONOMIESE ONTWIKKELING behels dus

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
VOLHOUBARE GROEI EN ONTWIKKELINGDie leerder is in staat om begrip van volhoubare groei, heropbou en ontwikkeling te toon en om krities oor die verwante prosesse na te dink.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik as die leerder:
2.1 kan bespreek hoe die nasionale begroting en streek- asook internasionale ooreenkomste gebruik word om volhoubare groei en ontwikkeling te fasiliteer;
2.2 die suksesse en tekortkominge van die HOP kan ondersoek en dabateer;
2.3 die rol van besparings en beleggings in ekonomiese vooruitgang en groei kan verduidelik;
2.4 produktiwiteit en die uitwerking daarvan op ekonomiese vooruitgang, groei en wêreld- mededinging kan bespreek.

Memorandum

AKTIWITEIT 1: EKONOMIESE GROEI EN ONTWIKKELING

SELF:

  • Leerder moet die volgende voltooi (in sy eie woorde);
  • BESPARING is die uitstel van behoeftebevrediging
  • INVESTERING is die kapitale belegging wat gemaak word ten einde produksie moontlik te maak.
  • EKONOMIESE GROEI word verkry wanneer die toename in produksie in die land groter is as die toename in die bevolking, d.w.s. die vermeerdering in die beskikbare hoeveelheid goedere en dienste het groter welvaart geskep.
  • EKONOMIESE ONTWIKKELING behels dus dat die groter welvaart wat deur die ekonomiese groei te weeg gebring is, ook die algemene lewenskwaliteit van die bevolking verhoog het, d.w.s. groter beskikbaarheid van en toegang tot onderwysfasilieteite, watervoorsiening, behuising, ens.

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask