<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • PMI hierdie kwessie. Voltooi die voorbeeld voordat jy verder gaan.
  • Vir die STUDIEFONDS
Plus Minus Interessant
Indien die geld behoorlik bestuur word, sal die fonds vermeerder. Met die wisseling in die ekonomie, kan die geld oor ’n paar jaar dalk minder werd wees. Dalk kan ek die geld aanwend om vir my ’n motorfiets te koop wanneer ek gaan studeer.
  • Vir die OORSESE BESOEK
  • Plus
  • Minus
Interessant
Ek het ’n vakansie nodig. Dis baie geld om net so op ’n besoek te spandeer en ek behoort vooruit te beplan. Dalk kan ek tydens die besoek werk kry en waardevolle ondervinding opdoen.

6. Kyk na die verskillende kategorieë op jou breinkaart. Doen ’n PMI op elkeen van die kategorieë om te sien watter van die aktiwiteite regtig moontlik is vir die uitstappie. Doen dit soos hieronder aangetoon, maar gebruik gerus ’n ander los vel papier vir rofwerk. Die finale keuse word by 8 hieronder ingeskryf. Jou onderwyser kan hierdie oefening vir assessering gebruik en sal dan kyk na die logika en insig wat jy toon.

7. Bespreek jou bevindinge met die res van die klas.

8. Na aanleiding van die PMI-oefeninge, besluit watter twee kategorieë die mees geskikte is vir jou avontuuruistappie. Skryf die PMI’s wat tot die finale besluite gelei het, neer en formuleer dan jou besluit in volsinne in die spasie wat daarvoor gelaat is.

  • Kategorie 1
Plus Minus Interessant

  • Kategorie 2
Plus Minus Interessant

Stap 3 Die PLEK!

Besluit nou op ’n geskikte plek vir die ekskursie.

1. Jy kan self ’n kaart kry of vir die leerkrag vra om ’n kaart te kry wat ’n area van ongeveer 350 km rondom die skool aantoon. Soek na geskikte plekke vir jou avontuurnaweek. Besluit op ’n moontlike plek. Teken nou ’n kaart wat die volgende aantoon: die skool, die roete (en afstand) en die plek waarheen jy wil gaan.

2. Jy behoort die volgende vrae met behulp van jou kaart te kan beantwoord:

2.1 Hoe ver is dit van die skool na die voorgestelde plek?

2.2 Met inagneming van die huidige petrolprys, wat sal dit kos van die skool na die plek (kom ons noem dit Kamp Wow!) Dis nou te sê as julle per bus gaan. Wys hoe jy dit uitwerk.

2.3 Dink jy dat ’n ander manier van vervoer meer koste effektief kan wees? Hoekom?

2.4 Verduidelik hoekom jy die spesifieke plek (ligging ) gekies het.

Stap 4 Wat EET ons!

Die voorbereiding van ’n smaaklike en gesonde spyskaart vir die uitstappie.

Wat sal ons eet?

  • Kos is baie belangrik! Dink aan drie maaltye vir elke persoon op die kamp, asook aan versnaperinge vir die hol kol op die maag tussen-in.
  • Werk gebalansseerde maaltye uit vir die klas. Julle arriveer om 18:00 die Vrydag.
  • Vrydagaand
  • Saterdagontbyt
  • Julle vertrek weer om 16:00
  • Maak ’n lys van gesonde versnaperinge
  • Bestudeer jou spyskaart vir die naweek sorgvuldig. (Weet jy wat? So ’n spyskaart kan ’n spogstuk wees op ’n aparte gekleurde bladsy met tekeninge of prente bygevoeg. Vra die leerkrag of julle dit so mag doen.)

Beantwoord nou die volgende vrae saam met ’n maat.

1. Hoe gesond is die spyskaart? Gee redes vir jou antwoord.

2. Is die meeste bestanddele vars en is die kos maklik om voor te berei? Gee redes.

3. Het jy onthou om te vra of daar vegetariërs of “vegans” in jul groep is? Weet jy wat hulle eet?

4. Is die tipe kos wat voorgestel word paslik vir die ouderdomsgroep en die geleentheid? Gee redes.

5. Hoe koste-effektief is jou spyskaart? Indien julle ’n groep van 30 is, wat sou jy spandeer op kos vir die naweek?

  • Jy kan ook dit per persoon uitwerk en dan met die aantal mense vermenigvuldig.

(Vra ’n huishoudkundige of ’n ma met ondervinding om jou te help om jou kosbegroting uit te werk. Vra ook vir voorstelle om smaaklike maaltye koste effektief te verskaf.)

Stap 5

  • Riglyne vir die inpak van klere en ander benodigdhede is baie belangrik.

Formuleer jou riglyne aan die hand van die volgende vrae:

1. Watter faktore behoort in ag geneem te word wanneer jy jou sak met klere, skoene en toiletware pak vir die naweek?

2. Met inagneming van bogenoemde faktore, stel nou jou riglyne saam. Maak opskrifte, bv. skoene, warm klere, toiletware om dit makliker te kan nagaan.

3. Vra ’n maat om jou lys by 2 te beoordeel. Hoe goed het jy gevaar?

Stap 6

Nou die belangrikste: die aktiwiteiteprogram!

  • Jy het mos al ondervinding opgedoen met die opstel van ’n program. Onthou jy nog die programme vir die bevordering van fiksheid en bewegingsvermoë.

Stel nou ’n program op wat almal op die kamp aan die gang sal hou. So ’n program behoort die volgende in te sluit:

  • Die doel wat julle gaan nastreef
  • Items vir individuele sowel as spanwerk
  • Reëls vir die aktiwiteite (veral indien die speletjies onbekend is)
  • ’n Rooster wat aandui wanneer en waar elke aktiwiteit gaan plaasvind
  • ’n Lys van die toerusting wat benodig sal word (bv. balle)

Onthou:

1. Dit is belangrik dat jy ook aktiwiteite insluit vir diegene op die kamp wat dalk nie so fiks of beweeglik is soos die res nie. Jy wil mos nie hê hulle moet uit voel nie. Wees taktvol.

2. Maak seker dat alle mense op die kamp kan deelneem aan die aktiwiteite. Beplan ook jou etenstye en tye vir ’n ruskansie.

3. Maak seker dat jou aktiwiteite inpas by die omgewing, die ouderdomsgroep en dat die natuur ongeskonde bly.

4. Maak hierdie aktiwiteitsprogram ’n pragstuk vir jou portefeulje. Vra die leerkrag wat hy of sy verwag, en of jy geheel en al jou eie kop mag volg.

5. Die leerkrag mag kyk na punte 1 tot 4 om jou program te assesseer.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Gesondheids-bevordering Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid te neem.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
1.3 kan beskryf wat ’n gesonde leefstyl in sy eie situasie behels, onder andere as ’n manier om siektes te voorkom.
LU 4
Fisiese Ontwikkeling en Beweging Die leerder is in staat om begrip te toon vir en deel te neem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder.
Dit word bewys as die leerder:
4.1 ’n avontuurlike, buitemuurse ontspannings­aktiwiteit kan beplan en daaraan kan deelneem;
4.4 teikenspele ontwerp en speel;
4.5 geslagsgelykheidsaangeleenthede in ’n ver­skeidenheid atletiek- en sportaktiwiteite­ondersoek en daaroor verslag kan doen.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11047/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask