<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 2   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Wiskunde in die wêreld rondom ons

Opvoeders afdeling

Memorandum

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

Integrasie van Temas:

  • Inklusiwiteit: Elke leerder in ‘n klas verdien om voor ‘n uitdaging geplaas te word. Spesiale kreatiwiteit werk moet nie slegs aan skrander leerders opgedra word nie. Geleenthede vir uitbreiding, eksperimentering en ontdekking moet aan almal in die klas gebied word. Dit sal leerders aanmoedig om nuwe metodes uit te probeer, om by eweknieë te leer en om risiko’s te neem. Hou klein groepbesprekings oor die werklikheid daarvan om werkopdragte te doen wat ons forseer om te dink.
  • Praktiese ervaring met halwes en kwarte word gedoen.
  • Getalbegrip word uitgebrei verder as 200 en telpatrone word beklemtoon.
  • Leerders word versigtig gelei om die afronding van getalle tot die naaste veelvoud te begryp.
  • Samestellings van 17, 18 en 20 word bekend gestel.
  • Getalwaardes en plekwaardes word met diagramme aangeleer.
  • Die vermenigvuldigingstafels van 10 en 5 word opgebou.
  • Leerders kan hulle eie patrone ontwerp en speletjies word ingesluit om getalfeite te konsolideer.
  • Leerders ontwerp diere met vorms deur hulle verbeelding te gebruik.

Leerders afdeling

Inhoud

AKTIWITEIT: Alles oor sewentien [LU 1.8, LU 1.9, LU 1.10]

Alles oor sewentien

  • Maak eers 'n tien en tel dan sewe by, bv.
  • Doen dieselfde met . . . .
LU 1.9
  • Voltooi die getalsin om die samestellings van 17 te ontdek.
  • Gebruik hierdie blok om jou te help.
  • Skryf die samestellings van 17 so:
LU 1.10
  • Voltooi die getalsinne.
  • Kry die antwoord op die rooster. Trek 'n sirkel om die antwoord op die rooster.
  • Verbind die stippels wat sirkels het. Begin by 5.
  • Kleur die prent in.

1. 95 - 90 = 5

2. 20 - 5 =

3. 30 - 5 =

4. 40 - 5 =

5. 50 - 5 =

6. 60 - 5 =

7. 66 - 2 =

8. 66 - 3 =

9. 64 - 2 =

10. 86 - 3 =

11. 80 + 4 =

12. 8 1 + 4 =

13. 76 + 1 0 =

14. 80 + 7 =

15. 87 + 1 =

16. 66 + 3 =

17. 66 + 2 =

18. 60 + 7 =

19. 62 + 4 =

20. 63 + 2 =

LU 1.8
  • Speel dié speletjie met jou maat.
  • Neem beurte om die antwoord op 'n getalsin aan jou kant te gee.
  • Kleur die blokkie in as jy korrek geantwoord het.
  • Die wenner is die een wat eerste al die blokkies ingekleur het.
LU 1.8
LU 1.8

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge gebruik om probleme op te los;

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer;

Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende tegnieke gebruik:

1.10.1 opbou en afbreek van getalle;

1.10.2 verdubbeling en halvering;

1.10.3 gebruik van konkrete apparaat (bv. tellers);

1.10.4 getallelyne.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 2. OpenStax CNX. Oct 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11127/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask