<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 8

Volhoubare groei en ontwikkeling

Module 8

Besparing en investering

Wat beteken BESPARINGS in ekonomiese verband?

BESPARINGS kan beskou word as daardie deel van jou inkomste wat nie vir behoeftebevrediging aangewend word nie. Dit is dus die gedeelte van jou inkomste (of sakgeld) wat jy "wegbêre". Die "surplus" kan of in 'n spaarbussie geplaas word (waar dit geen rente verdien nie), of dit kan by 'n bank of finansiële instelling in 'n spaarrekening (waar dit rente sal verdien) as 'n belegging geplaas word.

Aktiwiteit1:

LU 2.3

Persoonlike Besparing

Verskaf 'n aantal redes waarom jy sal besluit om jou sakgeld eerder weg te sit as om dit onmiddellik uit te gee.

Nota : Jy kan self besluit waar jy dit wil "wegsit".

Voorsien 'n een bladsy voorlegging met betrekking tot jou besluite. Skryf die verslag op ‘n los folio en skryf ‘n kort opsomming na afloop van die klasbespreking hieronder.

Vir die PRIVAAT INDIWIDU beteken besparing dat hy hom daarvan weerhou om te bestee aan verbruikersgoedere en dienste , met ander woorde die uitstel van behoeftebevrediging tot 'n later geleentheid. Soos hierbo verduidelik, kan die "surplus" of "opgepot" of by 'n finansiële instelling geplaas word.

Aktiwiteit 2:

LU 2.3

Besparing vir Privaat Indiwidu

Verskaf 'n aantal redes waarom jy dink die privaat indiwidu sy behoeftebevrediging sal wil uitstel tot 'n later geleentheid.

Vir die PRODUSENT beteken besparing daardie deel van sy produksie wat nie vir verbruik beskikbaar gestel word nie , of die oorskot van produksie oor verbruik.

Aktiwiteit 3:

LU 2.3

Besparing vir Produsent

Verskaf 'n aantal redes waarom jy dink die produsent nie sy produksie vir onmiddellike verbruik wil beskikbaar stel nie.

In sy eenvoudigste vorm kan BESPARING as volg voorgestel word:

BESPARING = INKOMSTE - VERBRUIK

Die deel van die inkome wat nie op verbruikersgoedere gespandeer word nie (d.w.s. besparings) wat by finansiële instellings geplaas word, word deur die instellings aan kliënte (of ondernemers) beskikbaar gestel, wat dit op hul beurt weer wil aanwend vir verdere produksie. Die geld word beskikbaar gestel aan produsente of nyweraars wat hul produksievermoë wil uitbrei, met ander woorde hulle wil INVESTEER in kapitaalgoedere soos geboue, masjinerie, toerusting, ens. NOTA: Kapitaalgoedere is al daardie goedere wat gebruik word om verbruiksgoedere en moontlik ook verdere kapitaalgoedere te produseer.

Aktiwiteit 4:

LU 2.3

Verbruiks- en Kapitaalgoedere

SELF:

Verduidelik aan die hand van voorbeelde die verskil tussen verbruiksgoedere en kapitaalgoedere .

Gee ook voorbeelde van verbruiksgoedere wat ook kapitaalgoedere is.

Aktiwiteit 5:

LU 2.3

Kapitaalgoedere vir Investering

Kies 'n onderneming of ondernemings uit jou omgewing en gee 'n beskrywing van al die kapitaalgoedere waarin die onderneming INVESTEER het om sy produksie op dreef te kry.

Voorsien 'n voorlegging vir voordrag aan die klas.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
VOLHOUBARE GROEI EN ONTWIKKELINGDie leerder is in staat om begrip van volhoubare groei, heropbou en ontwikkeling te toon en om krities oor die verwante prosesse na te dink.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik as die leerder:
2.1 die wyse waarop die nasionale begroting gebruik word om groei te beïnvloed en ekonomiese ongelykhede te stel, kan ondersoek en verduidelik;
2.2 die wyse waarop die HOP kan gebruik gewees het om ekonomiese groei en heropbou te stimuleer (bv. kapasiteitsuitbouing, werkgeleenthede), kan ondersoek;
2.3 die belangrikheid van besparing vir beleggings kan bespreek;
2.4 die wyse waarop tegnologie kan bydra tot verhoogte produktiwiteit, ekonomiese groei en lewenstandaard, kan ondersoek en daaroor verslag kan doen.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11039/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask