<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 2   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Wiskunde in die wêreld rondom ons

Opvoeders afdeling

Memorandum

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

Integrasie van Temas:

  • Inklusiwiteit: Ons kan almal by mekaar leer. Die een kultuur kan die ander stimuleer en verryk. Wys hoe dit gedoen kan word.
  • Menseregte: Leerders moet die verskille tussen hulle respekteer. Besluit hoe ons verskil en wat ons verskillend maak. Tog is elkeen net so menswaardig soos enige ander leerder in die klas.
  • ‘n Gesonde omgewing: Blomme verryk ons omgewing. Gesonde kos gee vir ons gesonde liggame. Bespreek gesonde, voedsame kossoorte en maak ‘n lys daarvan. Doen navorsing om vas te stel of die leerders in jou klas gesonde kosse eet.
  • Getalbegrip en aantel tot 200 en verder word geoefen.
  • Ewe en onewe getalle, afronding van getalle en plekwaardes word hersien.
  • Die tafels van 4 en 3 en deelaktiwiteite word ingesluit.
  • Optelling met herbenoeming word geoefen.
  • Verdubbeling met herbenoeming.
  • Samestellings van 19.
  • Die volgende aktiwiteite is ook ingesluit: massa, inhoud, breuke en afstand.
  • Leerders maak kennis met die volgende voorwerpe: piramides, prismas en silinders,
  • Die aansigvorms van hierdie 3-D vorms word bespreek en vergelyk.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: vorms [lu 1.2, lu 1.8, lu 2.2, lu 3.1, lu 3.2, lu 3.7]

  • Waar het jy al hierdie vorms gesien?

  • Hierdie vorms noem ons piramides.
  • Bespreek die ooreenkomste en die verskille tussen die twee.
  • Bespreek hul syvlakke vanaf posisies 1 en 2.
  • Waar het jy al hierdie vorms gesien?

  • Bespreek die ooreenkomste en die verskille tussen die twee.
  • Bespreek hul syvlakke vanaf posisies 1 en 2.
  • Versamel houers wat lyk soos piramides, prismas en silinders.
  • Kyk watter een kan rol. Hoekom?
  • Kyk watter een kan gly. Hoekom?
LU 3.1 LU 3.2 LU 3.7
  • Voltooi die telpatroon. Verbind die getalle.
  • Voltooi: Hoeveel mense bly in die winkel oor?
LU 1.2 LU 1.8 LU 2.2

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder aan en terug tel;

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge gebruik om probleme op te los:

Leeruitkomste 2: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.

Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige getalreekse kopieer en uitbrei tot minstens 200.

Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in 'n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.

Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in die skoolomgewing en in prente herken, identifiseer en benoem;

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder fisiese tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe leerder beskryf, sorteer en vergelyk;

Assesseringstandaard 3.7: Dit is duidelik wanneer die leerder posisionele verhoudings (alleen en/of as lid van ’n groep of span) tussen driedimensionele voorwerpe of self en ’n maat beskryf.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 2. OpenStax CNX. Oct 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11127/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask