<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Energie-oordrag en kragte

Opvoeders afdeling

Memorandum

Waarnemings:

(i) Die rook trek opwaarts.

(ii) Die rook trek opwaarts.

(iii) Die rook trek opwaarts.

Afleiding:

Warm lug styg op.

Gedurende die dag word die land vinniger warm as die see. Die warm lug bo die land styg op. Koeler lug bo die see vloei na die land om die plek van die warm lug in te neem. So ontstaan seewinde.

Snags koel die land vinniger as die see af. Die warm lug bo die see styg dus. Koeler lug bo die land vloei na die see om die plek van die warm lug in te neem. So ontstaan landwinde.

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om stroming as natuurverskynsel te verklaar [lu 1.1, lu 1.2, lu 1.3]

(b) Stroming

Stroming is die belangrikste manier waarop warmte deur ‘n vloeistof beweeg. Water is ‘n swak geleier van warmte, maar tog kry ‘n ketel dit reg om water vinnig te laat kook. Dit is omdat vloeistowwe kan beweeg. Wanneer die water warm word, styg dit. Koue water daal dan af om die plek in te neem van die warmer vloeistof wat opgestyg het. In die meegaande skets sal jy sien dat hierdie sirkelbeweging, ‘n konveksiestroom, die warmte deur die vloeistof versprei totdat al die water later so warm is dat dit kook (100º C – kookpunt van water by seespieël).

Alhoewel lug ook ‘n swak geleier van warmte is, kry ons dit reg om ‘n vertrek met behulp van ‘n verwarmer te verhit. Neem ‘n brandende kers. Hou die rigting van die rook dop terwyl jy

(i) die kers regop hou __________________________________________________

(ii) die kers skuins hou _________________________________________________

(iii) die kers onderstebo hou _____________________________________________

Noteer jou waarnemings. Watter afleiding kan jy maak?

_____________________________________________________________________

Omdat warm lug styg, vind daar ook stroming in die natuur plaas. Het jy al gewonder waar wind vandaan kom? Warm lug styg en koue lug neem die plek daarvan in.

Gebruik die beginsel van konveksiestrome in lug om te onderskei tussen land- en seewind. Jy kan ook ‘n skets maak om jou gegewens te verduidelik.

(c) Straling

Om energie oor te dra deur geleiding of stroming is ‘n vaste stof, ‘n vloeistof of ‘n gas nodig. Daar moet een of ander stof wees om die warmte-energie oor te dra. Deur straling kan energie deur ‘n leë ruimte oorgedra word. Warmte-energie van die son beweeg deur die ruimte en deur die aarde se atmosfeer en wanneer dit ‘n voorwerp tref, word die voorwerp verhit.

As mens op ‘n baie warm dag op ‘n pad ry waar jy ver voor jou uit kan sien, lyk dit asof daar water op die teerpad lê. Die warm teerpad straal hitte uit. ‘n Voorbeeld van straling in die alledaagse lewe is wanneer ons in die winter ‘n elektriese verwarmer gebruik om ‘n vertrek te verwarm.

6. Omsetting van energie

Watter soort energie gebruik die seun om die tennisbal te slaan?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

______________________________________________________________

Watter soort energie het die bewegende tennisbal?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

______________________________________________________________

Jy het waarskynlik nou die idee gekry dat energie kan verander. Wanneer energie van een soort verander in ‘n ander soort, vind energie-omsetting plaas.

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke beplan: beplan eenvoudige toetse en vergelykings en dink na oor hoe om dit billik te maak;

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel: organiseer en gebruik toerusting of bronne om inligting in te versamel en aan te teken

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindings kommunikeer: veralgemeen ten opsigte van ‘n relevante aspek en beskryf hoe die data die veralgemening steun

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 16, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11078/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask