<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Materie, meting en reaksies

Materie en meting

Opvoeder afdeling

Memorandum

Groepwerk:

Waarneming: Die gloeiende houtsplinter slaan aan die brand omdat suurstof afgegee is.

Gevolgtrekking: Kwikoksied is ‘n verbinding wat ontbind het as gevolg van die verhitting. Dit het opgebreek in suurstof wat ‘n gas is en kwik wat ‘n metaal is.

Kwikoksied = kwik + suurstof

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om die opbreek van verbindings in eenvoudiger stowwe te ondersoek [lu 1.2, lu 1.3]

Groepwerk:

Om vas te stel of kwikoksied wel ‘n verbinding is wat uit elemente bestaan, doen die volgende eksperiment in groepe. Voer die verskillende stappe noukeurig uit:

  • Gooi ‘n bietjie kwikoksied wat rooi van kleur is in ‘n proefbuis.
  • Verhit dit oor ‘n bunsenbrander of kers in ‘n goed geventileerde vertrek.
  • Wag totdat die kwikoksied swart word en fyn kwikdruppeltjies aan die koeler kant van die proefbuis verskyn.
  • Steek ‘n gloeiende houtsplinter bo in die proefbuis in. ‘n Reaksie ontstaan.

Waarneming: _________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

Gevolgtrekking: __________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

Assessering

PUNT VLAK SAMEWERKENDELEERVAARDIGHEDE WAARDES EN HOUDINGS INHOUD
1-34% 1 Elkeen leer op sy/haar eie. Deelname in die groep is afbrekend, bv. oorheersend. Geen agting vir ander. Afbrekende, interpersoonlike verhoudings (negatief aktief). Kan nie sinvolle waarnemings en gevolgtrekkings maak nie.
35-39 % 2 Dra nie tot die groep by nie of vorm nie ‘n betekenisvolle deel daarvan nie. Geen agting vir ander, maar dit beïnvloed nie interpersoonlike verhoudings nie (negatief passief). Waarnemings en gevolgtrekkings redelik goed.
40-69% 3 Erken as lid van die groep. Sensitief vir ander se behoeftes. Agting vir ander en begrip vir ander standpunte, maar dit beïnvloed nie interpersoonlike verhoudings nie (positief passief). Waarnemings en gevolgtrekkings goed.
70-100% 4 Skep geleentheid vir ander se bydraes. Maak altyd ‘n positiewe bydrae tot die groeptaak. Agting vir ander en begrip vir ander standpunte. Dit beïnvloed interpersoonlike verhoudings positief (positief aktief). Waarnemings en gevolgtrekkings uitstekend.

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel: organiseer en gebruik apparaat/toerusting of bronne om inligting in te win en te noteer;

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindings kommunikeer: veralgemeen in terme van relevante aspekte en beskryf hoe die data die veralgemening onderskryf.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 16, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11078/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask