<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Hierdie is verrykingswerk en as u dit te gevorderd vind, kan dit in 'n later stadium gedoen word. Daar mag wel leerders wees wat die uitdaging sal aanvaar.

Aangesien 3 x en ÷ pas voltooi is, is dit maklik om derdes nou aan te pak.

Gee aan die leerders los vorms van papier en laat hulle vou en meet en self ontdek hoe dit gedoen kan word. Sommige van die leerders sal self weet hoe om nou sesdes te kry. (Slegs verryking)

Die idee van die resep is om die leerders te laat besef dat die gebruik van standaard meeteenhede en houers noodsaaklik is.

Laat die leerders nog voorbeelde noem waar standaard meeteenhede om inhoud te meet daagliks gebruik word, bv. brandstof, melk, meng van bestanddele vir medisyne, voorskrifte vir toediening van medikasie, ens.

Dit is noodsaaklik dat al die verskillende standaard maathouers en skale, asook sand, water en ander voorwerpe om inhoud en massa te meet, in die klas beskikbaar moet wees. Die leerders moet daagliks kan eksperimenteer met hierdie standaard meeteenhede: liter en milliliter en gram en kilogram .

'n Badkamerskaal is nodig om die leerders se massas te bepaal.

Verskillende metodes word gebruik vir die vermenigvuldig- en deelbewerkings, maar indien u van 'n ander metode gebruik maak en die leerders dit beter verstaan, is dit hulle reg om die metode wat hulle verkies, te gebruik.

Dit is noodsaaklik dat baie soortgelyke voorbeelde van die betrokke getalsinne eers mondeling gedoen word, voordat van die leerders verwag kan word om hierdie werkvel te voltooi.

Die volmaak van 'n honderd en die ontbinding van 'n honderd word nou formeel aangeleer. Baie konkrete werk moet vooraf gedoen word. Meer gevorde werk waar 'n tien en 'n honderd gelyktydig oorgedra of ontbind word, moet nie op dieselfde tyd gedoen word nie. Dit sal van die groep se vermoëns afhang of dit net hierna of op 'n baie later stadium gedoen moet word.

Dit bly die opvoeder se keuse of die leerders hulpsyfers by die vertikale bewerkings gaan gebruik.

Leerders sal 'n skoon vel papier nodig hê om die korste pad te bereken. Sommige leerders mag dit moeilik vind, maar met 'n bietjie hulp, behoort hulle dit te kan doen.

'n Bespreking oor wat hulle sal sien, afhangende van die rigting waaruit hulle na die huis aangery kom, is nodig voordat die leerders dit kan teken.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: meting [lu 1.1, lu 1.3, lu 1.4, lu 1.5, lu 1.8, lu 1.10, lu 4.2, lu 4.3, lu 5.1]

  • Om akkuraat te meet, moet ons van standaardeenhede gebruik maak.

Korter lengtes word in sentimeter en millimeter gemeet. Hiervoor kan ons 'n liniaal gebruik. 10mm = 1 cm

Langer lengtes word in meter gemeet en hiervoor kan ons 'n meterstok, 'n maatband of 'n klikwiel (trundle wheel) gebruik. 100cm = 1 m

meter 1 2 3 4 5 6 7 8 9
sentimeter 100
  • Gebruik jou liniaal en meet die lengtes:
  • Gebruik jou liniaal en trek 'n lyn wat 14cm lank is en halveer dit dan.
  • Trek 'n lyn wat 12cm lank is en deel dit in 4 kwarte.
  • Gebruik die meterstok en meet 2 voorwerpe in die klas wat langer as jou liniaal is, maar korter as die meterstok. Jy moet eers skat.
Voorwerp Geskat Gemeet Te veel of te min
  • Gebruik die maatband en meet 2 van jou maats se lengte. Skat eers.
Naam Geskat Gemeet Te veel of te min
  • Gebruik die klikwiel en meet die lengte van die stoep of die gang.
  • Skat eers. Ek skat dit is ___________________________________________
  • Meet dit. Dit is _____________________________________________ lank.
  • Ek was met __________________________________________________ uit.
  • Tommie gaan vir Oupa help om 'n nuwe kamp vir Ouma se hoenders te maak. Die nuwe kamp gaan reghoekig wees - 50m lank en 30m breed.
  • Meet die lengte van die 4 sye van hierdie reghoek

AD = _____________________________________________

AB = _____________________________________________

BC = _____________________________________________

CD = _____________________________________________

Ons sien: AD = BC en AB = CD

Die twee teenoorstaande sye van die reghoek is ewe lank.

Dus : 2 keer die lengte plus 2 keer die breedte is gelyk aan die omtrek van die reghoek . ( 2 x l ) + ( 2 x b ) = omtrek

Ons skryf dit: 2 l + 2 b = omtrek

  • 2 keer die lengte is _________ cm en 2 keer die breedte is ____________ cm.
  • Die omtrek van die reghoek is___________________________________ cm.

Nou weet Bonnie en Tommie hoe om uit te werk hoeveel ogiesdraad nodig sal wees om die kamp te maak. Hulle moet net die omtrek van die kamp bereken.

  • 2 keer die lengte is m en 2 keer die breedte is m.
  • 2 l + 2 b = omtrek

_____ + _____ =

  • Die omtrek van die kamp is ____________________________________ m.
  • Oupa gaan 'n houthekkie insit wat 1 m breed is. Dus moet hy net _______ m ogiesdraad koop.
  • Die reghoek is in drie gelyke dele gedeel. Kleur 1 van die 3 dele in.
  • Wys hoe jy die probleme sal oplos. Onthou, jy mag teken.

Ouma het 24 koekies gebak. Bonnie en Tommie het ¼ daarvan opgeëet.

Hoeveel koekies is nog oor?

Daar is nog ________________________________________________

  • Bonnie en Tommie het elkeen R12 by Oupa gekry. Bonnie het ½ van haar geld en Tommie ⅓ van sy geld uitgegee. Wie het die meeste uitgegee?

__________________________________________ het die meeste uitgegee.

  • Tommie is 1m 37cm lank en Freddie is 1m 43cm. Wat is die verskil tussen hulle lengtes?

Die verskil is _______________________________________________________

  • Oupa koop 'n tou wat 16m lank is. Hoeveel 2m-stukke kan hy afsny?

Hy kan ____________________________________________________________

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder orden, beskryf en vergelyk getalle;

Assesseringstandaard 1.11: Dit is duidelik wanneer die leerder eie oplossings vir probleme verduidelik;

Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.

Assesseringstandaard 4.5: Dit is duidelik wanneer die leerder driedimensionele voorwerpe skat, meet, vergelyk en orden volgens nie-standaard- en standaardmate.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 3. OpenStax CNX. Oct 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11129/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask