<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 5

Ontdek die verhaal van jou provinsie

Module 4

Jou provinsie se verlede: navorsingstaak

Hierdie is ‘n selfstudietaak waar jy getoets gaan word hoe goed jy bronne kan gebruik. Die oefening oor broederstroom gaan jou baie help!

‘N ARGEOLOOG SE KAART VAN BROEDERSTROOM

Uit : C. Malherbe (e.a.), Nuwe leefwyse, Nuwe landskap , p. 32.

Argeoloë het heelwat dorpies gevind wat gedurende dieselfde tyd gebou is. Broederstroom is tussen 350 - 600 n.C. bewoon. Argeoloë van 'n universiteit het dit na 'n deeglike soektog gevind. Die omgewing is bebos met genoeg water naby. Twee dae se stap daarvandaan is grasvelde. Bewyse is gevind dat ronde huise met kleivloere, waarvan die grootstes omtrent 6 m in deursnee is, opgerig is. Kleipotte van verskillende vorms en groottes is gevind. Ystererts, wat daar naby op die grond gelê het, is gebruik vir smeewerk.

Aktiwiteit:

Om tussen feite en menings te onderskei

Lu 1.2

(a) Kyk of jy tussen feite en menings oor Broederstroom kan onderskei.

1. Broederstroom is in Natal geleë (wenk: sien kaart by vorige leereenheid).
2. Dié inwoners het veral vee aangehou.
3. Die eerste inwoners het hul huise in die suidelike deel van die dorp gebou.
4. Broederstroom het later in 'n oostelike rigting uitgebrei.
5. Teen 600 n.C. was die dorpie verlate en die grond bedek. Tog het die mure behoue gebly.

(b) Bestudeer meegaande sketse en verduidelik daarna vir jou maat die gebruik daarvan. Verskaf feite van belang.

(c) Beeste was vir die vroeë boere baie belangrik! As jy die korrekte woord in kolom A met B kan verbind, sal jy sien waarom:

A B
Bees Klere en skilde
Vleis Houers
Vel Ete vir besondere geleenthede
Horing Messelklei
Mis Teken van rykdom en status

(d) Gebuik jou eie sketse om aan te toon hoe vrouens en mans se pligte by Broederstroom normaalweg kon verskil het. (Wenk: vermy menings!)

SPESIAAL!

Die vroeë boere was baie knap in die kuns van kleibakkery en vlegwerk. Ontwerp nou jou eie kookpotjie van klei of ‘n gevlegde matjie. Vra iemand om vir julle dié kuns in die klas te kom demonstreer.

(e) Jou onderwyser gaan vir jou ‘n kort navorsingstaak gee oor jou provinsie.

Assessering

LU 1

GESKIEDKUNDIGE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1 bronne vind:

  • met leiding bronne kies wat nuttige inligting oor die verlede bevat;

1.2 met bronne werk:

  • inligting uit ‘n verskeidenheid van bronne opteken en kategoriseer;

1.3 vrae beantwoord:

  • volhou om inligting uit bronne te gebruik om vrae te beantwoord oor mense, gebeure, artefakte uit die verlede.

Memorandum

Aktiwiteit

a) Mening: Noordwes-Provinsie (voorheen Suidwes-Transvaal)

Feit

Mening: Noordwestelike rigting

Feit

Mening: Vloer en fondamente bly behoue

b) 1. Skoffelkop 2. Bergplek (mielies, graan) 3. Bylkop

c) Bees: Rykdom&status

Vleis: Ete

Vel: Klere&skilde

Horing: Houers

Mis: Messelklei

d) Mans: Jag, versorg vee, verdedig gesin en besittings, ploeg, maak wapens, bou hutte.

Vroue: Versamelaars, bewerkers, pottebakkers, vleg mandjies en matte, kook kos, hou hut netjies, plant en oes, dakke regmaak.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10987/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask