<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Maak baie seker dat die leerders nie die voorste getal van ‘n aftrekbewerking herbenoem nie. ( Dit is die rede waarom hulle later probleme ondervind as hulle ‘n bewerking waar ‘n groep van 10 ontbind moet word, kry. )

Voorbeeld: 76 - 12 = ______

Probeer dit!

Gooi 76 tellers, wat in tiene en ene gegroepeer is, in ‘n plastieksak.

Laat ‘n leerder nou 2 kom uithaal.

Vra : Hoeveel is in die sak oor? 74

Wat is gedoen? ( 2 ene is uitgehaal) Skryf : 76 - 2 = 74

Laat ‘n ander leerder nou die 10 kom uithaal.

Vra : Wat is nou oor in die sak? 64

Wat is gedoen? ( 1 tien is uitgehaal) Skryf : 74 - 10 = 64

Om te toets, word eers 10 en dan 2 weer terug in die sak gegooi. Nou is daar weer 76 .

Onthou : Alle bewerkings word nog sonder oordrag of ontbinding van ‘n tien gedoen.

Leerders kan horisontaal of vertikaal werk. Dit is hulle keuse.

Help die leerders net om aan die gang te kom met die ontsyfering van die geheime kode. Hulle moet net begryp dat elke teken ‘n letter van die alfabet voorstel. Los hulle dan om self te probeer.

Moedig almal aan om iets met die kode te skryf, al is dit net hul eie naam.

Dit is ook ‘n geleentheid om uit te vind wie reeds die alfabet ken. Dalk kan dit sommer dien as aansporing om dit te leer.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: ewe en onewe getalle [lu 1.4, lu 1.9, lu 1.8, lu 2.2]

  • Voltooi die patroon met getalle:

Al die VIERKANTE behoort aan Bonnie . Sy het al die getalle met 'n ................... ................... ................... 0 aan die ene-kant.

Al haar getalle is dus ewe getalle .

Al die SIRKELS behoort aan Tommie . Hy het al die getalle met 'n 1 ................. ................. ................. ................. aan die ene-kant .

Al sy getalle is dus onewe getalle .

  • Sorteer Bonnie en Tommie se getalle:

23 38 14 9 56 80 75 2 61 97

LU 1.4 LU 2.2
  • Flinkdink!
LU 1.9
  • Pas die regte woorde: gelyk aan; groter as; kleiner as.
7 is gelyk aan 3 + 4
8 is .................................................. 1 + 8
2 + 7 is .................................................. 7
6 + 3 is .................................................. 3 + 6
4 + 4 is .................................................. 5 + 4
12 is .................................................. 10 + 2
40 + 1 is .................................................. 14
  • Ons kan die woorde met tekens vervang:
LU 1.8

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder orden, beskryf en die volgende getalle vergelyk:

1.4.1 heelgetalle tot minstens 3-syfergetalle;

1.4.2 gewone breuke, insluitend halwes, kwarte en derdes;

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge kan gebruik om probleme wat die volgende behels, op te los;

1.8.1 optelling en aftrekking van heelgetalle met minstens 3 syfers;

1.8.2 vermenigvuldiging van minstens 2-syferheelgetalle met 1-syferheelgetalle;

1.8.3 deling van minstens 2-syferheelgetalle deur 1-syferheelgetalle;

1.8.4 skatting;

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer wat die volgende behels;

1.9.1 optelling en aftrekking van getalle tot minstens 50;

1.9.2 vermenigvuldiging van heelgetalle met oplossings tot minstens 50;

Leeruitkomste 2: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.

Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige getalreekse uit tot minstens 1 000 kopieer en brei.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 3. OpenStax CNX. Oct 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11129/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask