<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 2   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Wiskunde in die wêreld rondom ons

Opvoeders afdeling

Memorandum

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

MODULE 1

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste Bladsyverwysings
KU 1 E-4, 10, 11, 14, 18, 19, 20, 21, 24
KU 2 E-1, E-5, 15, 25
KU 3 3, 4, E-2, 16, 17
KU 4 5
KU 5 1, 7, 8, 9, 12, 13, 22
KU 6 28
KU 7 5, 6, 27, 28, 29
KU 8 26, E-9
  • Integrasie van Temas: Vriende
  • Inklusiwiteit: Alhoewel elkeen van ons uniek is, is daar baie ooreenkomste; karaktereienskappe, sport, opvoeding ens.
  • Sosiale Geregtighede: Bespreek vriende se gedrag teenoor mekaar.
  • n Gesonde Omgewing: Wat is ons plig as aardbewoners om ons omgewing skoon te hou?

Opvoeder se bladsy

Die opvoeder sal bepaal of die leerders begrip van 1 meer verstaan deur die volgende op die mat te doen:

  • Pak 4 tellers uit. Maak dit 1 meer (‘n ander kleur). Hoeveel?
  • Doen dieselfde met 7, 3, 9, ens.
  • Hoeveel kinders is daar in die vertrek? Kry 1 meer – hoeveel is daar nou?
  • Laat 4 of 5 voor staan. Hoeveel kinders is daar? Een meer?
  • Neem nou waar terwyl soortgelyke stappe gevolg word om EEN MINDER te maak.

Probleemoplossing

  • Leerders moet dikwels met probleemoplossing gekonfronteer word, sodat hulle in staat kan wees om hul eie strategieë uit te werk.
  • Neem byvoorbeeld die probleem onderaan bladsy 15.
  • Stel ‘n soortgelyke probleem en neem waar hoe die leerders poog om dit op te los.
  • Bespreek die verskillende strategieë wat hulle volg.
  • Hulle mag tellers gebruik, prentjies teken of dit uit die hoof doen, ens.
  • Hulle moet in staat wees om hul strategieë in woorde te beskryf.
  • Bespreek verskillende strategieë.
LU 1.10 LU 1.11

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: een meer en probleemoplossing [lu 1.9, lu 1.11]

  • Voltooi:

9 seuns en 1 meer is _____________________ seuns.

4 meisies en 1 meer is _____________________ meisies.

2 stokkies en 1 meer is _____________________ stokkies.

5 sokkies en 1 meer is _____________________ sokkies.

7 koekies en 1 minder is _____________________ koekies.

9 ballonne en 1 minder is _____________________ ballonne.

6 penne en 1 minder is _____________________ penne.

3 meisies en 1 minder is _____________________ meisies.

Daar is 5 seuns by my huis. Nog ‘n seun kom speel.

Nou is daar _______________________________________ seuns.

Vyf meisies gaan stap. Een meisie gaan huis toe. Nou is daar ____________ meisies.

LU 1.9 LU 1.11
  • Ons speel albasters. Elkeen wen nog twee.

Teken twee meer albasters in elke sakkie.

  • Voltooi:
  • Jan het 2 albasters verloor. Hy het 6 albasters oor. Hy het ............. albasters gehad toe die spel begin het.
  • Sê hoe jy die som gedoen het, of teken die albasters.
LU 1.9 LU 1.11

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer wat die volgende behels:

1.9.1 optelling en aftrekking van getalle tot minstens 20;

1.9.2 vermenigvuldiging van heelgetalle met oplossings tot minstens 20;

Assesseringstandaard 1.11: Dit is duidelik wanneer die leerder eie oplossings vir probleme verduidelik.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 2. OpenStax CNX. Oct 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11127/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask