<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Verduidelik die terme ontbossing en herbossing.

5.2 Gee twee voorbeelde elk van hardehout en sagtehout.

5.3 Gee een voorbeeld van ‘n Suid-Afrikaanse inheemse boom.

  • Waarom, dink jy, is die Knysna-omgewing baie geskik vir woude?
  • Hoe kan ‘n mens vasstel hoe oud ‘n boom is?
  • Maak ‘n koevert van ‘n ou landkaart.

Aktiwiteit 6:

Om te demonstreer dat jy begryp hoe materiale (metale) herwin kan word.

  • Staal is die materiaal wat die meeste herwin word. Afvalstaal word in ‘n smeltoond geplaas waar dit gesmelt word deur elektrisiteit wat ‘n vlamboog tussen twee koolstofelektrodes vorm. Kalkklip en ander stowwe word by die gesmelte staal gevoeg om die onsuiwerhede te verwyder. Die staal wat so geproduseer word, word meesal vir balke en dik plate gebruik.
  • Die herwinning van aluminium is baie belangrik want die meeste van die erts wat nodig is om aluminium te vervaardig, moet ingevoer word. Daar is baie verskillende soorte aluminium – tot 15 verskillende soorte. Die meeste bier- en koeldrankblikke, asook dié waarin kos ingemaak word, word van aluminium gemaak. Blikkies wat na die afval-versamelpunte geneem word, word platgedruk, gebaal en na ‘n meule geneem waar hulle gesmelt en in stawe gerol word. Hierdie stawe word platgerol om plate te vorm. Ronde skywe word daaruit gesny en dit word dan gebruik word om die blikke te maak.

6.1 Noem vyf verskillende soorte metaal.

6.2 In watter formaat kan staal gekoop word? Maak sketse van die vorms op ‘n aparte folio.

6.3 Maak ‘n lys van produkte wat in blikke gekoop kan word.

Aktiwiteit 7:

Om te begryp wat verbranding en opvulterreine is en te verstaan wat die positiewe en negatiewe uitwerking daarvan op die omgewing is.

  • Die meeste van ons afval gaan na ‘n opvulterrein. Dit is ‘n stortingsterrein waar die afval met grond bedek word sodat dit nie wegwaai of sleg ruik nie. Swaar masjinerie word gebruik om die gate te grawe en die afval toe te gooi. In party lande is daar wette wat bepaal dat sulke gate met ‘n dik, ondeurdringbare seëllaag uitgevoer word sodat giftige vloeistowwe nie in die grond insypel nie. Ongelukkig is daar nog nie so ‘n wet in Suid-Afrika nie. Dit beteken dat daar ‘n moontlikheid bestaan dat ondergrondse water in so ‘n omgewing deur lekkende vloeistowwe vergiftig kan raak. Sommige mense maak verder teen opvulterreine beswaar om nog ander redes: Hulle voorsien dat vullis sal rondwaai, dat dit sleg sal ruik, dat daar knaagdierplae kan ontstaan, dat swaarvoertuigverkeer sal toeneem en dat die waarde van eiendomme in die omgewing sal daal.
  • Baie munisipaliteite het verbrandingsoonde aangekoop. Hierdie reusagtige oonde veras tonne afval. Verbrandingsoonde gebruik die hitte wat deur die brandende afval gegenereer word, om stoom te produseer wat dan die turbines aandryf wat sodoende elektrisiteit opwek. Verbrandingsoonde het minder grond nodig as opvulterreine en hulle hou geen gevaar in vir die grondwater nie. Nietemin is daar sekere nadele aan verbrandingsoonde verbonde:
  • Lugbesoedeling word deur giftige dampe veroorsaak.
  • Daar moet van die as ontslae geraak word.
  • Dit is duurder as opvulterreine.
  • Die gebruik van verbrandingsoonde belemmer herwinningsprogramme.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 8. OpenStax CNX. Sep 13, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11051/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask